Aanval op oud-Bok: Twee soek borgtog

Die voormalige Springbokhaker, Lukas van Biljon (47), is verskeie kere met ‘n mes gesteek. (Foto: Facebook / Lukas van Biljon)

Die twee verdagtes wat in verband met die aanval op die voormalige Springbokhaker Lukas van Biljon (47) en sy pa, André, op ’n kleinhoewe buite Oranjeville in hegtenis geneem is, wil aansoek om borgtog doen.

Khanye Muthi (32) en Latin Mofokeng (42) het Maandag op aanklagte van poging tot moord en huisroof in die Heilbron-landdroshof verskyn.

Kapt. Lorraine Earle, polisiewoordvoerder, sê die saak is tot 5 Junie uitgestel wanneer die twee formeel om borgtog aansoek sal doen. Hulle bly intussen in aanhouding.

André van Biljon is tydens ’n aanval op ’n kleinhoewe buite Oranjeville geskiet. (Foto: Facebook / Martin van Biljon)

Maroela Media het vroeër berig dat Lukas en André na bewering deur ses gewapende mans in hul huis op die kleinhoewe oorval is. Die voorval het Saterdag in die vroeë oggendure plaasgevind. Lukas is verskeie kere met ʼn mes gesteek en André is in die borskas en hand geskiet.

Lukas se kinders is tydens die voorval met kabelbinders vasgebind. Muthi en Mofokeng is kort na die voorval by ʼn padblokkade in hegtenis geneem.

André se jonger broer, Martin, het ná die aanval op Facebook gesê sy broer “lê kritiek in die hospitaal”. Lukas is glo reeds uit die hospitaal ontslaan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

domheks ·

Ja, ons howe sal seker borgtog toestaan, dan verdwyn die gemors net weer. Hulle het seker oorgekom vir koek en tee daai tyd van die nag.

Althes ·

Geen borgtog vir lafhartige moordenaars nie. Om ñ weerlose man 60 keer te steek, is om te overkill, boos en het geen berou nie. Mag julle 60 keer in die tronk gesteek word.

Anel ·

Ag, hulle sal seker op waarskueing vry gelaat word en dan verdwyn en adn gaan met dit wat hulle gedoen het. Dit is mos maar nét wit Afrikaner boere! En ja, ek sê dit want dit is hoe dit is.

Papsak ·

Ek hoop regtig nie hulle kry parool nie hoekom moor jy as jy wil vra vir parool hou dan op om mense seer en dood te maak laat hulle boet daai mense hulle niks gedoen nie val mos in groepe aan lafaards

Sê maar net ·

Nee. Geen borgtog vir hierdie twee nie, asseblief Vader in Jesus naam. Ons bid vir krag vir die hele familie. En volkome genesing virAndré en Lukas, ook vir die emosionele wonde. Baie sterkte aan julle almal.

Dandeleen ·

En wie presies is jy om te oordeel? Los die oordeel oor aan die Here want net Hy gaan die eer hê. Hoe sou jy nou inelkgeval al die goed weet, was jy daar?

Cherokee ·

Dit maak hoegenaamd geen sin dat daar enige rede kan bestaan waarop hulle borgtog toegestaan kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.