Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het net na 08:00 by die toneel op die R54 aangekom. Daar het hulle gevind dat ʼn vrou steeds in die wrak van die motor vasgekeer was. Meganiese toerusting moes gebruik word om haar uit die wrak te bevry. Sy het ernstige beserings opgedoen.
“ʼn Babadogtertjie, vermoedelik een jaar oud, is ook in die motor gevind, maar daar was niks wat vir haar gedoen kon word nie en sy is op die toneel dood verklaar,” het Van Huyssteen gesê. Die bestuurder van die bakkie het matige beserings opgedoen.
Die twee beseerdes is deur ER24 en die provinsiale nooddienste na ʼn hospitaal geneem.
Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
Baie hartseer .
Ek weet nie of ek simpatie moet of nie want as die baba agter in n stoeltjie was sou sy niks oor gekom het nie. het seker weer op ma se skoot gesit want wat kan nou dan verkeerd loop.
Dit is jammer dat so ‘n klein mensie sterf, sterkte aan die familie en vriende. Klein stads motors is nie opgewasse teen ‘n bakkie veral as hy toegerus is met ‘n “bulbar” as dit by ongelukke kom. Daardie motortjie is wel ekonomies en lig op brandstof maar in ons land met sy hoë ongeluk syfers is dit ‘n “no go”.
Ai, dit is sooo hartseer!!!
Dit is tragies. Was die baba in ‘n veiligheidsstoel vir babas? Mense kan altyd uit die oorsaak van ongelukke leer.