Baba verdrink in skottel

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Vryburg het ʼn geregtelike doodsondersoek ingestel nadat ʼn 18 maande oue baba in ʼn wasskottel verdrink het.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die baba se ouma het Vrydagoggend wasgoed gewas by haar huis in Huhudi naby Vryburg. Volgens Moleko het die ouma in twee skottels wasgoed gewas terwyl die baba saam met ander kinders in die erf gespeel het.

“Die baba het sonder dat iemand agtergekom het in een van die skottels geval en verdrink. Haar ouma het haar ʼn paar minute later dood in die skottel aangetref.” Volgens Moleko word geen vuilspel vermoed nie, maar ondersoek hulle wel die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Hoe diep was die wasskottel waarin die baba geval het – EN dit het wasgoed ingehad?

Drieks ·

Oor die wèreld heen het kleintjies al verdrink in vloerwas emmers en skottels. Hartseer..

Peet Schabort ·

Gewoonlik val die baba met sy/haar gesig eerste in die water. Omdat die kop van die baba buite verhouding groot is met die res van die liggaam maak dit die kind topswaar (top heavy) en is dit moeilik om regop te kom omdat die bene en voete ook in die lug is. Die water hoef ook nie diep te wees vir hierdie verdrinking.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.