77 ‘verhongerde’, onwettige mynwerkers in Orkney gered

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: pixabay)

Altesame 77 onwettige mynwerkers wat byna van honger omgekom het, is gedurende die Paasnaweek uit ʼn mynskag in Orkney in Noordwes gered. Die liggame van vier mynwerkers is ook tydens die reddingsoperasie gevind.

Die onwettige myners se mynbestuurder, wat nie in die myn was nie, het die owerhede na die mynskag ontbied nadat dit duidelik geword het dat die myners honger ly.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê die mynbestuurder het Donderdag die owerhede gevra om die onwettige mynwerkers uit een van Orkney se mynskagte te red.

ʼn Multidissiplinêre span bestaande uit die eenheid vir onwettige mynbou in die dr. Kenneth Kaunda-distrik, tesame met speurders en ʼn mynreddingspan van Orkney het tussen Donderdag en Maandag al 77 onwettige mynwerkers gered en in hegtenis geneem.

“Die mynwerkers het Vrydag vier lyke, wat reeds begin ontbind het, saam met hulle uit die mynskag gebring,” sê Mokgwabone.

Die onwettige mynwerkers het mediese ondersoeke ondergaan nadat hulle uit die mynskag gekom het.

Volgens Mokgwabone kom 60 van die 77 mynwerkers van Lesotho, 13 van Mosambiek en vier van Zimbabwe. “Die formele identifisering van die vier liggame is reeds aan die gang.”

Die mynwerkers het reeds Dinsdag in die Orkney-landdroshof verskyn en staan nou tereg op aanklag van onwettige betreding, onwettige mynbou en die oortreding van die Immigrasiewet.

Genl.maj. Suzette Pretorius, distrikskommissaris van dr. Kenneth Kaunda-distrik, het die betrokke beamptes bedank vir hul toewyding om die onwettige mynwerkers te red en te verseker dat hulle in hegtenis geneem word.

“Hulle [die onwettige mynwerkers] sal nou te doen kry met die volle omvang van die gereg,” sê sy.

Dit is nie duidelik wanneer die beskuldigdes weer in die hof sal verskyn nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Pietertjie ·

Sodra hulle herstel het, gaan hulle seker weer ondergronds

Jr ·

Onwettige mynbestuurder. Wat het hy homself genoem? Mynbestuurder. Dis n belediging vir wettige mynbestuurders waaronder ek ondergrond gewerk het vir 38 jr. Wit en swart met breins en kennis wat vir niks skrik nie. HY IS NIKS MEER AS N KRIMINEEL. MYN BESTUURDER – MY……….

Johann ·

Nog buitelandse onwettige monde om kos te gee en verniet blyplek!

Anel ·

Pleks die onwettige myn net toe gegooi is. As ons dit gewaag doen het in daardie lande is on op die plek tereg gestel!!! Help ook nie om hulle tronk toe te stuur of te deporyeer nie. Môre is hulle weer terug!!!

Andre ·

Moes die skelms en moordernaars wat hulle is net daar gelos het

JM ·

Wanneer gaan die ANC-regering wakker skrik en daadwerklik en ernstig grensbeheer toepas? Repatrieer dringend hierdie onwettige mynwerkers. Ons eie mense ly honger! Tyd dat die regering ophou om op hul hande te sit (behalwe wanneer dit in die koekieblik is …). “Charity begins at home” EN(!) dít beteken ook dat Kuba vir homself moet sorg!! Die landsburgers was nog nooit so keelvol soos tans nie.

miche ·

Omskep die ongebruikte myne in tronke.
Ek voel egter verskriklik jammer vir enige tronkbewaarder.
(Ek dink hul stresvlakke moet hemelhoog wees).

SjN ·

Onwettige immigrante en bedrywighede met titels nogal, nou word daar in die tronk vir hulle gesorg, kaders sal niks doen nie want dit is pay back time volgens verkiesings beloftes gemaak.

lodewyk ·

En daar word berig dat onwettige insypelaars nie verandwoordelik gehou kan word vir die grrot syfer van misdaad in SA nie???-Nou hoe nou,elkke dag as daar berig word oor misdaad,kan jy maar kyk dat dit een van Malema se Afrika maats is!!Daai klomp moes hulle sommer net daar gelos het…Hulle het in so hulle moes self uit…

maruis ·

Gered?? stoot die myn toe met almal daarbinne – dis kriminele

Kokerboom ·

More MM
Ek dink nie my kommentaar was so vergesog of het ek op tone getrap?

Deon ·

Is onwettige mynery nie n “aanwins” vir wettige myne nie? Dink aan die produksie en sekuriteits kostes van n wettige myn teenoor die kostes om dit vanaf die sg swartmark terug te koop.

Jr ·

Ek het al lankal gesê dat hierdie onwettige myners gaan nie stop nie. Kom op met n ander plan. Vorm n organisasie waar hierdie mense wettig hulle fonds kan verkoop teen n effens se lae prys as goud prys. Hulle kry in elke geval n pittance van hulle handlers. Dan gaan hierdie goud weer terug in die lands se wettige sisteem en SA verloor nie revenue wat billione is. Verkoop dit dan op die wettige goud prys van die dag. Safety kan hulle uitwerk met die myne. Dit sal werk veroorsaak en hulle kan lewe. Ons moet uit die box dink

Linda ·

ja en so buite die boks dink het Lilly myn laat intuimel in Baberton. Daar het die wettige myners maar anderpad gekyk as hy ‘n ZamaZama ondergronds raakloop, juis uit vrees vir sy lewe, en toe blaas hulle ( onwettiges) dinamiet af oor hulle giergheid en die hele myn stort ineen.

marius ·

Die onwettige myners se mynbestuurder …. Geen wonder hierdie hool is aan flarde nie .

Hennie ·

So die boodskap wat die onwettige myners kry is dat hulle jammer gekry word en dan versorg word… Lovely!

Papsak ·

Los hulle Onder grond nie hulle plek nie watsoek hulle daar

Wondermaarnet ·

Los hulle daar. Watter deel van onwettig verstaan die myners nie?

Swerwer ·

Die onwettige mynwerkers en die onwettige mynwerkers se mynbestuurder mag dit mos doen want die land behoort mos net aan die ANC wat wet en orde vernietig het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.