Amplats wil duisende in SA aflê

Amplats se geboue in Johannesburg. (Foto: Anglo American-webtuiste)

Die mynreus Anglo American Platinum (Amplats) het Maandag gesê hy beplan om duisende mense in Suid-Afrika af te lê soos die maatskappy onder lae metaalpryse steier.

ʼn Herstruktureringsproses is reeds aan die gang wat 3 700 Amplats-werknemers sal raak. Dit is ongeveer 17% van die maatskappy se arbeidsmag.

Dié proses is begin nadat Amplats se wins in 2023 met 71% vergeleke die vorige jaar getuimel het.

Die afleggings raak ʼn baie belangrike sektor in Suid-Afrika en kan volgens kenners, veral in aanloop tot die nasionale verkiesing vanjaar, die ANC-regering in ʼn slegte lig stel. Die land se werkloosheidsyfer is reeds hemelhoog en ekonomiese groei uiters swak.

Craig Miller, uitvoerende hoof van Amplats, sê die besluit is as ’n “laaste uitweg” geneem nadat verskeie ander kostebesparingsinisiatiewe reeds ingestel is.

“Gegewe die markvooruitsigte en uitgerekte laeprys-omgewing weens strukturele veranderinge in ons markte, is verdere maatreëls nodig om die veerkragtigheid te bou wat hierdie maatskappy sal onderhou,” het hy gesê.

Die kontrakte van 620 diensverskaffers moet ook as deel van die herstruktureringsproses hersien word, wat beraadslaging met vakbonde behels.

Die mynbousektor het honderde duisende mense in Suid-Afrika in diens, en is die grootste uitvoerder van platinum, asook ’n groot uitvoerder van goud, diamante, steenkool en ander grondstowwe.

Dié sektor is verantwoordelik vir sowat 7% van die land se ekonomiese uitset.

Suid-Afrika se werkloosheidsyfer staan tans op 32% en is ʼn belangrike politieke kwessie wat na verwagting ʼn invloed sal hê wanneer kiesers vanjaar hul kruisies by stembusse trek.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

SA se ekonomiese struktuur is veroudererd en uitgelewer aan beide interne en eksterne faktore. Die regime is clueless en intussen ontvang top bestuurders reuse bonusse, veral dié in mynbou. Die revolusie kom nader.

Delia ·

Presies Seef en R in die WK?? Geld. Die wins is nou te min, maar die base leef in totale weelde

Nicky ·

Ek sal maar net se mooi gese Seef, as ek iets anders se soos nou haal MM my kommentaar mos af maar ek sal eerder dit se wat ek wil se op FB

Wielspore ·

As ek na my betaalstaat kyk kan ek ‘n bestaan maak volgens my Gross inkomste, sodra die verpligte aftrekking gemaak word (geen skuld) dan kry ek omtrent 63% van my Gross inkoste uit as Nett inkomste. dit is ‘n nagmerrie.

Johan ·

Een ding van die ANC is dat hul, hul mylpale bereik en daarby bly, een daarvan is ” constant pressure from violence and economic uncertainty”, viva.

Andries ·

Vir elke persoon wat afgelê word moet die direkteure en top bestuur 1% van hul salaris verbeur. Sien hoe gou maak hul dan ‘n plan om die werkers te behou.

Jacobus ·

By herhaling en die gevaar om weer “aangespreek” te word deur die redakt – die groot wit elektriese olifant bedreig alle mynbou aktiwiteite . Die probleem is dat geld reeds gemaak is en winste krimp. So verlaat almal stadig die sinkende skip!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.