Afgetrede verpleegster ernstig beseer in ongeluk

Die ongelukstoneel. (Foto: ER24)

’n Afgetrede verpleegster (63) is Saterdagoggend ernstig beseer in ’n motorongeluk tussen Sasolburg en Parys in die Vrystaat.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê in ’n verklaring paramedici is omstreeks 08:20 saam met die plaaslike brandweerdiens na die toneel ontbied waar omstanders reeds die vrou halfpad uit die motorwrak getrek het. Die motor het op sy dak in ’n sloot gelê.

Volgens Campbell het die vrou ernstige beserings in die voorval opgedoen en is op die toneel behandel voordat sy na die Metsimaholo-hospitaal in Sasolburg gehaas is. Sy is sedertdien na die Emfuleni-hospitaal in Vanderbijlpark oorgeplaas.

Die toepaslike owerhede was vanoggend op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.