63 al dood na Jhb-gebou brand

(Foto: Twitter/Women For Change)

Die dodetal in die brand wat Donderdagoggend in die vroeë ure ’n vyfverdiepinggebou in Johannesburg verswelg het, het nou tot 63 gestyg.

Maroela Media het vroeër berig dat brandbestryders en nooddienspersoneel omstreeks 01:30 na die toneel op die hoek van Albert- en Delversstraat ontbied is.

(Foto: Twitter/
@Kommander_Josh)

“Met hul aankoms het brandbestryders en nooddienspersoneel begin om die gebou te ontruim terwyl daar gepoog is om die brand te blus,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddiens, gesê.

“Ons het nou al 63 liggame in die puin gekry en 43 mense het geringe beserings opgedoen,” sê Mulaudzi.

Die beseerdes is na verskeie gesondheidsorgfasiliteite vervoer vir verdere mediese behandeling.

Lebogang Maile, LUR vir menslike nedersettings en infrastruktuurontwikkeling, sal Donderdagoggend om 09:30, die gebou in Marshalltown besoek.

Die oorsaak van die brand is tans nog onbekend en word ondersoek.  Geen verdere inligting is in die stadium bekend nie.

(Foto: Michele Spatari/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

mattk ·

Gekaapte gebou? Geen huur, geen instandhouding, geen veiligheids maatreëls!!! Gaan net meer en meer voorkom.

skurweberg ·

Hierdie plekke word vehuur. Soek die verhuuder en maak sy naam en politieke verbintenis bekend.

Kokerboom ·

Dis erg maar te verwagte.
Jhb se Hillbrow ‘n gemors en stadsraad het oogklappe aan
Sedert Herman Mashaba die verval probeer opruim het is NIKS gedoen

domheks ·

Nie snaaks nie. In SA vat jy wat jy wil he. Huise/karre/lewens ens…

Johan ·

Dit is hartseer,ongeag die rede of omstandighede,dit is lewens verlies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.