ANC hoogs verdeeld oor OB

ANC-se-vlag-deur-ANA

(Argieffoto: ANA)

Pemmy Majodina, ANC-hoofsweep in die parlement, se mediaverklaring Saterdag oor die openbare beskermer staan voluit in die teken dat die hare gewaai het tydens ʼn koukusvergadering oor hoe om die kwessiete hanteer.

Maroela Media het vroeër berig Majodina het Saterdag gesê die party het nog nie besluit of sy parlementêre koukus vir of teen die verwydering van adv. Busisiwe Mkhwebane as openbare beskermer sal stem nie. Die party het onderneem om voluit deel te neem aan die proses om bestek op te neem van haar werk en toekoms.

Die DA-hoofsweep, Natasha Mazzone, het die proses om Mkhwebane moontlik verwyder te kry, aan die gang gesit.

Majodina se lang en versigtig bewoorde mediaverklaring laat blyk dat die detail op die punt is om op skadelike wyse uit te lek en dat die ANC solank skadebeheer doen.

Die proses is dat ‘n paneel regslui moet besluit of daar ‘n prima facie-saak teen Mkhwebane is. Dan moet ‘n veelparty parlementêre ad hoc-komitee die getuienis oorweeg en ‘n aanbeveling maak. Daarna moet die Nasionale Vergadering stem oor of Mkhwebane kan aanbly en of sy verwyder word.

Nadat ‘n paneel onafhanklike en vooraanstaande regslui hierdie week op grond van die ingediende getuienis besluit het daar is genoegsame geldige inhoud in die klagtes dat die parlement kan voortgaan met die proses om te bepaal of Mkhwebane in haar pos moet aanbly of daaruit verwyder word, het die ANC-koukus dit hierdie week bespreek.

Die ANC is egter hoogs verdeeld oor hoe om die kwessie te hanteer. Aan die een kant is daar ‘n groep wat meen die kwessie moet bloot op meriete en die beskikbare getuienis hanteer word, en ‘n besluit oor Mkhwebane moet aan die hand daarvan geneem word.

Aangesien die ANC-koukus uiteindelik glad nie sal besluit hoe hulle moet stem oor die saak nie (die ANC-koukus kry instruksies van die ANC-hoofkwartier by Luthuli-huis oor hoe om rakende elke kwessie te stem en moet dit volg, sonder eie denke of voorkeur) is so ‘n uitkyk raaiselagtig.

‘n Tweede groep meen reeds die ANC moet teen Mkhwebane se verwydering stem. Die mees uitgesproke lid van dié groep is die party se sekretaris-generaal, Ace Magashule, wat in die openbaar verklaar het omdat Mazzone die proses geïnisieer het, moet die ANC in elk geval daarteen stem want hy meen die ANC moet nie die DA steun nie.

‘n Derde groep in die ANC meen Mkhwebane is ‘n onbekwame verleentheid wat uit haar pos verwyder moet word. Dit sluit verskeie hegte vertrouelinge van pres. Cyril Ramaphosa in.

Majodina se mediaverklaring begin met ‘n lang en deeglike uiteensetting van die parlementêre proses, en sy repudieer dan indirek vir Magashule deur te sê dit is nie ‘n DA-proses nie, en dat die ANC nog nie besluit het hoe om te stem oor hierdie kwessie nie.

In ‘n duidelike bevegting van die persepsie wat die Magashule-groep probeer skep dat Mkhwebane onregverdig geteiken word, het Majodina uitgewys dat die openbare beskermer ten volle die geleentheid sal hê om haar kant van die saak aan die ad hoc-komitee te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Adri ·

Daar makeer ‘n woord in die eerste sin. Kom ons vertrou dat die ANC hierdie keer gaan besef dat kaderbeskerming hulle straks duur te staan gaan kom.

Jack ·

Dis nie korrek dat die ANC deurgaans besluitloos is nie. Wanneer ‘n besluit blankes kan benadeel is hulle baie vinnig en beslis wat so iets betref. Gaan kyk maar na all die verwyte en veroodelings wat dikwels geneem word. nog voordat die feite vasgestel is. Hulle is slegs besluitloos as dit hulle eie onbevoegdheid raak en hulle van hulle eie mense moeta anspreek. Dis baie pynlik want dit is iets wat hulle nie wil erken nie.

Kokerboom ·

So ‘n kwessie oor OB verwydering..mens sou sweer dis die President!!!
Wil NIKS weet van die klomp regime narre insluitend hul president!

Anton ·

Ek het ‘n mentor gehad wat my geleer het: Not deciding is deciding to do nothing

gatgogga ·

Hier het Ace nou iets erken wat ons laat verstaan hoekom ons so agter geraak het: die ANC sal nie enigiets aanvaar wat nie hulle eie idee was nie. Dit verklaar alles.
Want, die ANC beskik nie oor noemenswaaedige IK’s nie, dus kom die beste idees oor hoe om die land te regeer meestal van buite die ANC. Maar die ANC sal so-iets uit beginsel nie ondesteun nie.
Ons vermoed dit al lankal, maar nou is dit vir ons on die openbaar bevestig.

Strandloper ·

Snaaks hoe vinnig hulle verdeeld raak oor geregtelikheid…..tog stem hulle saam in alles wat die wit man kan benadeel en self veryking sonder om n oog te knip.

Okmardom ·

Wat is die verskil tussen kaderontplooing en kaderbesmetting??

Neestemmer ·

Regte oplossing sou wees as die 10 miljoen idiote wat vir die ANC stem elke 5 jaar, sou besluit om die ANC af te dank…..

Johanna ·

Magashule se groep sien niks verkeerd met VERKEERD nie.. Net soos hulle Zuma beskerm en Ace gaan beskerm.

Mariana ·

Sy moet gaan ja, sy is nie in staat om haar pligte uit te voer nie. Maar in die ANC is dit mos in elk geval nie ‘n probleem nie. Sy hoort nie in daai pos nie.

Jacobus ·

Klink soos Empire Strikes Back. Saam met die berig dat Duduzane Zuma wil politiek toe is dit onrusbarende gerugte . Die Vader help ons!

Anders ·

Die verstandige siening dat die Openbare beskermer se verwydering uit haar pos bloot op meriete hanteer moet word, soos van volwasse verteenwoordigers van die kieserskorps ten regte verwag kan word, is logies en maak sin. Maar om en bloc daarteen te stem, bloot omdat die ondersoek deur die DP ge-inisieer is, skreeu ten hemele. Eish! Kiesers wat hul met so ‘n siening assosieer moet nie kleinserig wees as hul intellektuele keuses en integriteit onder skoot kom nie. Wat dan van die vele regsbankuitsprake oor sake rakende die OB se geskiktheid vir haar pos?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.