80-jarige in hof oor verkragting

Argieffoto

ʼn 80-jarige man het in die Brits-landdroshof verskyn op aanklag van die verkragting van ʼn 7-jarige meisie.

Kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is Saterdag omstreeks 15:00 in Geluk in Noordwes in hegtenis geneem.

“Volgens inligting is die verdagte Saterdag saam met die meisie, ʼn kleinkind van sy vriendin, winkel toe. Die ma van die kind het na hulle begin soek toe hulle nie vinnig genoeg teruggekeer het nie. Sy het hulle in die straat opgemerk toe hulle op pad terug was huis toe en sy het weer in die huis ingegaan,” het Tselanyane bygevoeg.

“Sy het egter weer gaan ondersoek instel toe hulle te lank draai om in die huis in te kom. Haar dogter en die verdagte was egter nêrens te sien nie. Sy het na hulle begin soek en hulle onder ʼn boom in die bosse aangetref. Die kind was halfnaak.”

Die ma het om hulp geskree en lede van die gemeenskap het tot haar redding gekom en die polisie is ontbied. “Die verdagte is dadelik in hegtenis geneem en aangekla van verkragting. Hy bly in aanhouding. Hy sal na verwagting op 25 Februarie weer in die hof verskyn vir sy aansoek om borgtog.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Antjiepat ·

Ag nee sies … 80 jaar oud??? watter dier moet die man nie wees nie?? Op daardie ouderdom sulke dierlike drange…
baie sterkte liefiemens, ek bid en vertrou dat daar vir jou goeie ondersteuning sal wees na hierdie gruweldaad…

QueenB ·

Agge nee sies man n groot man wat self sekerlik meisiekinders het mag hy in tronk sit tot hy dood

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.