Appèlsaak oor Unisa-taalbeleid Woensdag in hof

Unisa (Foto: Gauteng-toerisme)

Die appèlhof in Bloemfontein hoor Woensdag AfriForum se appèlsaak met betrekking tot die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se Engels-taalbeleid aan. Dit volg nadat die Noord-Gautengse hooggeregshof verlede jaar op 26 April uitspraak gelewer het ten gunste van die beleid wat bepaal dat Engels die primêre onderrigtaal aan dié instelling is.

“AfriForum sal enige stappe moontlik doen ter beskerming en handhawing van Afrikaanssprekende studente se reg om in hul moedertaal te studeer,” sê Henk Maree, AfriForum se hoof van jeug, sport en kultuur. “Volgens konserwatiewe berekenings studeer meer as 20 000 Afrikaanstalige studente aan Unisa en AfriForum en sy regspan is gereed om ter wille van dié studente die regstryd opnuut aan te pak,” sê Maree.

Buiten Unisa was daar reeds drie hofprosesse teen die verengelsing van voorheen Afrikaanstalige universiteite, naamlik die Universiteit van die Vrystaat, Universiteit van Pretoria en die Universiteit Stellenbosch. Elke keer het die howe uiteindelik ten gunste van verengelsing beslis.

Alana Baily, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê dit is wel belangrik om steeds appèl aan te teken oor die besluit. “Die uitkoms van die Unisa-saak is van groot belang vir almal wat gekies het om aan Unisa te studeer of te doseer en ʼn behoefte aan Afrikaanstalige onderrig het,” sê Baily.

Baily sê om ten gunste van meertalige universiteite standpunt in te neem, is noodsaaklik as jy die land se ekonomiese volhoubaarheid as belangrik ag. “Alle landsburgers behoort dit as ’n prioriteit te hanteer en alles moontlik te doen om hul moedertaal uit te bou en te bevorder.”

Volgens Maree laat Unisa die afgelope tyd toenemend toe dat studente hul eksamens kan aflê en werkstukke kan indien in ander tale as Engels. “Onder dié omstandighede word gehoop dat die appèlhof wel ’n uitspraak sal lewer wat ooreenstem met internasionaal erkende taalregte en hierdie de facto-ontwikkeling,” sê Maree.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

potlood ·

My opinie is dat ons moet onderhandel vir n onafhanklike tuisland waar mense nie hoef te baklei vir basiese regte nie,waar jy veilig kan wees ek praat nie van n apartheid staat nie maar n staat waar bevoegde leiers in beheer is ,want dit is wat kort in sa

Sonja ·

Wel, as die hof vir Engels stem, bou saam met AgriSA aan Universiteite vir ONS AFR kinders, NET AFRIKAANS ALLEENLIK!!

Corrien ·

Alles wat ek leer is dat blanke Afrikaners nie vreedzaam met die ander kan saam lewe nie. Het ons reeds sover verswak dat ons by volksvreemdes moet soebat vir regte welke ons toekom? Nee ons moet opstaan, wakker word, ons blanke blanke onderwysers moet ontrek aan enige vorm van onderrig waar swartes deel van is. Ooit moet ons begin om saam te staan ook al pyn dit onder sommige. Die vierkleur sal wapper.

Fillicha ·

Ek stem saam ons kinders sal in AFRIKAANS studeer en ons sal saam staan vir n AFRIKAANSE UNIVERSITEIT EN SKOLE AFRIKAANS ALLENLIK.Hoekom ons Afrikaans uitroei maar wil CHINESE TALE in ons skole inbring .STAAN OP VIR AFRIKAANS.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.