AfriForum beteken hofstukke aan departement van toerisme

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme. (Foto: Dept of Tourism/Twitter)

AfriForum het vandag hofstukke beteken vir ’n hersieningsaansoek om die minister en die departement van toerisme te dwing om te verseker dat aansoekers se ras geen rol sal speel in die bystand wat die departement se Covid-19-hulpfonds aan klein, mikro- en mediumgrootte-ondernemings (KMMO’s) verleen nie. Dié departement dui tans aan dat swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en ekonomiese transformasie as kriteria vir bystand gebruik sal word.

Dít volg nadat AfriForum op 7 April vir Mmamoloko Kubayi-Ngubane, die minister van toerisme, asook die departement op terme geplaas het oor SEB- en ander vereistes. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het die minister nie op AfriForum se skrywe gereageer nie en het AfriForum nou geen ander keuse as om die howe te nader nie.

In die hofstukke versoek AfriForum dat die aansoek op ’n dringende grondslag hanteer word en reeds op 21 April aangehoor word aangesien daar nou reeds weekliks deur die departement besluit sal word watter toerisme-ondernemings gehelp sal word. Dié fonds beskik tans oor R200 miljoen.

Maroela Media het vroeër berig dat dié geld volgens die departement soos volg verdeel sal word:

  • Ten minste 70% van begunstigdes sal ondernemings wees wat deur swart mense besit word
  • Ten minste 50% van begunstigdes sal ondernemings wees wat deur vroue besit word
  • Ten minste 30% van begunstigdes sal ondernemings wees wat deur jong mense besit word
  • Ten minste 4% van begunstigdes sal ondernemings wees wat deur persone met gestremdhede besit word
kallie-kriel-2019-05-02

Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum. Foto: Verskaf.

AfriForum het ook verskeie gevallestudies by die hofstukke ingesluit van sakeondernemings wat deur hierdie arbitrêre vereistes benadeel word.

Volgens Kriel is dit skandalig dat die regering in ’n tyd waar almal in die land saam behoort te staan teen Covid-19 as gemeenskaplike vyand, besluit het om selfs hulpverlening aan sukkelende ondernemings te misbruik om ’n rassistiese agenda te bevorder. Kriel het daarop gewys dat die departement se rassevereistes op onbillike diskriminasie neerkom en daarom ongrondwetlik is.

“Die uitgesproke doel van die departement se fonds is om bystand aan toerisme-ondernemings te gee wat nadelig deur Covid-19 geraak word. Aangesien almal, ongeag hulle ras, nadelig deur Covid-19 geraak word, kan die departement nie regstelling van diskriminasie uit die verlede gebruik as regverdiging vir diskriminerende hulpverlening teen die gevolge van Covid-19 nie.”

AfriForum moedig alle toerisme-ondernemings aan om steeds by www.tourism.gov.za/Pages/COVID19TOURISMRELIEFFUND.aspx om verligting aansoek te doen. SMS ook jou onderneming se naam na 45113 (R1) sodat AfriForum jou onderneming se besonderhede het en namens jou kan optree indien jou onderneming se aansoek op grond van SEB-vereistes afgekeur word. Jy kan ook ’n e-pos met jou onderneming se besonderhede na [email protected] stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Fedup ·

Ons ander normale suid afrikaners waardeer wat julle vir ons doen. Maar. Weet jy hoe seer raak jou kop as jy bly teen ń muur vas hardloop? Daai muur gaan net eenvoudig nie budge nie. Alhoewel ek julle regtig alle sterkte toewens.

Bloedhond ·

M.a.w. in Mmamoloko Kubayi-Ngubane se departement van toerisme is rasisme teen wit nog sterk aan die orde van die dag.

Cleopatra69 ·

Afriforum is nog al wie darem vir ons mense fight. Almal ly huidiglik verliese

Andre ·

Geen wonder Suid Afrika word in die afgrond in bestuur nie.

Sakkie ·

Stig nog n fonds waartoe ons kan bedrae NET vir blanke toerisme besighede. Dit is nou ONS kriteria en vereistes.

PieterP ·

Hoekom word al die blanke toeriste toegelaat in die land as die departement so wil diskrimineer? Weereens soos die ANC en EFF sou sê is White Monopoly Capital ‘n euwel…. Net totdat dit in hulle beursies beland. As jy dan so gekant teen ‘n groep is dan moet dit regstreeks deurgevoer word. Kom ons kyk dan hoe huil julle

daniel ·

Besef hierdie afrkaner biljoeners soos bv Rupert dat sy mildelike bydra gebruik word om rassisme en rassehaat te laat floreer?. Wit en veral Afrikaner Klein besighede word teen gediskrimineer omdat die regering openlik ras as grondslag gebruik vir die verkryging van finansiele hulp.

Genis ·

Met hierdie lockdown kan mens sien hoe rassisties SA is.. My beursie is ook vir hulle toe… Charity start at home… Dit verbaas my om altyd te sien hoe wittes na CR se mense kyk, hulle voer, geld gee ents.. Maar die staat se siening is, dat ons niks in die land is… So terloops daai foto spreek boekdele… Ek is ook nou baie baie ras bewus!

Genis ·

Snaaks dat die Oppenheimers goed genoeg is? Lekker om by die witman te kry ne ANC…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.