ANC in Gauteng, Lesufi kap terug oor veldtog

Panyaza Lesufi. Foto: Mia Slabbert

Die ANC in Gauteng het in die bresse getree vir Panyaza Lesufi nadat AfriForum met ʼn veldtog begin het om die provinsiale LUR vir onderwys se afdanking te eis.

Lesufi het ook op AfriForum se veldtog gereageer. “Die struggle duur voort. Ons sonde is om na al ons kinders om te sien sodat hulle toegang tot kwaliteitonderwys het. Al ons skole behoort aan al ons kinders,” het Lesufi getwiet.

AfriForum het Donderdag ’n memorandum aan David Makhura, Gautengse premier, oorhandig waarin Lesufi se kop geëis word. Strafregtelike klagte oor wanbesteding is ook teen Edward Mosuwe, hoof van die Gautengse onderwysdepartement, by die SAPD ingedien.

Lesufi het verder gereageer deur te sê rassisme moenie met rassisme beveg word nie. “Beveg rassisme met nierassigheid. Ons is trots daarop om ʼn nierassige samelewing te bou wat die behoefte raaksien om ten alle tye vir die armes en weerloses te sorg.”

Die ANC in Gauteng het gesê AfriForum se veldtog teen Lesufi is rasgedrewe, ondeurdag en verkeerd. “Dit is niks anders as ʼn desperate poging om transformasie ten alle koste teen te staan nie,” het Bones Modise, woordvoerder van die ANC in Gauteng, gesê.

Volgens Modise is dit geen geheim dat AfriForum ʼn Afrikaner nasionalistiese groep is wat hoofsaaklik bestaan om die nalatenskap van ons verdeelde verlede te beskerm nie.

Ons is bewus daarvan dat Lesufi ʼn teiken is vir diegene wat gekant is teen verandering in die samelewing, veral in die lig van sy werk om transformasie in die basiese onderwyssektor te weeg te bring.

Modise meen Lesufi kom veral onder skoot omdat hy ʼn beroep doen dat skole wat uitsluitlik vir Afrikaanssprekendes toeganklik was, meer akkommoderend moet wees vir nie-Afrikaanssprekende leerders.

“Ons doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om diegene wat ons kollektiewe pogings wil ondermyn om vir ons kinders onderwys te gee wat hulle bevry van die gebondenheid van ons hartseer verdeelde verlede wat deur die meerderheid Suid-Afrikaners verwerp is, te isoleer.”

Henk Maree en Carien Bloem voor die kantore van die Gautengse departement van onderwys, (Foto: Alet Rademeyer)

Henk Maree, woordvoerder van AfriForum, het vroeër gesê dit is ’n skande dat premier Makhura toelaat dat Lesufi steeds sy amp beklee ondanks die skade wat hy die Gautengse onderwysstelsel en verhoudinge in die land reeds aangedoen het.

“Die skooltoelatingsproses is chaoties en hy aanvaar nie aanspreeklikheid vir sy aandeel daaraan nie ‒ inteendeel, sy jongste aankondigings van sogenaamde oplossings vererger die situasie net verder,” sê Maree.

Die VF Plus en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge het ook al die Openbare Beskermer gevra om die skoolplasingstelsel te ondersoek.

Monique Taute, hoof van die teenkorrupsie-eenheid by AfriForum, sê die ouditeur-generaal se 2017-’18-verslag het bevind meer as R900 miljoen se onreëlmatige uitgawes die afgelope boekjaar deur die Gautengse onderwysdepartement aangegaan is.

Verskeie van AfriForum se afdelings staan gereed om met regstappe teen Lesufi te begin.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

potlood ·

Sonder die ouers se skoolfooie sal die skole tot n stilstand kom en dit is ons reg om te betoog teen onregverdigheid ons brand en vernietig nie maar dwing die regering om met afriforum te onderhandel en as Lezufi in die slag bly dan se ek good ridden

Bekommerd ·

Probleem is,volgens die wet is skoolfooie afdwingbaar.Ja,ek stem,ons mede landsburgers steur hulle nie aan wette nie maar ons weet ook dat daar twee stelle reels/wette is.

