Aanvaller hoor sy lot ná wrede plaasaanval

Blackie van den Berg kort na die aanval. Foto: Verskaf

Die man wat Blackie van den Berg (62) verlede jaar op haar plaas tussen Sannieshof en Ottosdal in Noordwes oorval, erg aangerand en verkrag het, is skuldig bevind op aanklagte wat verband hou met dié aanval.

Adv. Tembeka Mbadu, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Teka Mokgomotsi (21) is Vrydag in die streekhof in Atamelang naby Delareyville skuldig bevind op twee aanklagte van verkragting (een met betrekking tot Van den Berg en die ander met betrekking tot ʼn ander vrou), huisroof met verswarende omstandighede, huisbraak met die bedoeling om te roof, poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Maroela Media het vroeër berig Van den Berg was alleen tuis toe die aanval omstreeks 00:45 plaasgevind het. Volgens Bianca van den Berg, Blackie se dogter, was sy in die kombuis toe sy ʼn geluid op die dak gehoor het byna soos ʼn kat wat op die dak loop. Sy het daarna gesien dat haar hond buite die huis onder die lapa toegemaak is nadat sy hom vroeër laat uitkom het.

“Sy het gehoor hoe hulle die veiligheidshek by die voordeur uit die kosyn breek en besef hulle is besig om die huis binne te kom. Sy het na die slaapkamer gehardloop en die veiligheidshek in die gang agter haar gesluit. In die kamer het sy haar rewolwer gekry. Teen daardie tyd was een van die aanvallers klaar besig om die traliedeur in die gang oop te buig terwyl die ander aanvaller buite die huis gestaan het,” het Bianca destyds aan Maroela Media gesê.

Van den Berg het ʼn paar waarskuwingskote in die lug geskiet, maar toe die aanvaller geen gehoor hieraan gee nie, het sy die rewolwer op hom gemik en geskiet. “Sy was so verbouereerd, sy het mis geskiet en die rewolwer leeggeskiet. Daarna het sy teruggehardloop kamer toe en die houtdeur van die kamer gesluit,” het Bianca gesê.

Van den Berg het in die kamer haar buurvrou gebel om hulp te kry toe die aanvaller begin om die houtdeur met ʼn spitvurk oop te breek. “Sy het vir hom gesê sy gaan hom skiet, toe sê hy vir haar in Afrikaans: ‘Skiet maar, ons kom vir jou.’ Al wat sy kon doen, was om angsbevange daar te sit en wag met die wete iemand is op pad om haar dood te maak,” het ʼn emosionele Bianca gesê.

Nadat die aanvaller deur ʼn gat in die deur die kamer binnegekom het, het hy Van den Berg met die spitvurk aangerand en haar herhaaldelik geslaan. Hy het haar klere van haar lyf afgeskeur en haar ook verkrag. Volgens Bianca het haar ma verbete terugbaklei en die aanvaller geslaan, geskop en gekrap.

In ʼn stadium het die aanvaller die rewolwer gegryp en dit op Van den Berg gerig en die sneller getrek, maar daar was nie meer patrone in die vuurwapen nie. “Toe hy besef die rewolwer is leeg, het hy haar gewurg. Hy wou haar doodmaak,” het Bianca gesê. “Net toe het die bure daar aangekom en sy makker buite die huis het gefluit om hom te waarsku. Hy het my ma aan haar hare in die gang afgesleep en toe op die vlug geslaan.”

Die aanvallers het met kontant, ʼn selfoon en Van den Berg se vuurwapen gevlug. Van den Berg het destyds toestemming gegee dat haar naam bekend gemaak mag word ondanks die feit dat sy verkrag is.

Vonnisverrigtinge sal op 29 Oktober begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Vanessa Moore

Liewe hemel, ek kan net dink hoe angsbevalle die arme vrou moes wees. Haar lewe is verwoes. Niks gaan weer dieselfde wees vir haar nie en al gaan hulle tronk toe gaan dit niks aan haar situasie verander nie. Hoeveel keer moet ons smeek vir die doodstraf!!!!!!!

Jozi

Alles goed en wel… wat van die maatjie wat buite die huis rondgestaan het? Is hy nie ‘n medepligtige nie.
Mev Van den Berg, jy is daardie aand deur loutere hel en dit het nie daar opgehou nie.
Mag jy elke dag opnuut God se genade en teenwoordigheid in jou lewe ervaar. Sterkte vorentoe.

HPV

Toe anc regime, kyk hoe lyk julle helhool demokrasie…maar die wiel gaan draai…

Anita (die eerste)

Ramaparra weet hoegenaamd natuurlik ook niks hiervan nie. Dit het immers daar ver in ou Wes-Transvaal gebeur. Ver van die “high life” met skares lyfwagte en ampswonings en ampsmotors en ander luukses. Siende blind; horende doof en gebruik die mond om te lieg en bedrieg. Ja, oorsee sodat beleggers mislei kan word. Aan die neus rondgelei kan word. En eendag wanneer hulle wakker skrik, is hulle beleggings nikswerd. Dalk sal die beleggers maar net soos Chinese lenings gee voordat hulle op die betrokke bate beslag lê. En hierdie buitelanders kan maar weet, sit jou voete hier in die parra se… Lees meer »

celeste

sy gesig was in die beeld Saterdag