Agtjarige seun skok dood

(Foto: SA Polisie)

ʼn Agtjarige seun is doodgeskok nadat hy op ʼn lewendige kragdraad getrap het.

Die seun en ʼn maatjie het omstreeks 16:00 Saterdag in bosse by Kingstown buite Despatch gespeel toe die voorval plaasgevind het.

Volgens kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, het gemeenskapslede skielik ʼn gil gehoor en gesien hoe ʼn kind uit die bosse gehardloop kom.

“Die kind het gesê dat die seun op ʼn kragdraad getrap en geskok het. Die seun is na ʼn hospitaal geneem, maar is kort daarna dood verklaar.”

Swart het gesê die kind se naam sal bekend gemaak word sodra hy amptelik uitgeken is. Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Adri ·

Laat ‘n mens wonder hoekom die draad nie geïsoleer was nie. Die skuldige moet aangekla word van manslag en diefstal.

Annelize ·

Die onskuldige slagoffer van kragdiefstal, onwettige konneksie dalk?

Werner ·

Daar word nie meer ambagsmanne opgelei wat bekwaam is nie dit gee die opgeleide ambagsmanne n slegte naam manslag en poging tot moord sal n goeie begin wees en kabeldiewe moet swaarder strawwe kry saam hulle kingpin

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.