Babadogtertjie in plastieksak op sportveld gevind

(Argieffoto: Unsplash)

’n Pasgebore babadogtertjie is die naweek in ’n plastiese sak op ’n sportveld van ’n nedersetting in Mpumalanga gevind. Die kleinding het nog haar naelstring gehad.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê kinders het Sondag omstreeks 15:00 in die omgewing van die sportveld in Mbuzini gespeel toe hulle op die bondeltjie afgekom het. Die kinders het volwassenes gaan roep en dié kon vasstel dat die dogtertjie nog leef.

Die volwassenes het noodhulp op die baba gedoen en haar naelstring sorgvuldig geknip voordat sy na ’n plaaslike hospitaal geneem is vir mediese behandeling.

Mohlala sê die baba is tans in die sorg van mediese personeel en dit gaan onder omstandighede goed met haar.

’n Saak is intussen aanhangig gemaak en die polisie doen nou ’n beroep op die publiek om enige inligting rakende die baba se ma by speursers. Sipho Shekwa by 072 119 3487 óf die Misdaadstopnommer by 08600 10111 aan te meld.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het die “die onmenslike daad veroordeel”.

“Ons is hierdie maand veronderstel om trots te wees op die beste praktyke deur ons vroue,” het Manamela Maandag gesê met verwysing na Vrouemaand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Lesly ·

Snaaks hoe diere nie so iets sal doen nie. Elke keer as ek wonder hoe laag die mens kan daal, word onaangenaam verras

Charles ·

Terwyl die mens reproduktiewe sisteme het wat plesier gepaartgaande met nagevolge het, gaan hierdie tipe gebeurtenisse nie verdwyn nie.

Stacey ·

Dankbaar die kleinding lewe. Dit is hartseer dat die enigste opsie wat daardie ma gehad het was om die kind skelm in ‘n plastieksak te moet weggooi.

Charles ·

Ek dink nie dit was haar enigste opsie nie. Denkwyse het nogal n invloed op mens se handeling.

Windhond ·

Dit wat sy gedoen het, is glad nie n opsie nie, nooit nie – sies, mens gooi nie jou vlees en bloed weg nie

Bre ·

Wat van aangenome kinders? Dink voor jy praat want hulle is beter af by aanneem ouers en pleegsorg as wat hulle is by eie ouers.

Karoo ·

Mense ons weet nie wat die omstandighede rondom die baba is nie. Die wonderwerk… kinders wat in agterstand woon het die sak gewaar en ouers het gereageer en te hulp geroep. Ek hoop vir ‘n posetiewe uitkoms.

George ·

Snaaks hoe julle klippe gooi na die, maar tog vir NZ se moorde opkom.

Windhond ·

Wie steun New Zeeland se moorde? jy weet natuurlik wat julle is??

Bre ·

Ek het nog gladnie gelees van iemand wat werklik vir Lauren opkom nie. Sy word gestenig van alle kante maar wat ek wel weet is dat ek ongelooflik jammer vir haar voel. Daardie vrou gaan deur diep waters en niemand het gehelp toe sy haar gepraat het oor haar gevoelens nie.

Susan ·

Maak nie saak wat die omstandighede is/was nie. Dit bly tragies om tot sulke uiterstes te gaan & wat gaan die gevolge dan wees wanneer sy gevang word?

Delia ·

En n man wat nie sy gulp kon toehou of n Pa/ oom/oupa/familievriend wat nie sy hande kon tuishou nie.

Mallie ·

Julius Malema le nie n eier oor hierdie mishandeling of rassitiese behandeling van n pasgebore baba nie.
Waar is sy prioriteite nou.

Yvonne ·

Hy is net bekommer oor wat hy daar uit kan kry…anders tel dit nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.