ANC-veteraan Aziz Pahad sterf

Aziz Pahad (Foto: @MbalulaFikile/X)

Aziz Goolam Hoosein Pahad, ANC-struggle-held en voormalige adjunkminister van buitelandse sake, is Woensdagaand in die ouderdom van 82 jaar oorlede.

Die ANC het in ʼn verklaring Pahad as “ʼn patriot, vryheidsvegter en dienaar van die mense sy hele lewe lank” beskryf.

“Pahad was ʼn toegewyde lid van die ANC, ʼn briljante diplomaat en strateeg wat van 1994 tot 2008 as parlementslid en adjunkminister vir buitelandse sake gedien het,” sê die party.

Dr. Fazel Randera, die Pahad-familie se woordvoerder, sê Pahad word oorleef deur sy vrou, Angina, ʼn broer, kinders, sy kleindogter en ʼn uitgebreide familie.

Die familie sal begrafnisreëlings mettertyd bekend maak.

Pahad het in 1964 net ná die Rivonia-verhoor na Brittanje uitgewyk. Hy het die meeste van die tyd in Londen gewoon, en ook ʼn tyd in Angola en Zambië deurgebring. Hy het voltyds werk vir die ANC gedoen en sy primêre verantwoordelikheid was om die anti-apartheidsbeweging in die Verenigde Koninkryk en Europa in 1966 te ontwikkel.

Hy was ook ʼn lid van die ANC se revolusionêre raad en die politieke militêre komitee en ʼn lid van die ANC-onderhandelingspan wat in die geheim verteenwoordigers van die apartheidsregime en ook leiers van die Afrikanergemeenskap ontmoet het.

Hy was ook ʼn lid van die reëlingskomitee wat openbare vergaderings in Dakar, Frankryk en Duitsland tussen die ANC en verteenwoordigende groepe van Suid-Afrika gereël het.

Pahad het in 1990 uit ballingskap na Suid-Afrika teruggekeer en hy is in 1991 as adjunkhoof van die ANC se departement van buitelandse sake aangestel. Hy was ʼn lid van die nasionale uitvoerende vredeskomitee tussen 1991 tot 1992 en hy was as lid van oorgangsrade oor buitelandse sake in 1994 en ʼn lid van die nasionale uitvoerende komitee van die ANC van 1985 tot 2007.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hendrik ·

Weer n uitspattige geleentheid op koste van die belastingbetaler.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Ek het geen respek vir enige ANC-leier en EFF-leier van die verlede en hede nie. Finish en klaar.

Waarnemer ·

Hou dop–binnekort gaan Johanbesburg of Durban of Kaapsta hernoem word na. Aziz Pahala city.

Martie Smartie ·

Ja net soos MM hom huldig met hulle berig. En as jy daarop wys, word jou kommentaar geblok. MM weet ZERO van vryheid v spraak, dis eintlik ‘n skande.

Bolandse Nooi ·

annie, hulle gáán nie die land oorvat nie, hulle hét die land oorgevat … net net “hulle” nie, maar veral hul maters uit Nigerië, Somalië, die DRK, Kongo ens. ens. ens.

Bolandse Nooi ·

Die ou is al lankal 6 voet onder – hy is mos Moslem en hulle moet voor sonsondergang op die dag van die sterfte begrawe word. Maar jy is reg, hier kom nóg twee weke lank se “rou”, lewens-eredienste en ‘n formele staatsbegrafnis … ‘die mense moet eet’, jong!

Heinrich ·

“Hy was ook ʼn lid van die ANC se revolusionêre raad en die politieke militêre komitee” beteken dat hy goed op hoogte was (indien nie die beplanner nie) van die landmyne en asblik- en kroegbomme nie…held inderdaad…

hpven ·

Hy was een van die wat slegs ongewapende burgerlikes geteiken het, so ek is nie tranerig as ‘n terroris val nie.

Bennie ·

Hierdie terroristekaders moet nie eers genoem word nie. Hulle is en bly die skuim van die aarde deur hulle optrede in die verlede en ook huidiglik. Ek dink nie ons sal hom mis nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.