ANC-beleidskonferensie: Opsystaan-reël, nasionalisering van Reserwebank en onteiening  

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Die ANC se opsystaan-reël sal bly geld en daar sal voortgegaan word met pogings om die Reserwebank te nasionaliseer en om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

Só het pres. Cyril Ramaphosa Sondag in sy afsluitingstoespraak op die ANC se nasionale beleidskonferensie gesê.

“Hierdie konferensie het duideliker as ooit tevore ons gemeenskaplike verbintenis getoon om ons organisasie van faksiegevegte, patronaatskap en korrupsie te bevry, en om te herbou en te vernuwe.”

Volgens Ramaphosa was daar oorweldigende steun vir die behoud van die opsystaan-reël om die integriteit van die organisasie en sy leierskap te verbeter. Hiervolgens moet diegene wat van ernstige misdade aangekla word, opsy staan.

Daar is egter kommer oor die vermeende gebrek aan konsekwentheid in die toepassing en implementering van dié beleid. “Daar is ooreengekom dat dit dringend aandag moet geniet sodat die toepassing van die riglyne onpartydig, regverdig en konsekwent is.”

Daar is ʼn beroep gedoen dat die staat versterk word, dat ondernemings in staatsbesit gestabiliseer, herstruktureer en effektief in staat gestel word om inklusiewe ekonomiese groei en maatskaplike ontwikkeling te dryf.

“Ons moet beskikbare middele, insluitend die nuwe onteieningswetsontwerp, gebruik om grondherverdeling te versnel.

“Die beleidskonferensie het ook weer eens kennis geneem van die historiese anomalie van private eienaarskap van die Suid-Afrikaanse Reserwebank en herbevestig die 54ste Nasionale Konferensie-resolusie dat die bank ten volle deur die staat besit moet word.

“Afgevaardigdes het die ANC-regering aangemoedig om meganismes te vind om die eienaarskapstruktuur te herstruktureer op ʼn wyse en teen ʼn tempo wat rekening hou met die waarskynlike koste-implikasies vir die fiskus.

“Afgevaardigdes het ook aangedring dat die proses vir die stigting van ʼn staatsbank versnel word.”

Rakende die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping se bevindings het Ramaphosa gesê die ANC dring daarop aan dat die bevindings en aanbevelings van die verslag die basis vorm van ʼn gemeenskapswye poging om korrupsie in al sy vorme aan te pak.

Ramaphosa het gesê daar is tydens die konferensie ʼn reeks beleidsvoorstelle ontwikkel oor hoe die ANC sy “revolusionêre doelwitte” kan bereik.

“Van die bestaande beleid is bevestig, ander is verfyn en sommige is verander. Hierdie beleidsvoorstelle sal nou na die strukture van ons beweging gaan vir verdere debat voordat dit tydens ons 55ste nasionale konferensie op die agenda geplaas sal word vir oorweging en aanvaarding.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Watsenaam ·

Wat is nuut? Hierdie bly maar baantjies vir boeties. Ek voorspel van al die ge-blah blah blah gaan daar dadels kom

Jr ·

Aagh gaan vlieg n kite onnosele govt. Reserwe bank moet aan die staat hoort, sodat ons ” grubby little fingers” dit kan plunder. SA HET N KOMMUNISTIESE GOVT OOR EN UIT

annie ·

Die opsystaanreël is baie belangrik vir CR want sodoende is sy kanse beter om na Desember aan te bly. Dit word nie hardop gesê nie, maar die swart stamme begin teen mekaar meeding om leierskap met die Zoeloes wat erg gebelg is dat Zuma en sy entourage agtergeblewe raak en so is die Oos-Kaapse Ace & kie ook aan’t wroeg oordat die glo Venda-gebore $yril botoon voer. Waar was die vise-president uit die mango-Oos-Transvaal/Mosambiekgrens dié naweek? Ook weer Covid opgedoen?

Kokerboom ·

Die ANC MOET NOU opsystaan!!! Ons gaan hul NIE verder verdra!!

Waarnemer ·

1)Sal squirrel ook opsy staan asb na aanleiding van die debakel rakende die $4 mijard in Phala-Phala?
2)Onteiening wkrd weer ter slrake om stemme te werf vir 2024.
3)As die reserwe bank genssiinaliseer word gaan die SA Rand minder werd wees as Zim dollar.

Jaco ·

Wanneer besluit hulle om alle wit Suid-Afrikaners na Europa, Amerika en elders te deporteer? Met regstellende aksie en BEE reeds in volle swang is ons belastinggeld nie meer belangrik nie. Voeg radikale ekonomiese transformasie en onteiening sonder vergoeding bimne die volgende 2 jaar by, dan is daar regtig nie meer nut vir wit mense in SA nie. Eerlikwaar, deporteer my. Dis reg so. Eks ten volle bereid om met heeltemal niks in ‘n ander land te begin. Ten minste tel meriete, opleiding en ondervinding in Europa, Amerika, Kanada en Australië. Ras is onbelangrik daar. En as bonus is daardie lande sonder nonsens soos beurtkrag, swak vuil staatshospitale, min of geen munisipale dienslewering en en en.