Riaan ·

Afriforum doen dinge volgens die boek. Nou is hulle rassiste. Lesufi is een van die grootste rassiste. Hulle praat van sy WERK wat hy doen. Al van hom wat werk is sy maag.
Kry hulle nie die boodskap nie. Ons kinders brand nie die skool af as hulle kwaad word vir die plaaslike ANC munisipaliteit nie.
Ons doen dinge eenvoudig nie op dieselfde manier nie

Kerneels ·

Cliché raak nou rêrig afgesaag: “Dis rassisme!” Sodra daar op politici se tone getrap word oor veral swak dienslewering en hulle in ‘n hoek gedryf word, wil hulle die rassisme-kaart speel.

Db ·

Nee wese dit gaan nie hier oor ras nie maar oor jou onbevoegdheid om jou werk ordentlik te doen.

Petrus ·

Werk vir afstigting. Dié wat agterbly kan die ANC getrou dien en sien hoe SA terugbeweeg na die steentydperk.

Asjas ·

En as jy nie net kan oppak en gaan bly waar ookal julle wil afstig nie? Ek baklei dan liewer dapper voort vir dit wat ek hier opgebou het as om soos ‘n lafhard die maklike pad te kies en weg te hardloop vir probleme.

Neels ·

Nou bly as jy wil. Moet net nie mense wat alternatiewe soek lafharde noem nie. Daai tyd is lankal verby.

Frik ·

Jy moet eerder bly waar jy is en baklei vir dit wat jy opgebou het, Asjas. Selfbeskikking sal nie vir jou werk nie. Vir my sal dit wel werk.

AB ·

Vir hulle gaan nie-rassigheid om na slegs een ras se belange om te sien. Hulle gee nie om vir ander rasse se taal, kultuur of regte nie. Om die minderheid so te beveg en te wil verdryf is seker die ergste vorm van rasisme! Dit is nog altyd hulle agenda om die blanke te teiken!

Catherine ·

Almal moet ietsie probeer bydra om Akademie te help voortbou. Díe wat altyd so ruimtelik vir universiteite bygedra het, kan nou vir Akademie help. Ons mense is nou meer as ooit desperaat. Who wants their children to have gutter education?

Sharon Bronkhorst ·

Wanneer gaan die lot ophou ‘struggle’!!! Goeie aarde! Ek is seker die eerste woord wat vir die babatjies geleer word is ‘struggle’!!!!

Disselboom ·

Dit kan goed wees as die CVO-skole meer leerlinge kry, maar die geskiedenis van die afgelope drie dekades en die optrede van Afrikaners self wys ongelukkig ‘n halstarrige onbereidheid om die staatskole te verlaat. Finansies speel ‘n rol, maar selfs al gaan net so 3 of 4% (daar moet wees wat alternatiewe onderwys kan bekostig) van die duisende Afrikaner-gesinne oor na CVO-skole, kan dit die skaal swaai dat eie skole skielik baie meer haalbaar word. Maar moenie hoë verwagtinge hê dat daar ‘n dapper en vooruitsiende volk is nie.

Oud CVO ouer ·

Om ‘n CVO ouer te wees is nogal harde werk. skoolgeboue moet onderhou word, tree op as afrigters, beamptes by sportbyeenkomstes, fonds insameling. Onthou by openbare skole (sg staatskole) betaal die staat die onderwysers sesalaris/medies/pensioen en skoolfonds gaan na die geboue en beheerraad onderwysers. By CVO skole gaan geld om die onderwysers te betaal en so ook die terrein. Die onderwysers kry net salaris en geen byvoordele en is dus gewoonlik afgetrede onderwysers. Baie geld moet nog in die see loop vir die CVO skole.

Kolle ·

Lesufi voel baie goed oor al die aandag en is nou meer as ooit aangevuur dat hy die ‘regte’ ding doen. Groot held onder die maatjies. Interessant dat toeka se struggle mense aan die dun kant was. Vandag se helde is vet en uitgevreet waar hulle sit en struggle op sosiale media.

