AfriForum hof toe oor kwarantynregulasies

Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid. (Foto: Reint Dykema)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 15 Mei 2020 ’n dringende aansoek in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria ingedien om dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, se regulasies oor kwarantyn ongeldig te laat verklaar. Dié regulasies is daarop gemik om almal wat positief toets vir Covid-19 onder verpligte staatskwarantyn te plaas.

AfriForum se aansoek berus op die feit dat dié regulasies volgens die organisasie ongrondwetlik, onwettig en irrasioneel is. Die regulasies bepaal onder meer dat almal wat positief toets vir Covid-19, ongeag of hulle simptome toon, binnekort in die regering se isolasiefasiliteite geplaas sal word. Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het ook die afgelope week na dié regulasies verwys, met die veronderstelling dat dit binnekort toegepas sal word.

“Dié regulasies gee aan die staat die mag om mense sonder hul toestemming in kwarantyn te dwing – selfs in omstandighede waar die persoon in staat is om doeltreffend te selfisoleer. Dit gee aan wetstoepassers en die staat té veel mag onder die vaandel van die bekamping van die verspreiding van die virus,” sê Monique Taute, bestuurder van veldtogte by AfriForum.

In sy aansoek voer AfriForum aan dit sal irrasioneel wees om mense in staatskwarantyn te plaas as dié mense doeltreffend kan selfisoleer. Dit plaas ’n onnodige las op die reeds beperkte staatshulpbronne en kan daartoe lei dat mense bloot weier om getoets te word uit vrees vir verpligte staatskwarantyn. Maroela Media het reeds talle kere berig oor haglike omstandighede by staatskwarantynfasiliteite.

Foto: ‘n Persoon word getoets vir Covid-19. (AP Photo/Brian Inganga)

“Indien mense wat positief vir die virus toets en doeltreffend kan selfisoleer in staatsfasiliteite gedwing word, is dit nie net ’n skending van dié mense se fundamentele regte nie, maar dit kan in die toekoms verreikende gevolge inhou vir die regte van almal in die land,” lui die aansoek. Verder het die Zithabiseni-kwarantynkamp en die regering se optrede in dié kwessie duidelik bewys hy beskik nie oor die vermoë om sulke kampe verantwoordelik te bestuur nie.”

Maroela Media het berig meer as ’n honderd mense is in haglike omstandighede by Zithabiseni in Mpumalanga aangehou ten spyte daarvan dat hulle nie eens vir Covid-19 getoets is nie. Boonop het die regering gesê hulle kan nie die mense self toets nie, maar aangehoudenes is verbied om deur private mediese dienste getoets te word. AfriForum het onlangs ’n hofsaak gewen waarin die hof beslis het die Zithabiseni-kwarantynkamp moet sluit en die aangehoudenes vrygelaat word.

“Wanneer die staat een maal inbreuk maak op mense se mees basiese regte van menswaardigheid, vryheid van beweging en sekerheid van persoon, word dit in die toekoms al hoe makliker om sulke skendings te regverdig. Selfs die Verenigde Nasies (VN) het onlangs sy kommer uitgespreek oor die Suid-Afrikaanse regering se toksiese afsonderingsregulasies. AfriForum baklei met hierdie hofsaak en met ons internasionale veldtog (wat ’n klag by die VN insluit) vir die behoud van die fundamentele regte van elkeen in die land,” sluit Taute af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Alleen Wolf ·

Oor my dooie ligaam sal hulle my in een van hulle fasiliteite plaas.

Nie Verbaas ·

Ek stem. Wil sien watter jakkals my in een van hulle ou plekkies gaan indwing.

Erica ·

Ek stem 100% saam. Hulle kan hul self daar gaan in boek. Kan net hoop hulle kry n breinsel, want soos hulle aan gaan dink ek nie hulle het een mielie pit nie.

Anel ·

Wat my verstand te biwe gaan is dat mense geen probleem het met mense wat TB en VIGS het nie. Hulle status mag ook nie bekend genaak word nie. Lyk of ouers nie omgee dat hulle kinders saam met sulkes skoolgaan nie. Ons is deur varkgriep en voel griep en gewone griep en nog ander siektes, daar was al uitbrekings van hoogs aansteklike breinvliesontsteking, masr nog nooit, nog nooit is ons gevangene gehou daarvoor nie. Hoekom nou , hoekom moet die land se ekonomie ten gronde gaan, mense moet begin doodgaan van die honger. Vir wat.? Sodat die komunistiese regering na vore kan kom?
Ek sê, as jy bereid is om al hierdie ander te aanvaar met hul siektes kan jy nou maar aangaan met jou lewe. Die virus niks anders as al hierdie ander siektes nie. En die dodetal! Ag asseblief! Wil nie eers daaroor praat nie. LAAT ONS AANGAAN MET ONS LEWENS!!!
En VN, as julle so baie te sê het, DOEN DAN ASSEBLIEF IETS VIR ONS. MOENNIE NET PRÁÁT NIE!!!!

PH ·

Kry die regulasiemakers nie einde nie? Een van die dae begin hulle met troeteldiere.
Wat gaan gebeur as NDZ positief getoets word?

Ronel ·

ANC gebruik Covid-19 om baie goed weg te steek. Wanneer jy aan hartaanval sterk kom cobid-19 op die doodsertifikaat.

Willem ·

Sit my in so plek gaan klomp van ons doodgaan sonder covid

Lila ·

Polisiestaat onder die vaanfel van rampbeheer. Outokrasie. Ons het alle Grondwetlike regte verloor. Die Staat is gekaap deu die Bevelsraad. Iemand moet die mag terugneem.

PH ·

Hoe gaan die mense gesond word as hulle gedurig blootgestel word aan ander wat ge-infekteer is?

Okmardom ·

Ek het die reg om myself te verdedig. Mininum geweld sal dit bepaal. My voorstel is om nie by my huis op tedaag nie. Dus bly weg, raak weg, verdwyn net. ANC is nie my regering nie. Ons het nie verteenwoordiger daar nie. Alles moet deur n hof gesê en verduidelik word. Ek wag

Alleen Wolf ·

Stem, hulle moet liewers nie na my huis toe kom of my enigsins probeer intimideer nie, dit kan lelik raak

Snowball ·

Fasaliteite vir die gepeupel (soos die ANC mense tans beskou en behandel) sal op die vlak van Zithabiseni wees, sodat nog geldjies in korrupte sakke kan verdwyn.
Dit sal meer van ‘n doodsvonnis wees as die virus self.

Paul ·

Verstaan nie mooi nie hulle laat mense uit tronke vry om samedromming te vermy maar wil jou nou in kampe in dwing wat is die verskil ?

JM ·

Die ANC klou krampagtig aan al hierdie Covid-maatreëls, wat niks anders as magsmisbruik is nie. Hulle besef dat hulle besig is om steun te verloor en met hierdie onsinnige inperking word hul stalinistiese wil op almal afgedwing.

Jaco ·

Ek dink Ramaphosa ht juis vir NDZOL so baie mag gegee met n rede…ek vermoed hy is besig om die ANC doelbewustelik so te vernietig, en dit werk, want ANC is nou meer onpopuler as ooit tevore, geen president wat lief is vir sy party sal sy stembasis so vernietig nie..n trojan horse in opdrag van die Rupert’s….

Alleen Wolf ·

Moenie ‘n fout maak nie C.R. se people ondersteun hom in sy aksies en sal dit wys in ‘n volgemde verkiesing as dit sou plaasvind

Agge nee ·

Daarom sal ek my nie laat toets nie. Ek gaan liewer by my huis dood as in een of ander hool.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.