72-jarige in huis op Parys vermoor

(Argieffoto: SAPD/Facebook)

’n 72-jarige man is Sondag dood in sy huis op Parys in die Vrystaat gevind.

Kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, het die man as Kenny Browne aan Maroela Media geïdentifiseer.

Volgens Earle het kommer ontstaan toe Browne nie om 08:30 by die kerk opgedaag het nie.

Een van die gemeentelede is omstreeks 09:45 na sy huis om ondersoek in te stel. Die vrou het by die oop agterdeur ingegaan en Browne op die kombuisvloer aangetref. Sy hande en voete was vasgebind.

“Geen gedwonge toegang was sigbaar nie,” het Earle gesê.

“Die oorledene het alleen in die huis gewoon.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, maar niemand is nog in verband met Browne se dood aangekeer nie.

Enigeen met inligting kan ao. Jaco Venter by 082 554 3041 kontak. Wenke kan ook na die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111 gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Renier ·

Wonder of die polisie dieselfde hoeveelheid mannekrag gaan inspan as wat hulle doen by Sisi se plaas aanval.

Misky ·

Watse gevaar kan `n hulpelose bejaarde nou inhou? Hoekom hom vermoor?

Kokerboom ·

Kry die oorledene nou dieselfde reaksie van SAPS as Mev Sisi Ntombela en haar man?

Anel ·

Hoekom die oom vermoor!!!! Word alle eenhede ook ontplooi soos vir die Sisi wat masr net beroof is!!!!

Goldy ·

Kyk maar na die komende verkiesing dan sal julle sien lewe word nie deur alle mense eweveel wardeer nie. Vir die ANC massas is die feit dat SA meeste moorde teenoor vroue, kimders en bejaardes het, nie eers n kwessie nie. Waardes verskil, en is onversoenbaar.

Papsak ·

Nee hulle kan mos net weerlose ou mense aan val gemors waar is die gevaarlike klomp dik polisie mag te sleg om hulle werk te doen klaar !!!!

Ruby ·

Parys is ‘n probleem met al sy leegleêrs en drug koppies, die geld moet iewers vandaan kom.

Adri ·

Sy hande en voete was vasgebind, maar hoe is hy dood? Sulke goed word nie deur mense gedoen nie, maar deur wesens sonder emosie en liefde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.