JohanL ·

Interessant dat Lesufi in Midrand woon (klipgooi van ‘n gholflandgoed) maar sy kinders gaan skool in Pretoria langs Loftus. So hy kan alte lekker kies waar sy kinders skoolgaan.

Die ANC se verklarings raak afgesaag met hul holgeryde rympies van “hartseer verlede” ensovoorts. Die ongelukkige feit is as mens die nuus dophou, dat soos alles nou op die lappe kom, dit duidelik is dat die meerderheid top ANC politici baie, baie twyfelagtige dinge het wat nou uitkom. Duidelik gaan dit by hulle oor mag en geld en hulle sal die allewige holgeryde ras-rympie bly speel om die aandag weg te vat van hul twfelagtige dade.

Lesufi se ras onderrok hang so ver uit, hy struikel nou al daaroor.

Sarel ·

Dit wil voorkom dat sy pligstaat hoofsaaklik bestaan uit toekyk. Hy moet toekyk hoe sy afdeling uitmekaar val.

Maar ek het geweet hulle sal nie verstaan want hulle kan nie verstaan nie.

Hof toe asb.

Tweetie ·

Met ander woorde, hy erken die skole wat die vorige bedeling gebou het, is beter as die township skole? Hoekom verbeter hy nie net die skole wat nie op standaard is nie. Daar is mos hope geld daarvoor, as hulle net minder mors.

John ·

… sy taak is om transformasie te bring? Miskien moet hy eerder dringend bevorder word. Eis bevordering dan kan hy die grondwet op hoèr grond gaan troef. Hulle het dringend iemand soos hy nodig om nog groter nonsens in die parlement te gaan kwyt raak om sy foefie-party verder te ontbloot vir wat dit werklik is. Daar is woorde en name vir alles…

Attie ·

Nou is HY die teiken. Tipiese ANC reaksie. Hulle is die grootste verdelers en teisteraars in die hele wêreld.

Alexz ·

Toe ek sy foto sien, dag ek by myself: Is mugabe dan lewendig?

Koos de Meyer ·

Ons skole, wie dink hy het ons skole gebou. Hulle kon lankal hulle eie skole gebou het met al die geld wat hulle so swendel. Minder skole afbrand en bevoegde onderwysers aan stel dan kan hulle kinders die selfde standaard opleiding kry.

Njala ·

Rassisme moet met nierassigheid beveg word!!!! Great stuff. Gee dus Penny Sparrow,. Chris Hart, Vicky Momberg en ander se boete geld terug, laat Vicky vry. Bewys julle nierassigheid.

Jerry ·

Die ANC se nierassigheid transformasie by skole het dit ten doel om vryheid van assosiasie, denke, identiteit, moedertaalonderrig, kultuur en godsdiens te verswelg met marxisme en leninisme. Nierassigheid wat bogenoemde ten doel het is die ware rassisme wat diskrimineer en ander groepe se denke, vryhede en regte wil onderdruk en vernietig. Die wortel van die kwaad is nie lesufi nie, dit is die ANC ideologie, die idee om met nierassige transformasie ander ideologiee te verswelg en te vernietig! Idees en argumente wat nierassige transformasie ontbloot as die ware rassisme is wat benodig word om die ANC se sogenaamde nierassige transformasie te beveg in die howe en in multi kulturele gemeenskappe. Afriforum weet hierdie is n denke en idees oorlog wat gevoer word, maar tog het Afriforum nog nie lekker gedenk nie, behalwe om hof toe te hardloop. As jy nie ANC idees kan ontbloot en troef met beter idees wat tot bevordering van vryhede en regte van almal is nie, dan kan jy nie die gemeenskappe beinvloed nie en dan kan jy nie die howe beinvloed en oortuig nie. Sorg dus dat julle nierassige transformasie met teen idees kan ontbloot as rassisties, as die nuwe onderdrukker van ander groepe se vryhede en regte. Begin die boodskap duideliker uitdra dat ander groepe in n demokratiese SA hulself nie sal onderwerp aan een groep se verswelging en onderdrukking transformasie agenda nie, wys meer dinamiese denke en idees, tesame met ander groepe!

