ʼn Advertensie op ʼn sleepwa wat skynbaar hondgevegte adverteer, word deur die Johannesburgse metropolisie (JMPD) en die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) ondersoek.
Op die advertensie staan “Fight Night Pit Bull Tournament, Main Event, Nitro vs Thor, There can only be one winner”, saam met foto’s van twee Amerikaanse veghonde.
ʼn Motoris het Maandagoggend die mobiele advertensie, wat deur ʼn bakkie gesleep word in Johannesburg opgemerk, ʼn foto daarvan geneem en op sosiale media geplaas. Die foto het vandaar soos ʼn veldbrand versprei en talle mense het dit onder die aandag van die JMPD en NDBV gebring.
Insp. Edna Mamonyane, woordvoerder van die JMPD, het aan Maroela Media gesê motoriste het die sleepwa Maandagoggend in Bryanston opgemerk.
“Die bakkie en sleepwa beweeg rond en is nie meer daar nie. Ons het beamptes opdrag gegee om op die uitkyk te wes vir die bakkie en sleepwa en die NDBV te skakel sodra dit opgespoor word, sodat die inhoud van die advertensie ondersoek kan word,” het Mamonyane gesê.
Die NDBV het gesê die organisasie is ook bewus van die veelbesproke advertensie en dat hondgevegte teen die wet is. Die NDBV se spesiale ondersoekeenheid stel intussen ondersoek in.
Sommige sosiale media gerbruikers het vermoed dit kan moontlik ʼn publisiteitsfoefie vir die gemengde gevegskuns (MMA)-sportsoort wees, aangesien Nitro en Thor name van deelnemers is. South African MMA het egter op hul Faceboek-blad gesê MMA het niks met hondgevegte te doen nie. “Ons word oorval met navrae nadat die advertensie in Randburg-omgewing gesien is. Sodra ons enige inligting oor die saak het, sal ons die publiek in kennis stel.”
Maroela Media het probeer om met die skynbare adverteerders in kontak te kom, maar hul webwerf is tans buite werking en die nommer op die advertensie gaan direk oor na ʼn stemboodskap. ʼn Skermskoot is egter geneem van die inhoud van die webwerf, voordat dit ophou werk het en dit lyk asof reëls wat verband hou met hondgevegte daarop gelys word.
OPVOLG: Hondgevegte-advertensie ʼn foefie
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Gaan NOU na die website http://www.cajunrules.co.za – Dit blyk dat dit ‘n fake event is wat deur die NSPCA gemaak is “to create awareness”
Die NSPCA het 20 minute gelede op hulle Facebook Bladsy ‘n verklaring geplaas dat dit hulle was wat die veldtog begin het.
https://www.facebook.com/NSPCA/photos/a.337663599842.153799.259987684842/10154007005764843/?type=3&theater
Hoekom weet die DBV nie van hierdie advertensie foefie nie. Daar is ook n versoek vir EFT betalings om gemaak te word.
Ek het na die web gaan kyk en dis NSPCA wat mense wil bewus maak van honde gevegte gaan kyk self http://cajunrules.co.za
Baie swak smaak om awereness so bekend te stel! Siek verby!