Basketbalafrigter vas vir seun se moord

Sibusiso Dakuse (Foto: Twitter)

’n Jong man het Maandag in die Wynbergse landdroshof verskyn in verband met die moord op ’n 12-jarige seun van Houtbaai in die Wes-Kaap.

Marvin Minnaar (23) staan tereg op die moord op Sibusiso Dakuse wat verlede week spoorloos uit die omgewing van Houtbaai verdwyn het.

Maroela Media het vroeër berig Dakuse het Woensdag verdwyn nadat hy die laaste keer saam met Minnaar gesien is. Die twee ken mekaar, het brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, vroeër gesê.

Dit het nou aan die lig gekom dat Minnaar ’n basketbalafrigter in die omgewing is, berig EWN.

Minnaar is oor die naweek in hegtenis geneem nadat ’n liggaam tussen die riete op ’n plaas by Kronendal gevind is. Die liggaam is vermoedelik dié van die jong seun.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Wes-Kaapse Vervolgingsgesag, het aan Maroela Media gesê nog aanklagte kan moontlik teen Minnaar aanhangig gemaak word. Die saak is intussen tot 17 Maart uitgestel wanneer die verdagte weer in die hof sal verskyn.

Volgens Ntabazalila het die verdagte nog nie aansoek om borgtog gedoen nie. Sou Minnaar wel aansoek om borgtog doen, sal die staat dit teenstaan, sê Ntabazalila.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

VanAfrika ·

Moor, Moor, Moor!!!!!! Tot onskuldige kinders ontgeld dit.

Belinda ·

Hy lyk na so oulike opgewekte skaam nederige kind en hy het geen reg op lewe gehad nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.