Affies rou ná leerder se dood

Coetzee Burger (Foto: Affies/Facebook)

Graad 8’s aan die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) in Pretoria is in rou gedompel ná die onverwagse dood van een van hul klasmaats.

Die 14-jarige Coetzee Burger is Maandag laatmiddag by sy ouerhuis in die ooste van Pretoria oorlede. Coetzee het sy eie lewe geneem.

Peregrine Joynt, hoof van die skool, onthou Coetzee as ʼn “besige mannetjie” wat altyd “ʼn bok vir sports” was.

“Hy was ʼn doodgewone stoute seun,” het Joynt Dinsdagmiddag aan Maroela Media gesê kort nadat hy Coetzee se ouers besoek het. “Sy klasmaats is uiteraard baie geskok.”

Die bekende prediker en spreker dr. Johan Smith is vanoggend na die seunskool ontbied om die graad 8’s toe te spreek, terwyl die jaargroep se wetenskaptoets wat vanoggend geskryf sou word tot volgende week uitgestel is.

Die seuns is ook uitgenooi om met die skool se sielkundige en beradingspan te gesels en sowat 30 leerders is vanoggend bygestaan.

“Ons sal die pad van ondersteuning saam met hulle stap,” sê Joynt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Wolkie ·

ag ek bid vir sy ouers. dit is nie maklik of lekker om ‘n kind aan die dood af te staan nie, onder geen omstandighede, maar ek dink in so geval het ‘n ouer soveel vrae vir altyd. Sterkte mamma en pappa. Mag die Here julle toevou in sy genade.

Anna84 ·

Dis baie hartseer. My eie meisiekind is nou 14jaar oud en ek kan nie eers dink dat kinders op daardie ouderdom nodig het om soveel spanning te beleef dat selfdood die enigste uitweg is nie. Daar is heeltemal te veel druk op vandag se jeug.
Sterkte aan die betrokke ouers, dit moet vreeslik wees.

Anel ·

Ai, hoe hartseer! Wat dryf so ‘n pragtige jong seun om so ‘n daad te pleeg? Baie sterkte aan sy ouers, gesin en familie, en ook al sy maatjies. Laat daar lig wees waar hy nou is.

Annelie ·

Mnr Joynt – was die kind net ‘n “doodgewone stoute seun” wat besig en ‘n kind vir sports was ? Hy moes tog seker ook positiewe en goeie kenmerke gehad het!!!!!!
Ek bid vir sy gesin , familie en vriende.

Oesterbaaier ·

As jy mnr Joynt ken sal jy weet hy ken en verstaan seuns regtig en is ‘n skitterende hoof, ek weet hy bedoel hierdie woorde positief en op die mooiste en opregste manier. Staan eerder stil by die onsettende tragedie en onbeskryflike hartseer wat so iets nalaat.

VaalDonkie ·

Jy sou dink by die tyd weet skole al dis die “bok vir sports” wat die meeste seer het. My innige simpatie met die ouers en klasmaats. Ek hoop skole skrik wakker.

VaalDonkie ·

Hul werk? My skool het darem so een of twee beraders gehad. En as die kind se probleme erg was, dan het hulle hom/haar na ‘n eksterne psigiater of maatskaplike werker verwys. Ek self was daardeur. Het by ‘n christen berader opge-eindig. Het nie eens ‘n sent gekos nie. En ek is baie dankbaar daarvoor.

Marlene ·

Dis SO hartseer, wat moes verkeerd gaan in hierdie kind se lewe dat hy so drasties optree? My gedagtes by sy ouers, grootouers, sy maats

Delia ·

Die druk op vandag se kinders is te veel, dikwels groepsdruk, druk van sportafrigters, ouers en skoolhoofde wat n naam het wat hulle moet hoog hou.
Ek sé nie dis hier die geval nie.
Ek is so jammer vir hierdie ouers. Dit moet so verskriklik wees.

Jixy ·

Ek stem saam. Ek sien die verskil van wat my eie dogtertjie vandag in Gr3 moet doen teenoor wat ek in St1 moes doen. Hulle begin al in effek op 4jarige ouderdom (RRR) met skool. Ons het die alfabet geleer in SubA waar my dogter dit moes leer in RR. Die druk raak onmenslik en die kinders kry nie meer kans om kind te wees nie. Soos jy se, dis nie te se dit was hier die geval nie, maar met al die kinderselfdood deesdae moet mens wonder.
Nietemin, dit bly onnatuurlik en verskriklik hartseer.

ES ·

Die ergste is dat daar meeste van die tyd nie sigbare tekens is vir iemand wat deur so ‘n donker tyd gaan nie. Al wat mens kan probeer doen is om seker te maak dat jy ernstige tyd met jou kinders spandeer en seker maak dat hulle weet jy is daar vir hulle en dat hulle enige tyd met jou kan gesels.

VaalDonkie ·

Die tekens staar jou in die gesig. Jy moet net weet waarvoor om te kyk:

“Peregrine Joynt, hoof van die skool, onthou Coetzee as ʼn “besige mannetjie” wat altyd “ʼn bok vir sports” was.

“Hy was ʼn doodgewone stoute seun,”…”

Veronika ·

Joe dis hartseer verby…….sterkte liewe ouers. Weet nie hoe maak mens vrede met jou kind se dood nie!

Chantel ·

Genade!! My hart gaan uit aan die ouers, STERKTE en mag God julle dra.

Zoey ·

Vaaldonkie, ek stem saam. Skole moet ook wakker skrik, maar saam met ouers. My dogter was depressief agv boeliegedrag teenoor haar. Sy het verander van ‘n vriendelike en liefdevolle kind in iemand wat skaars die dag wou aandurf. Die hoof van die hoërskool waar sy was se raad – sy mag skool verlaat op 15 volgens wet, so sy moet dalk maar skool verlaat!!!! En die skool se opvoedkundige sielkundige wat sy weekliks gesien het, het hom gesteun daarin. Dis hoekom kinders selfmoord pleeg. Hulle steek hulle gevoelens weg, want anders word hulle ge-etikeer. En al let jy hoe fyn op, daar is net ‘n dag en tyd wat daai kind net voel hy/sy kannie vorentoe gaan nie.

VaalDonkie ·

Ek sal my kind wragtig by die huis laat leer as dit so moet gaan. Maar eers sal ek daai skoolhoof mooi verduidelik wie sy ma is. Ek is ‘n baie ordentlike mens maar ek het geen skaamte as dit kom by my kind beskerm nie.

suzanne ·

Met all respek, “stoute seun” verwys na ‘n dood normale seun wat soms besig is, by die skool word daar nie net sommer ‘n email gestuur vir gedrag nie, hulle neem in ag dat seuns ook mag stout wees binne perke. Elke kind word in ag geneem by die skool. Daar is ‘n plekkie vir almal en al het elke seun nie die seun geken nie, rou almal saam oor hulle broer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.