Aanval op Kaapse burgemeesterskomiteelid afgeweer

Die polisie Woensdag op die toneel. (Foto: Verskaf)

Die Stad Kaapstad se BBP-eenheid het Woensdag ’n aanval op Rob Quintas, die metro se burgemeesterskomiteelid vir stedelike mobiliteit, in Milnerton afgeweer.

JP Smith, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sê die BBP-voertuig wat Quintas vervoer het, is in Joe Slovo in Phoenix aangeval.

Die presiese besonderhede rakende die aanval is nie duidelik nie.

Volgens Smith moes Quintas se BBP-beskermingsbeamptes “hul vuurwapens gebruik” en ’n verdagte is in die proses gewond.

Die gewonde verdagte is sedertdien in hegtenis geneem en ontvang tans mediese sorg.

Smith sê ’n saak sal by die plaaslike polisiestasie aanhangig gemaak word.

Maroela Media het vroegaand ’n navraag aan die Wes-Kaapse polisie gestuur en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

TheSnake ·

Ek sukkel om te verstaan. Voorheen was ‘n Burgermeester ‘n gratis diens, nou is daar al sulke lede!?

OW ·

Die Burgemeesters van die vorige bedeling maw voor 1994 het net seremoniële pligte gehad en het net bv reistoelae ontvang.Hulle het geen uitvoerende magte gehad nie.Met die huidige grondwetlike bestel het hulle uitvoerende magte gekry met personeel,onder die grondwetlike bestel.

Althes ·

Ek is baie bly die stad Kaapstad se BBP eenheid was so paraat. Ek hoop nie dit was politieke onderduimsheid van ander partye nie

Engela ·

As hulle liewer in ‘n klein alledaagse kar ry, sal so-iets nie so maklik gebeur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.