ANC ‘waardeer’ dat speaker bedank

mapisa_nqakula, speaker, hof, ondersoek, nasionale vergadering

Nosiviwe Mapisa-Nqakula. (AFP).

Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, se kantoor het Nosiviwe Mapisa-Nqakula se bedankingsbrief ontvang.

Mahlengi Bhengu-Motsiri, nasionale woordvoerder van die ANC, het vroeg Woensdagaand gesê die party “waardeer” Mapisa-Nqakula se besluit om eerder as speaker van die Nasionale Vergadering te bedank as om te wag vir instruksies om opsy te staan.

“Ons waardeer haar toewyding om die beeld van ons organisasie te handhaaf aangesien dit ons beginsels van organisatoriese vernuwing weerspieël wat proaktiewe verantwoordelikheid onder lede bevorder,” sê Bhengu-Motsiri.

Mapisa-Nqakula is al langer as 30 jaar ’n lid van die ANC.

Opposisiepartye verwelkom intussen haar bedanking as speaker én lid van die parlement te midde van ernstige bewerings van korrupsie teen Mapisa-Nqakula.

“Hierdie bedanking is ’n oorwinning vir aanspreeklikheid en die parlement. En ook vir die mense van Suid-Afrika,” sê Siviwe Gwarube, hoofsweep van die DA, in reaksie op Mapisa-Nqakula se bedanking.

“Die parlement kan nie ’n toevlug wees vir sommige van die onwenslikes onder ons nie. Diegene wat toevertrou is om Suid-Afrika te lei en te verteenwoordig, moet opgewasse wees vir die taak.

“Ons glo dat enigeen wat hierdie hoë amp beklee, se gedrag onberispelik moet wees; me. Mapisa-Nqakula is nie geskik daarvoor nie.”

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê Mapisa-Nqakula het geen ander keuse gehad as om te bedank nie aangesien sy as speaker ’n voorbeeld van “integriteit, eerlikheid en respek” behoort te gestel het.

Groenewald meen Mapisa-Nqakula het ’n verleentheid geword.

Mapisa-Nqakula word daarvan beskuldig dat sy gedurende haar tyd as minister van verdediging en militêre veterane omkoopgeld van R2,3 miljoen in die vorm van sogenaamde geskenkpakkies van ʼn diensverskaffer van die weermag aanvaar het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anton ·

Maak ook sommer weer die saak oop van diere mishandeling waaruit sy skotvry uitgestap het.

Casper ·

Dit is snaaks die a n c aanvaar haar bedanking sonder dat sy beskerm word soos al die ander kaders wat in dieselfde bootjie as sy vaar.Laat my dink hulle wou van haar ontslae raak.Vir die a n c bestaan die “opsy”staan reël net vir sommiges.

Ore ·

Goeie voorbeeld vir al die kaders wat deur regter Zondo uitgewys is……..bedoelende dat hulle ook moet bedank. Wonder of die ANC sekere lede tot die einde sal beskerm en ook bereid is om sekere lede onder die bus te gooi.

Danie ·

Dankie Mapisa dat jy die eerbare gedoen het deur te bedank. Ramaphosa kan by jou gaan leer hoe om dit te doen. Hy moes ook bedank het na sy Phala Phala storie

ES ·

Hulle behoort verontwaardig en kwaad te wees – maar korrupsie is die orde van die dag in die cANCer, so hulle hanteer haar soos een van hul eie…

Papsak ·

Te danke aan Dr Pieter Groenewald as dit van anc af gehang het het hulle haar weer en nog n kans gegee hulle werk mos so !!!!

Piet 6 ·

@Anton, sy het was nie betrokke by die dierebeskermingsaak nie. Dit was die vorige speaker.

Cassie Carstens ·

Nee Anton, dis die huidige minister van verdediging Thandi Modise wie se diere so gevrek het in Potchefstroom. Een ding wat my van hierdie saak kwel, gaan sy nou nog in die hof verskyn vir die omkopery bedrog???? Of het die ANC opdrag gegee dat sy gelos word agv die bedanking.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.