‘ANC mislei SA’ners oor grondhervorming’

Dr. Pieter Groenewald. Argieffoto: Twitter

Die VF Plus het Vrydag ná ʼn begrotingsposdebat gesê die regering beskik oor genoeg grond vir herverdeling en is oneerlik met die mense van Suid-Afrika as hy sê onteiening sonder vergoeding is nodig om die proses van grondhervorming moontlik te maak.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, sê Suid-Afrikaners moet kennis neem van Maite Nkoana-Mashabane, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, se uitsprake oor onteiening sonder vergoeding aangesien sy die onwettige besitneming van grond glo regverdig.

“Dit dien terselfdertyd as bewys dat swart mense nie werklik in grond belang stel nie, maar wel in die geld wat deur die proses ontsluit is. Die regering het in die parlement erken dat in 93% van gevalle waar grondeise toegestaan is, die begunstigdes verkies het om eerder geld te neem, en nie die grond nie.

“Waar die staat byvoorbeeld R5 miljoen vir ʼn plaas betaal, moet hy ʼn verdere R5 miljoen aan die eiser gee wat nie die grond wil hê nie. Dit beteken dat R10 miljoen van belastingbetalersgeld eindelik vir die grond betaal word wat net R5 miljoen werd is,” sê Groenewald.

Volgens hom “mislei” die regering Suid-Afrikaners verder deur te sê onteiening sonder vergoeding sal grondhervorming bespoedig. “Die waarheid is dat die staat erken hy besit tans vierduisend plase. Waarom word hierdie plase nie eerste aan die mense gegee nie? Met die eerste herverdelingsproses wat in 1998 gesluit het, is 80 000 eise ingedien. Dit is nou twintig jaar later en van hierdie eise is steeds nie afgehandel nie. Daarbenewens het die staat erken hy besit 17 miljoen hektaar grond in Suid-Afrika. Waarom gee die staat nie hierdie grond, buiten die vierduisend plase in sy besit, vir die mense wat grond wil hê nie?”

Volgens Groenewald het die regering erken dat 90% van vorige herverdelingsprogramme misluk het. Hy sê dié plase, wat reeds in die staat se besit is, moet ook beskou word as grond wat herverdeel kan word.

“Teen hierdie agtergrond en feite is dit duidelik die ANC-regering misbruik die gevoelens van die mense om sy eie onbevoegdheid te verdoesel. Hy mislei die mense deur te sê onteiening sonder vergoeding sal die proses om grond te verdeel, bespoedig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Cherokee ·

Pieter, ek het vooraf geweet wat jy vir haar gesê het maar die SAUK se nuusuitsending het net vertel van die (slegs) 4% swartes wat grond besit. Van die 93% wat kontant in ruil daarvoor geëis het, word geen woord gesprak. Jou stelling dat hulle wat kontant eis die uitgawe verdubbel, is gesensor. En die arme Suid Afrikaners wat nie eens Afrikaans kan skryf nie en ‘darm’ Maroela lees, weet steeds nie wat aangaan nie.

Adam ·

Cherokee, jy is in die kol en boonop word die staat in die meeste gevalle die eienaars van onteiende grond. Dit is blote gronddiefstal deur die staat wat onder die dekmantel van ‘n tipe “Robin Hood beleid” uitgevoer word.

Chrisjan ·

Daar is ongelukkig nie pille vir onbevoegdheid nie, nevermaaind oneerlikheid!

Geen manier ·

Geen kommunis of dief sal my goed vat nie. Ons moet saamstaan en sterk weier om in te gee.

Reguit ·

Deurdat die Linkse Media opsetlik relevante inligting weerhou, as ook opsetlik leuens te herhaal, is hulle besig om sodoende haat te stook en die massas teen die wittes op te sweep. Daarom eskaleer plaasaanvalle en misdaad teenoor wittes drasties en gaan hierdie tendens tot ‘n bloedige punt konvergeer. En die wittes gaan dan op ‘n dag uitgelewer wees aan die hordes wat net gaan vat wat hulle wil terwyl die bloed vloei. En hoe gaan die buiteland dit keer?

