63-jarige sterf in ry vir inentings

’n 63-jarige vrou is Dinsdag by die Tongaat-sportstadion in KwaZulu-Natal dood. (Foto: Rusa)

’n 63-jarige vrou is Dinsdag (22 Junie) by die Tongaat-sportstadion in KwaZulu-Natal dood terwyl sy in ’n ry gewag het om teen Covid-19 ingeënt te word.

Nooddienswerkers van die Reaction Unit South Africa (Rusa) is kort ná 15:00 deur die vrou, ’n inwoner van Verulam, se familie na die stadion ontbied.

“Die vrou was met nooddienswerkers se aankoms op die toneel op die agterste sitplek van ’n Volvo en is op die toneel dood verklaar,” sê Prem Balram, Rusa se woordvoerder.

“Volgens mediese personeel by die inentingsentrum het die vrou kort voor sy haar inenting sou ontvang asemhalingsprobleme ervaar. Dokters het gepoog om haar te stabiliseer, maar haar toestand het vinnig versleg.”

Balram sê die vrou se gesin het besluit om haar na ’n hospitaal te neem en het haar in die motor gelaai.

“Rusa is egter ontbied nadat die vrou geen reaksie meer getoon het nie. Die familie het bevestig dat sy nie die inenting voor haar dood ontvang het nie.”

Die oorsaak van die vrou se dood is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johan ·

Hoekom moet “die familie” bevestig sy het nie die inenting ontvang nie, waar is inenting stasie se rekords?

Nella ·

Dit is nie dat hul “moet” nie, hulle het net genoem dat sy nog nie haar inenting ontvang het nie. Die mense is so vinnig om die entstof die skuld te gee as iets gebeur. En nou hoef die mense nie begin met dit is omdat sy die entstof geneem het nie. Nou kan die mense ook relax. Nog steeds jammer vir die dame se familie om ‘n geliefde te verloor.

Samuel ·

Dit is jammerlike nuus. Mens kan nie anders om te wonder hoe haar dood geregistreer gaan word nie?? Daar is soveel valse rapportering van sterftes gedurende hierdie pandemie.

piet ·

Dit sal SLEGS as Covid-verwant geregistreer word as sy wel poitief vir Covid getoets het. Dis meer waarskynlik dat ‘n dood as iets anders gerigistreer kan word in die geval waar die oorledene eintlik aan Covid-verwante oorsake dood is maar nie getoets is nie. Die amptelike sterftesyfer weens Covid moet dus eintlik baie hoer wees. Die algemene riglyn vanaf die gesondheid ministrie is dat alle mense wat aan natuurlike oorsake dood is wel post-mortem vir Covid-getoets moet word maar dis ‘n riglyn en word verseker nie altyd gedoen nie.

Dirk Mostert ·

Maar sy het in ‘n ry gestaan vir covid-enting. Dus sal dit tel as covid-verwant.

Lionel ·

Jy kan maar verseker wees dat COVID syfers eintlik onder-rapporteer word, as oor-rapporteer. As jy dink die syfers is n klugspul, stel ek voor jy word wakker.

piet ·

Kon net sowel doodgaan as jy in ‘n ander ry staan soos by die bank.

Hennie ·

Dankie tog dis voor sy die inenting ontvang het. Dink net hoe die anti-vaxers sou aangegaan het as dit na die inspuiting gebeur het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.