Baba sterf, kinders beseer in ongeluk

(Foto: Arrive Alive/Twitter)

Drie mense is dood, onder wie ʼn vier maande oue baba, nadat ʼn volgelaaide minibustaxi en ʼn vragmotor Maandag in Underberg, KwaZulu-Natal, gebots het.

Nooddienswerkers was om 08:15 op die ongelukstoneel en het talle mense op die pad aangetref.

Volgens ʼn verklaring van Arrive Alive het drie insittendes, onder wie ʼn baba, reeds aan hul beserings beswyk toe paramedici ontbied is. Hulle is op die toneel dood verklaar.

“Paramedici het die ander 17 insittendes, wat nege kinders tussen die ouderdom van drie en 15 jaar oud insluit, behandel. Dié pasiënte het almal matige tot ernstige beserings opgedoen en is na die Kilmun-kliniek vir verdere behandeling geneem.”

Die vragmotorbestuurder is volgens berigte ongedeerd.

Die oorsaak van die ongeluk is in hierdie stadium onbekend, maar die polisie was op die toneel en ondersoek die saak verder.

(Foto: Arrive Alive/Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Dirk ·

As ek dit mooi verstaan was daar 20 mense in die taxi.????Onaanvaarbaar,maar daar word mos niks gedoen aan die taxi drywers nie.Haal net n paar rand uit en dan gaan hulle weer..

Dup ·

En steeds snel hulle voort,oorlaai en ignoreer alle padreëls….net een van vele daaglikse ongelukke wat deur hierdie missiele op wiele veroorsaak word.

Blikkies ·

Maar ons moenie padtekens verontagsaam nie, nie jaag nie en nie ongehoorsaam wees nie. Praat eerder met die oorsaak van hierdie gru ongelukke, die TAXI’S.

Peetjie ·

Dis die TAXI BESTUURDERS. Hulle moet jaarliks hulle bestuurslisensies oordoen… Miskien sal dit help. Dis net onaanvaarbaar hoeveel van die mense ongelukke – en ernstige ongelukke – veroorsaak…

Anel ·

Moennie die trokke weggooi nie. As ek so na die foto kyk lyk dit of die trok dalk by die taxi verby wou ry.

Nie Verbaas ·

Taxi skade voor op voertuig. So dit is moontlik kop aan kop botsing.

Elinette ·

Nou hoe land die taxi dan aan die linkerkant van die vragmotor? Dit lyk eerder vir my asof die taxi moontlik voor die vragmotor kon ingeswaai het en die botsing toe gebeur het. Maar laat ons nie spekuleer nie. Mense is dood hier, onder meer ‘n ou onskuldige babatjie van 4 maande! Sterkte aan die gesinne, families en geliefdes van die oorledenes.

Anoniem ·

Solank die Taxi’s en Swaar vragmotors op ons paaie seëvier sal daar nooit orde wees nie.

Rian ·

Ongeag wie die skuldige is, is dit steeds n tragiese en traumatiese gebeurtenis vir al die betrokkenes.

PATRICIA ·

Ek verstaan ook nie waarom die taxi’s mag vollaai te midde covid 3 en ons huidige inperking nie. Daar word net mooi niks aan hulle gedoen nie. Regering is bang vir die taxi bedryf.

Nie Verbaas ·

Alweer n taxi! En met hoeveel persent van kapasiteit mag die taxi gelaai wees? Maar BLM ne?

SomeOne ·

ek sal bitter graag wil hoor wat was die omstandighede in die ongeluk, verpligte sperstreep en albei in die bosse ?

Andries ·

Hoe nou. Altwee staan aan die verkeerde kant van die pad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.