JuanRe ·

Presies Jaco!!! Dan word ons wat emigreer as verraaiers uitgekryt maar op die stadium begin ek eerder oor in ‘n ander land eerder as om oor die gemors te worry. Vlieg darem Desember Kanada toe.

Republikein in die Wes Kaap ·

Duitsland benodig 5 miljoen mense met vaardighede oor die volgende 10 jaar om hul ekonomie aan die gang te hou. Verskeie ander EU lande is in dieselfde situasie. Selfs Rusland het probleme. Hier sal die ANC eers al jou geld vat en dan as ‘n armlastige elders gaan dump.

Danie ·

Cyril. We are not going to be sitting ducks like the Zimbabwe Farmers.

Hans ·

Is ANC rugbyspelers met al hul politieke systappe?
50/50 skole? Wat van hordes township skole wat swart buitelandse skoliere het? Gedwonge integrasie deur staat, is element van volksmoord!

Pieter ·

As julle die reserwe bank oorvat gaa daai masjiene oortyd werk om geld te print vir al die kaders :) , ou CR jou missie is om SA te sink en jy sal alles in jou vermoee doe om dit reg te kry.

Good luck met die grondonteiening sonder vergoeding, daar kan ek jou belowe gaan jy jou rieme styf vasloop.

Papsak ·

Hulle nou maar net nie ore nie hulle krap orals waar dit nie jeuk nie hulle kry net nie genoeg geskep nie weet jy

Harley Davidson ·

Nou wat is ontein sonder vergoeding dit is diefstal

JuanRe ·

Dan raak mense ongeskik met my en my vrou oordat ons emigreer? Dankie tog ons vlieg Desember Kanada toe. Mense het nie hierdie worries ook nog in jou lewe nodig nie.

domheks ·

ou cyrell woeker om stemme te probeer kry. heheheheh ‘ tooooo little tooooo late!’

Harley Davidson ·

Ramaposa is so finansiël sterk hy kan miljoene VSA dollars in sy matrasse wegsteek hoekom is hy bang om die ANC leierskap te verloor en kies hy om die verkeerde dinge te doen om guns te wen .

Chris ·

Dis seker van die laaste spykers in hierdie geplunderde land se doodskis.
Mag hulle skelm planne tot niks kom en kiesers hulle grys stof gebruik om die verterende kanker uit te stem.

philippus ·

Nee wat, die sotte het niks geleer nie. Die land gaan finaal val as jy die reserwe bank en aan grond vat.

Geert ·

Maar dan moet feitlik die hele ANC op sy staan, lyk nie juis of daar iemand is wat nie plunder nie.

Esme ·

‘n Kongres wat net die verkeerde boodskap vir ons, as Suid-Afrikaners, uitdra. Slegs die ANC, hulle beleid, hulle voordeel, hulle NWO ondersteuning en geen waardering vir die man op straat – die man wat werk, die individu wat die land gebou het nie.
Mnr President, jy het voeling met jou mense verloor – veral daardie werkloses wat by my heining kom bedel vir kos, klere en blyplek.

Republikein in die Wes Kaap ·

Vergeet die meneer, noem hom net Ramaphosa.

Annette ·

Verwoesting, verwoesting, verwoesting… Wat meer wil hulle opmors in hierdie land?

marius ·

Pateet . Voer maar vir jou volk modder koekies terwyl jy jou sitkamer banke bewonder .

Swerwer ·

Nasionalisering van Reserwebank en onteiening …………………………genade maar die Kommunis sorg vir mekaar, as die Nasionalisering van Reserwebank en onteiening klaar gedoen is deur die Kommuniste is daar niks oor nie dan is dit net ‘n 2 de Zimbabwe wat ons in die gesig staar. Dat die Komministe nou so horende doof en siendende blind kan wees. Wys maar net………………………….

Manie ·

Nasionalisering van die Reserwebank beteken hulle glo hulle kan net meer note druk, dan is die probleem opgelos en is daar genoeg geld vir almal. Onteiening sonder vergoeding is weer net stemkopery, almal gaan skielik volgende jaar grond hê. Opsystaan reël beteken vir hulle net dat die een steler moet opsystaan sodat die volgende steler vinnig kan verbykom tot voor in die ry.

Henry ·

Die kommuniste wil alles beheer. Alles moet aan die staat behoort. Soos in zimbabwe en wat het daar gebeur. Papier geld wat 10 000 000 000 gedruk is. Geen waarde nie inflasie koers500 plus persent. Hulle is bankrot behalwe die leiers daarom wil hulle hierna toe kom om ons mense van hulle werk te beroof. Die anc leiers het almal mijoeners geword daarom wil hulle nie die beheer oorgee nie.

Pietertjie ·

Dieselfde deuntjie, dieselfde wysie. Net die sanger verander elke paar keer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.