Bakkie luier nog langs vermoorde boer se liggaam

(Argieffoto: pixabay)

Hennie Moldenhauer (58) se bakkie het nog geluier toe sy vrou Sondagoggend op sy liggaam langs ’n gestroopte sojaboonlandery op hulle plaas net buite Amersfoort in Mpumalanga afgekom het.

Deon van Zyl, Moldenhauer se buurman, vertel dat Moldenhauer Saterdag jakkalse opgemerk het toe hy by sy beeste in die veld ’n draai gaan maak het. Hy is Sondag douvoordag met sy pistool en ’n jaggeweer uit veld toe op soek na dié jakkalse.

Sy vrou, Mokkie, het later die oggend na hom gaan soek nadat Moldenhauer ure later nog nie teruggekeer het huis toe óf oor sy selfoon of tweerigtingradio bereik kon word nie.

“Toe sy by sy bakkie kom, het die bakkie nog gestaan en luier,” vertel Van Zyl aan Maroela Media.

Moldenhauer se liggaam is sowat 10 m van die bakkie met ’n skietwond aan die kop aangetref. Die oorskot van ’n swart hond is sowat 15 m verder gevind. Die dier is ook geskiet.

Maroela Media het vroeër berig die hond behoort nie aan Moldenhauer nie, maar volgens die polisie vermoedelik aan sy aanvaller of aanvallers.

Moldenhauer se twee vuurwapens word vermis.

Van Zyl meen sy buurman se dood gaan beslis ’n groot leemte laat. Moldenhauer het ten tyde van sy moord by Eskom in die omgewing van Amersfoort gewerk en deeltyds geboer.

“Oom Hennie was baie betrokke by sy kerk en het altyd kom help met wegholbrande en vermiste vee.”

Van Zyl sê voorts die boere in die omgewing ry patrollie en bou ’n verhouding met die polisie om landelike veiligheid te bevorder. Moldenhauer was ook deel van dié groep boere.

“Ouens soos oom Hennie kan nooit vervang word nie … ons voel regtig uitgelewer waar ons is.”

Maroela Media het Dinsdagoggend ’n navraag aan die polisie oor die vordering in sy ondersoek gestuur en wag nog op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Danie

Ek is nie n speurder nie nog minder n siener maar ek dink wat gebeur het is as volg. Die mense jag met honde en ek sien dit baie want ek ry die N17 tussen Kempton en Secunda feitlik daagliks dan sien jy hulle met hul trop honde. Wat ek dink het gebeur hy het op hulle afgekom waar die honde jag en die hond geskiet. Daar het n argument ontstaan en omdat hy hulle nie wou skiet nie het hulle hom oorrompel en toe skiet hulle hom. Dus as die polisie die jagters kry sal hulle die skuldiges ook… Lees meer »

Mariaan

Hopelose situasie in ons land!! Sterkte aan hierdie familie…

LANA is ELANè

Ek is jammer om dit te sê, maar julle is uitgelewer. Hierdie regering doen niks om boere se plase veiliger te maak nie, en is agv hul eie duistere motiewe blind as dit by plaasmoorde kom.
Daar is soveel moordenaars daarbuite wat daarop uit is om net die boere te teiken danksy die regering se wegkyk as dit kom by plaasmoorde.

Pieter

En nog steeds bly ons blankes net praat en saai bly nog steeds met die ANC terroriste onderhandel. Ons blankes is besig om ons eie grafte te grawe.

SjN

Wat het hulle in elk geval daar gesoek? Wat van betreding, Hoedeman en sy gespuis is nie in staat om die werk te doen nie, Simpatie met sy geliefdes.