Oom Kalahari ·

Dr Groenewald, ‘n beter uitleg kon jy nie gee, mar ontkenning sal daar altyd wees. Twee faktore wat by die massas ingevryf word is die Apartheids verlede en grond onteiening sonder vergoeding wat ‘n ANC strategie is vir hul verkiesing in 2019. Hoop hul begin ook by al die sogenaamde Konings se grond vir herverdeling, veral by Koning Zwelitini en Nkandla is ook selfs wyd versprei en kan ‘n paar akkommodeer. Dit is soos Cherokee hierbo genoem het van die 04% alleen in Staats en privaat besit en sluit wild reservate uit, maar alles wat gese was deur Dr Groenewald is gesensor deur die hoofstroom media.

Ou SA Burger Vlakvark ·

Dankie dr. Groenewald. Publiseer asseblief hierdie inligting wêreldwyd in Engels.
Ek het GEEN respek vir en vertroue in die ANC-leierskap nie, ook nie in die EFF-leierskap nie. Finish en klaar.

Sam ·

Dit is reeds geskryf dat dit sál gebeur:

Julle land is ‘n wildernis, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid, en dit is ‘n wildernis soos by ‘n omkering deur vreemdes.

Jes. 1.7

Wanneer gaan ons mense begin ag gee op die Woord van God?

Cherokee ·

Presies soos jy sê Sam, maar wanneer die kommentators praat oor wat geprofeteer is, ken hulle gewoonlik (soos in meeste van die tyd) net een naam en dit is die van Siener van Rensburg.

Rynhardt ·

Pieter Groenewald,u praat van Anc wat publiek mislei oor grondonteiening sonder vergoeding,maar twee lede(Mulder-broers) sit vir jare in parlement en het oor al die Anc se planne tjoepstil gebly.Hulle albei was destyds deel van Kodesa waar daar geonderhandel was volgens die Freedom Charter.Dit spel die grondkwessie uit en dat blankes geen bestaansreg mag he nie.Wat se dit van u eie lede??Groenewald,u is reg oor die 4000plase wat Anc besit.Die regering wil die res he,want Anc kamerade kry voorkeur terwyl die res van grond aan China(vriend van Anc) moet gaan.Ek vind dit verstommend dat u nog steeds sukkel om die Anc te lees!!????

Nel ·

Asseblief! mense doen iets om julself te red, voor dit te laat is. Ons praat nou van die lot van kindertjies, bejaardes, vroue.

Riaan ·

Dit gaan nie oor grond of geld nie. Hulle wil blanke,en veral Afrikaners uitlok tot so n punt dat hulle die weermag,polisie en al die ander terroriste bendes kan inspan om ons af te maai. Dankie FW dat jy en jou liberale boeties ons uitverkoop het aan hierdie klomp voorvader aanbidders

Peet J ·

Herverdeling van grond ? Dit is nie die regering sowel as die eff se doelstellings nie dit is tog baie duidelik uitgespel dat onteiening van grond sonder vergoeding gaan plaasvind nadat die Grondwetwysiging goedgekeur is. m.a.w. die regering sal dan oor die mag beskik om landbougrond of gedeeltes daarvan asook sekere beboude gebiede te mag vervreem terwille van openbare belang. Indien die Gronwetwysiging misluk is dit tog baie duidelik dat grondgrype en moorde en diefstal gaan toeneem.

Sam ·

Dit alles is deel van die magstryd van die bose, wat sy handlangers gebruik om die volk van God op aarde uit te wis. Laat hy wat verstand het, self uitwerk wie wie is. Kyk na die patroon oor die wêreld, wat in ons eens dierbare land soveel sigbaarder is.

Wie plant, bou op, waak oor die skepping?

Wie breek af en vernietig?

Van hierdie volk van ons gaan weer, soos in Noag se tyd, enkeles oorbly … nét hulle wat die knie nie voor Baäl en sy trawante buig nie en nié ons God verloën nie.

My hart breek oor ons land en volk … oor die onkunde en leuens … die afbreek en wegdoen van die goeie, maar hier sal ek bly en ek vrees nie. Ek weet by Wie ek skuil en ek ken Sy plan. Wat kan ‘n mens my doen? Ek vrees slegs Hom wat my siel in die hel kan laat verderwe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.