Afsnyoperasie by gekaapte geboue in Jhb

Foto van Marshalltown, Johannesburg (Foto: Voguish Trails Media/Unsplash)

Die Stad Johannesburg het Woensdag ’n afsnyoperasie by gekaapte geboue in Jeppestown in die middestad uitgevoer.

Lede van die stad se kragvoorsiener, City Power, gelei deur Jack Sekwaila, burgemeesterskomiteelid vir omgewing en infrastruktuurdienste, en Mgcini Tshwaku, burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, het die operasie uitgevoer.

Die gebied is ’n week gelede tydens ’n afsnyoperasie geteiken, maar die operasie is weens veiligheidsoorwegings opgeskort nadat spanning begin toeneem het.

Volgens Sekwaila skuld gekaapte geboue vir City Power sowat R13,4 miljoen. Een van die geboue was tydens verlede week se operasie ontkoppel en daar is gevind dat dit weer gekoppel is.

“Ons is bekommerd oor die vlak van wanbetaling en diefstal van elektrisiteit reg oor die stad. As die stad het ons ’n teiken van R4,7 miljard wat ons veronderstel is om maandeliks vir dienste in te samel, maar dit gebeur nie. Inwoners het ’n verpligting om vir hul dienste te betaal. Ons gaan nie wanbetalers of onwettige bekomming van dienste duld nie,” het Sekwaila gesê.

“Ons is terug hier in Jeppestown om ’n opvolg te doen en die wet af te dwing nadat ons tegnici verlede week gedreig is. Dit is verkeerd van inwoners om stadsamptenare te dreig wat hul werk doen. Ons gaan hierdie operasies verskerp, veral wat gekaapte geboue betref.”

Tshwaku het gesê die mag van die staat moet seëvier daar waar nie vir dienste betaal word nie.

“Dit is ongehoord dat munisipale amptenare verhinder word om hul werk te doen. Ons kan nie anargie in ons stad toelaat nie en ons sal saam met ander diensdepartemente werk om te verseker dat elke sent ingesamel word. Ons het ingestem om hierdie gekaapte geboue meer te besoek om wet en orde af te dwing,” het Tshwaku gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat die gekaapte geboue in die middestad van Johannesburg vir jare al ’n groot probleem is.

’n Brand wat einde Augustus in ʼn vyfverdiepinggebou in Marshalltown uitgebreek en die lewe van minstens 76 mense geëis het, het weer ʼn debat oor gekaapte geboue en onwettige besetters, asook die behuisingskrisis in die land laat opvlam.

Die stad het ook afsnyoperasies in die Kya Sands- informele nedersetting, Naturena en Midrand uitgevoer.

City Power se waarnemende hoof, Stanley Shabangu, het vroeg Woensdagoggend ’n afsnyoperasie in Midrand gelei.

Die doel van die operasie was om R13,9 miljoen se skuld in te samel, onder meer van ’n meenthuiskompleks met skuld van net meer as R5 miljoen.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, sê die operasie vorm deel van die kragvoorsiener se aggressiewe pogings om inkomste-invordering te verhoog en betaling af te dwing vir dienste wat verbruik word. Die entiteit word meer as R300 miljoen deur sake-ondernemings en individue in Midrand alleen geskuld.

“Van die klante op wie City Power toegeslaan het, is ’n sakekompleks in Erand Gardens, wat City Power R1,5 miljoen skuld, ’n eiendom in Halfway House met ’n uitstaande rekening van R1,2 miljoen, en ’n sake-onderneming in Longmeadow met skuld van R1 miljoen,” bevestig Mangena.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Sny sommer die ANC-leiers se water en ligte ook af. Dit was en is die ANC wat oor dekades ‘n kultuur van burgerlike ongehoorsaamheid in Suid-Afrika gevestig het. “The chickens have come back home to roost”. Intussen hou Ramaphosa homself hoogheilig op internationale verhoë met edele aanbiedinge.

Anel ·

As hulle gedeeltes kan sny met beurtkrag, sonder om die omgewing te besoek, hoekom nie nou ook nie. Dan word niemand se lewe in gevaar gestel nie. As hulle dan slegs kan ontkoppel, doen dit op ‘n manier wat slegs deur die elekrtisiteitdepartement weer gekoppel kan word. Maar die anc het mos alles gratis belowe. So hoe verwag hulle mense moet nou betaal? En ek verstaan nie hoe is die wie ook al se probleem om vir iemand van behuising te voorsien nie. Dis omdat dit so lekker gaan hier dat hier soveel misdaad is. Elkeen maak en breek soos hy wil! Gaan probeer dit nou doen in ‘n land soos Botswana!!!

Mel84 ·

Hoe kom dit by ‘skuld 5 miljoen’???
Die munisipaliteit het EEN maand my betaling van weining R900 verkeerd allokeer en my krag is afgesny op ‘n Vrydag.. Kon dit die Maandag eers weer koppel – en dit na ek ‘n bewys van betaling kon lewer. Ek verstaan dit nie. ONBEVOEG is al woord wat opkom.

Shakespeare ·

Dis Afrika mense. So gemaak en gelaat staan. GEEN lig in die tonnel behalwe dat God self intree. Dis ons ENIGSTE hoop.

Owlie ·

1 Wat is die rede dat munisipale skuld so hoog kan oploop – as ons gewone mense mu isipale skuld het word alle dienste op geskort
2 wat is die rede dat onwettige koppelings soveel jare toe grlaat is en nou wil almal vingers wys
3 wat is die rede dat gekaapte geboue met krag sit
4 Hou n slag op met ander blameer en doen jul werk waarvoor julle baie groot salarisse ontvang
5 Die ANC het al hierdie mense na SA gebring om stemme te werf nou gooi hulle hul kuikens qeg en trek skouers op

Casper ·

Wat my warm onder die kraag maak is dat 90% van diegene wat geboue kaap uitlanders is wat hulle self onwettig in die land bevind en vandaar misdade pleeg.Hulke is nie geregtig op behuising nie en hoort in vlugteling kampe.

ES ·

Casper, hulle hoort nie eers in vlugteling kampe nie – hulle moet summier teruggestuur word na hul eie lande.

Impact ·

Ek wonder net hoe baie van julle kaders betaal enigsins vir enige dienste………julle mos nie bekend vir betaal nie, net gebruik, opgebruik en staan dan bakhand vir nog meer

ES ·

Hierdie is ‘n monster wat die ANC geskep het, en nou het dit hul beheer ontgroei. Gaan kyk hoe lyk dit in al die ander korrup Afrika lande. Jy kan hulle krag sny, maar hulle sal vanaf Koeberg ‘n onwettige draad aanle tot in JHB om hul onwettige kragkoppeling te maak. As julle dink julle gaan hul keer, dan maak julle ‘n helse fout.

Die enigste oplossing is om ongedokumenteerde mense terug te stuur na hul eie land. Vlugtelingkampe se bas! Dan wonder almal hoekom daar xenophobie is….

Di ·

Nee wat hulle het hierdie diewe te lank laat wegkom daarmee, hulle SAL NIE betaal nie! Hulle moes reg van die begin af drastiese stappe geneem het. Die spul dink nou dis hulle REG om vir NIKS te betaal nie dis hoekom die kraglading te hoog is, MILJOENE onwettige verbindings en immigrante

Andrew ·

Kan maar daai hele middestad se ligte af sit. Daar is nie meer besighede oor nie en is net een groot afrika hool nes.

Dolla1961 ·

Hulle kan “loadshedding” doen en die krag afsit, hoekom is dit ‘n probleem om daardie gedeelte se krag af te sit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.