Pieter ·

Jerry,
Vandag het jy my stom van verbasing oor jou insig en skerp analise.
Wat het van die ou moeilkheidsoeker Jerry geword.

Irma ·

As mens na die ANC Gauteng se reaksie luister op Afriorum se aksie dan lyk dit of Lesufi se anc se stormram tot verandering is. Twee gesig regering wat vir niks omgee nie.

sdp ·

Ons jongste is deur n CVO skool, deur PUK. geen vakansies, droogtes, ons is daardeur. Vandag pluk ons die vrugte van moeilike tye. Niks kan n kind se opvoeding en geleerdheid wegvat.

Ek weet ·

Bly weg van BCVO baie let wel nie almal nie is agterbaks en as jy in die ruggesteek wil word sluit by hulle aan. Die bestuur is sommer die eerste probleem en kyk sommer wat is hulle personeel se gemiddelde ouderdom. Die onafhanklike skole sisteem kan werk maar definiief nie waar n afrikaner hom/haar n christen noem nie.

Johan Neuteman ·

Ek lees kort-kort mense met persoonlike menings oor die CVO-skole, maar die CVO-skole self is baie stil, dus kry mens nie regtig ‘n goeie beeld van wat aangaan nie. Neem aan met CVO-skole word bedoel skole wat deel is van die BCVO? Wonder dan ook hoe so organisasie so stil is – moet die beweging se bestuurders en hoofde nie meer doen om dit te bemark en standpunte te stel nie? Wil ons mediamense nie ‘n keer ‘n behoorlike artikel oor twee hieroor skryf nie?

Hanlie ·

Lefusi – neem kennis van jou eie woorde. Al ons skol behoort aan al ons -MWA blank en nie- blank, afrikaans en engels.

Johanna Botha ·

Hier word baie ekstra gelde uit ouers se sakke gehaal om ons skool te laat werk op die vlak wat hy doen omdat die regering bangkrot is en niks het om te gee nie ….so afgesien van al ons belasting geld dra almal OOK no by

skurweberg ·

Gaan AfriForum Modise se beskuldigings aanvaar? Dit wil voorkom of die ANC nie verstaan wat mag en nie mag gedoen en gese word nie. Weereens ‘n beskuldiging van rassisme teen AfriForum. Hierdie saak raak nou ernstig, want boodskappe word die wereld ingestuur wat skadelik is vir die hele land en al die positiewe sake wat AfriForum reeds gedoen het. Die rede is, omdat hierdie beskuldigings nie in ‘n hof op die hoogste vlak getoets is nie. As daar iets van die aanklag teen Lesufi kom, sal hierdie saak oor rassisme ook seker tot rus kom.

Jerry ·

According to the constitution of South Africa, South Africa is a democratic multi racial society, therefor the claim of the ANC and lesufi that the ANC is fighting racism by building a non racial society, is unconstitutional. Not only is building a non racial society unconstitutional, it is racist because it oppresses and discriminates against the ideologies, freedoms, rights and privelages of other groups, especially that of the Afrikaner. South Africa is therefor recognised in the constitution and all over the world as a democratic multi racial society, South Africa is not recognised as a non racial society, not by the constitution, not by South Africans and not by the world at large. It is time for the courts and the international community to recognise that South Africa is a democratic multi racial society and that trying to change that to a non racial society is not only unconstitutional, it oppresses the multi racial groups, other than the ANC!

Christa ·

Hy is onbevoeg maar Kan nie beter verwag nie dis ANC. Hulle Kan nie land regeer watnog skole. please Val uitmekaar daarom maak hul broek vuil oor ons landsvlag. Hulle Weet daardie dae was tonne beter.

Johan ·

Waarom is daar nie gehalte onderrig in die Township skole nie ? Dit is eerder die euwel wat ondersoek moet word en reggestel word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.