4 dood in gru-ongeluk buite Pinetown

Die wrak van die taxi in die botsing betrokke. (Foto: Verskaf)

Vier mense is dood en 13 ander ernstig beseer nadat ’n taxi Donderdagmiddag teen ’n vragmotor op die N3-snelweg naby die M7 in die rigting van Pinetown in KwaZulu-Natal gebots het.

Volgens Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-nooddienste, het paramedici omstreeks 13:00 op die toneel aangekom waar hulle ’n slagting aangetref het.

Die taxi het teen die agterkant van die vragmotor gebots wat vermoedelik in die middel van die snelweg onklaar geraak het. Die taxi het oopgeskeur en omgeslaan en passasiers is uit die voertuig geslinger, het Jamieson verduidelik.

Nooddienste op die toneel. (Foto: Verskaf)

Drie mans en ’n vrou het kritieke beserings in die voorval opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Volgens Jamieson is die beseerdes na verskeie hospitale in Durban gehaas vir mediese behandeling.

Twee helikopters is na die toneel ontbied om beseerdes te vervoer en die snelweg is in albei rigtings gesluit sodat die helikopters kon land.

Die omstandighede rakende die botsing is in dié stadium nog onduidelik. Die toepaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pieter ·

Die omstandighede rakende die ongeluk is duidelik.

Dit was ‘n taxi en die eienaars van die taxi’s gee nie ‘n blou duit om vir hulle kliënte nie, want die wat wel oorleef eis mos maar by die Pad Ongelukke Fonds.

Ek bly in Durban en gebruik daardie pad elke dag…. Mens hoef amper nie kerk toe te gaan nie, jy bid hard genoeg tussen al die taxi’s en die manier wat hulle ry.

Ek was in daardie verkeersknoop vas gevang en Mnr die taxi bestuurder het maar sommer op die gras middelman verby gedruk om voor te kom.

Oplossing is dat die taxi’s summier geskut word wanneer hulle die wet oortree, en dan sommer ‘n “spot fine” van R100.00 vir elke passasier, hulle sal dan vinning die roekelose bestuurders se oortjies vir hulle warm maak

Jip ·

Stem volmondig saam. En dan se sommige mense in die regering dat taxi’s nie die oorsaak van padongelukke is nie. Wel, ek glo by 90 % van ongelukke, is taxi’s betrokke.

Keelvol ·

Ja! Drastiese stappe is nodig- onskuldige wetsgehoorsame publiek se lewens is elke dag in gevaar op SA se paaie.
Taxies is doodskiste op wielie.
Ook onpadwaardige voertuie oral!
En mense wat nie kan bestuur nie. Waar het hulle lisensies gekry!

Karel ·

Ja almal kry as dit nodig is. My familie was in ongeluk betrokke, helikopters is geaktiveer, 3 kinders en een volwasse is oorlede terwyl die helikopters gewag het om hulle te vervoer.

RIP ·

Taxis is nou verantwoordelik vir 75% van alle sterftes op ons paaie, maar niemand mag mos hierdie statistiek bekend maak nie

Scruffy ·

Ek hoor en sien alles van die taxi ies wat hie geskryf is in die berig net soos julle wil ek ook he die pad moet veilig wees vir almal .Dit gaan nie gebeur nie n taxi kan almal se lewens in gevaar stel en neem hulle beheer die wets toepasers want hulle is diie James Bond van SA paaie Lisence to kill Al wat mens kan doen is vra die Heer om jou veilig na jou bestemming te neem en dank hom as jy veilig daar uit kom maar om te hoop die minister van vervoer gaan in gryp met die bisbare slagting op die pasie vergeet dit sal nie gebeur nie Daar is so baie gemors in die land hul weet nie waar om tekeer nie

chrisjan ·

Die minister van vervoer is in die stoel net vir die pay.Hy beteken NIKS op aarde nie.Ek sorg maar dat ek uit taxis se pad bly waar ek kan.Gee hulle voorrang dat hulle verder kan jaag en hou myself veilig..Een of ander tyd SAL hy homself verwoes.
En ja boetes vir wets oorteredings deur taxis moet gehef word VIR ELKE PASSASIER WAT IN DIE TAXI IS.Hulle lewens is op die spel geplaas deur die bestuurder.

hercu ·

SA het die grootste en mees onbevoegde sirkus ter wêreld met die grootste en hoogste betaalde groep clowns in die arena waar absoluut niks gebeur nie, behalwe vir gewelddadige misdaad en leuens – daarom ontken die regering plaasmoorde, aanvalle, trok brandstigting en taxi bestuurders wat roekeloos bestuur!!

as jy in SA wil bly is dit nou tyd om soveel as moontlik tyd in jou binnekamer te spandeer en die HeiligeGees te dank vir beskerming teen die bose geeste in die geestelike realm!

Efesiërs 6:10-12 verklaar: “Verder nog dit; Soek julle krag in die Here en in Sy groot mag. Trek julle volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor die sondige wereld, teen elke bose gees in die lug”. Hierdie teks leer ons baie belangrike waarhede; dat ons slegs sterk kan wees met God se krag, dit is God se wapens wat ons beskerm en ons oorlog is teen die bose geestelike magte in hierdie wereld????shalom????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.