Amerikaanse minister veroordeel grondonteiening  

Ethiopië (Foto: Pixabay)

Mike Pompeo, Amerikaanse minister van buitelandse sake, het hom sterk uitgespreek teen grondonteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika.

Pompeo het Dinsdag ʼn toespraak in Addis Abeba gelewer tydens sy eerste besoek aan Afrika suid van die Sahara.

“Ons almal wil dieselfde hê; vryheid om te doen wat ons wil doen en sekerheid vir ons en ons families. Hierdie is ʼn probleem wat regeringsgeld nie gaan oplos nie,” het Pompeo gesê.

“Suid-Afrika is tans besig om veranderinge aan die wet te debatteer wat grondonteiening sonder vergoeding sal toelaat. Dit sal absoluut katastrofaal vir die Suid-Afrikaanse ekonomie en die mense van die land wees,” sê Pompeo.

Hy het daarop gewys dat sosialistiese planne nie daarin geslaag het om die mense van Afrika ekonomies te bevry nie, met verwysing na die swak ekonomiese toestand in Zimbabwe. “Die basiese vereistes vir inklusiewe, volhoubare ekonomiese bevryding is respek vir eiendomsregte, regulasies wat buitelandse beleggings aanmoedig en ʼn regering wat sy eie mense respekteer.”

Hy het gesê die VSA wil graag in Afrika belê en is bereid om bystand te bied, “maar dan moet Afrika-leiers stabiele, korrupsievrye omgewings skep. Met die regte beleid glo ons dat ware ekonomiese bevryding moontlik sal wees,” sê Pompeo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Werner ·

Wel as hulle gaan wag vir n stabiele en korrupsievrye omgewing gaan hulle nooit belê nie twee goed wat vir hierdie lot onmoontlik is

Aai ·

Ek het Maandag terug gevlieg van die VSA mense doen julle self ‘n guns en gaan kyk hoe lewe mense wat vryheid het in hulle eieland daar word gelewe nie soos hier ons kruip weg in ons eie land.Maar dit is presies wat die ANC wil he dat iemand vir hulle se dit gaan nie werk,nou gaan hulle dit instel en wanneer dit nie gaan werk gaan hulle,hulle handjies bakkie hou vir geld van die VSA.

Chris ·

Ek hoor wat die ander lande nou skielik te sê het. Is dit nie hulle wat gehelp het dat die land in die situasie is wat dit tans is nie. Is dit nie die VSA, Europese en Skandinawiese lande wat die vorige regering se ekonomie deur sanksies en boikotte byna tot stilstand gedwing het nie. Te min te laat mnre. Te min te laat. Doen dieselfde met die huidige regime as wat julle met die vorige gedoen het. Huigelaars. Tweegatjakkalse.

Leon ·

Ek sal hom nie glo nie. Die Amerikaanse politici is tweegat jakkalse. Hulle oggend en aand praatjies stem nie ooreen nie. Het gesien met die bosoorlog. Ons in die ruggesteek net om die olie en diamante te kry van Angola. More sê hy net die teenoorgestelde.

Kokkie ·

Tenminste het hy die spyker op die kop geslaan en die vinger op die probleem gelê…….iets wat ons regering en die EEF glad nie kan begryp nie.

Louise ·

NIKS gaan verander in die land nie… HULLE kon niks in Zimbabwe destyds doen nie. wat gaan hule vir ons doen, wat maak SA beter! ons gaan in ons eie lot oorgelaat word. hier is NIE hoop vir die land nie.
Korupsie gaan nooooooit stop nie.
ek verstom myself dat mense nog dink dinge gaan omdraai.

JM ·

Die ANC-regering is soos ‘n trein sonder remme wat voortjaag na die afgrond. Hulle steur hulle nie aan enige raad van – volgens hulle – die kolonialiste nie. Tipies Afrika.

Nie Verbaas ·

En daar, ANC, het julle dit nou gehoor van n intilligente bron!

Niklaas ·

Hy het ‘n paar waar woorde daar geuiter. Hoop iemand in parlement skenk aandag daaraan , maar mens twyfel maar .

andre ·

Mense is onnodig negatief ,ten minste weet ons nou dat die VSA regering agterkom wat hier aangaan .Self in Europese lande begin die waarheid oor SA uitlek ten speite van die regering se pogings on leuens te versprei.

Sokrates ·

Hou moed! Onthou Harold Macmillan se toespraak in Kaapstad in 1960: “The winds of change is blowing through this continent. Whether we like it or not, the growth of national consciousness is a political fact”. Toe was die regering van die dag uit pas uit met die veranderende tydsgees wat soos n magtige golf oor die westerse wêreld aan’t beweeg was….. Nou het die wiel egter verder gedraai, en weereens is daar n ander en n nuwe tydsgees wat oor die westerse wêreld spoel……. Hierdie keer mag dit die huidige SA regering wees wat uutvind dat hul die tekens nie reg gelees het nie. Dat die sentiment aan’t draai is………. Die wiel draai stadig, maar hy bly draai……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.