40 misdrywe by Gautengse skole tydens afsonderingsperiode

Argieffoto (Foto: ArtTower/Pixabay)

Minstens 40 misdrywe is reeds by verskillende skole in Gauteng aangemeld sedert die aanvang van die algehele landswye afsonderingsperiode.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê waardevolle toerusting en kruideniersware is tydens die inbrake by die skole gesteel. “Dit is jammer dat misdadigers voortgaan met hul pogings om die toekoms van ons kinders te ontspoor.”

Altesaam 19 skole is gevandaliseer of by ingebreek tussen 7 en 9 April. Dié skole is:
1. Laerskool Uitsig, Centurion
2. Hoërskool FH Odendaal, Derdepoort
3. Fleurhof Primary School, Florida
4. Rutasetjhaba Secondary School, Evaton
5. Legora Primary School, Mamelodi
6. DH Peta School, Atteridgville
7. Tharabollo Secondary School, Evaton
8. Bathokwa Primary School, Atteridgville
9. Bathabile Primary School, Olivenhoutbosch
10. Jan Kotlolo Primary School, Nelmapius
11. Tembisa High School, Tembisa
12. MH Baloyi Secondary School, Mabopane
13. Rutasetjhaba Secondary School, Evaton
14. Thomas Nhlapo Primary School, Meyerton
15. Phahamang Primary School, Evaton
16. Lefofa Primary School, Hammanskraal
17. M.C Weiler Primary School, Alexandra
18. Matseke Primary School, Atteridgville
19. FF Ribeiro Primary School, Mamelodi

“Ons bedank die lede van die gemeenskap wat ʼn beduidende rol speel om ons skole te beskerm deur die polisie in kennis te stel van misdadigers wat skole vandaliseer of toerusting steel,” het Mabona bygevoeg.

Panyaza Lesufi, provinsiale LUR vir onderwys, het bygevoeg ʼn paar skole is ook in Soshanguve aan die brand gesteek. “Die LUR vir gemeenskapsveiligheid het onderneem om met alle wetstoepassers saam te werk om die skole te beskerm,” het hy gesê.

Lesufi het gesê hy is ook dankbaar dat twee verdagtes Woensdagaand by verskillende skole aangekeer is.

ʼn 26-jarige man is in hegtenis geneem toe lede van die gemeenskap hom betrap het toe hy by Tembisa High School ingebreek het. ʼn 27-jarige man is ook deur die gemeenskap by Tharabollo Secondary School betrap. “Hierdie verdagte het aan die polisie gesê hy en sy medepligtiges is verantwoordelik vir sommige van die inbrake die afgelope twee weke by skole in Sedibeng,” het Mabona gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

Het misdadigers hulle óóit al aan inperkingswette gesteur?
Wens elke skool kon ‘n veiligheidswag of twee bekostig het.
Hierdie is vandalisme.
In my tyd op skool sou jy reguit verbeteringskool toe gestuur word.
Maar nou het kinders en misdadigers mos regte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.