Basta met SEB in gesondheidsregulasies – Sakeliga

Argieffoto (Foto: Unsplash

Sakeliga verwerp die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktereguleringsowerheid (Sahpra) se voorgestelde voorwaardes vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) vir die vervaardiging, invoer, voorskryf en verhandeling van gesondheidsprodukte en mediese toerusting.

Sahpra beoog om SEB met ʼn nuwe konsepbeleid ʼn voorvereiste in die mediese bedryf te maak. Dié beleid stel dit ten doel om alle elemente van generiese swart ekonomiese bemagtiging (B-BBEE) te integreer met die uitreik van lisensies en permitte vir gesondheidsprodukte en mediese toerusting.

“Sahpra beoog in effek dus om die lewering van gesondheidsprodukte en mediese toerusting wat nie aan SEB-vereistes voldoen nie, te verbied,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga.

Le Roux sê dié konsepbeleid gee ʼn onrusbarende voorskou van die ingrypende gevolge van ʼn NGV-bestel waarin die staat die ganse mediese voorsieningsketting onder sy beheer sal hê.

Die beleid stel twee fases voor: Fase 1 maak dit verpligtend om ʼn SEB-sertifikaat in te dien waarsonder Sahpra die toekenning van lisensies sal weier.

Sodra fase 1 afgehandel is, sal Sahpra dan die toekenning en hernuwing van lisensies weier tensy spesifieke SEB-vlakke bereik en gehandhaaf word.

Le Roux sê die SEB-lisensiëring van gesondheidsprodukte en -toerusting is ʼn “wrange illustrasie” van hoe SEB die belange van politici, burokrate en selfverrykende tussengangers ten koste van die publiek bevorder.

Dit is boonop onvermydelik dat die toevoeging van SEB-vereistes – ʼn “maatreël met inherent geen relevansie vir die effektiewe verskaffing van mediese produkte nie” – tot afname in die gehalte, bekostigbaarheid en bekombaarheid van mediese produkte sal lei, waarsku Le Roux.

Sakeliga beplan daarom om die omstrede konsepbeleid “binne en buite die howe” teen te staan.

“Ons beskou dit as die plig van sakelui om sodanige benadeling van die openbare belang op ekonomiese terrein te bestry en op elke redelike wyse te ondermyn. Dit is onhoudbaar dat SEB-nakoming ʼn voorwaarde is om mense se lewens te red, net soos wat dit onhoudbaar is om dit op enige ander terrein as ʼn voorwaarde vir ekonomiese aktiwiteit en openbare diensbaarheid te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Amelia ·

die mense voel niks vir ander nie hul gaan mos na ander lande vir mediese behandeling waarvoor die belastingbetaler betaal want hul vertrou nie our people nie stel netraswette in sodat daar vir hul gestem kan word verder niks

MC ·

O goeie goeie grondstof, alles gaan halfpad breek, niks gaan werk nie, dan praat ons nie eers van die medikasie nie. Behoede my, ek bly weg van dokters af en bly nou maar eerder op die bossies en die kruie.

Henry ·

hulle wil alles beheer.
hoeveel krag jy mag gebruik ens.
dit het tyd geword dat die anc se stemme so moet verminder dat hulle nie eers een setel kry nie

Sobymykoolkop ·

Jy moet baie bang en jaloers wees om die minderheid met wette te stop.

Sean ·

Enigste plek in die wereld waar die meerderheid die minderheid met wette en reels reguleer

Geert ·

Hulle het ook geen trots nie. Ek sou baie skaam gekry het as ek hulle was.

Tipper ·

Neem die die hoof van graan SA , in die vorige berig glad nie kwalik dat hy hier gee pad nie, hier sal ons eindig met die gemors.

Althes ·

Ons land gaan beter word, die gemorsspul gaan breek en dan gaan ons bou.

Republikein in die Wes Kaap ·

Te veel goeie talent gee pad. Ons is verby die kantelpunt.

domheks ·

Amper se ek in watse land ons bly. Met al die riool sal hulle seker pille maak van dit.

Miss J ·

Hierdie ANC en hulle ras wette gaan NOOIT ophou. En die groot jammerte is dat groot privaat korporasies deel geword het van die sisteem omdat dit hulle loon om aan die ANC se kant te speel. Maar net my opinie

quartus ·

Ek sal maar liewer my medikasie invoer. Ek is te jonk om nou al te sterf

Suzette ·

Hierdie spul hou net nie op nie. Almal (ek is seker hulle ook) kan sien in watter toestand hiedie land is as gevolg van die anc se onbevoegdheid en SEB vereistes, maar wraggies, hulle gaan net voort daarmee.

Fontein Tannie ·

Gelykheid die en gelykheid daai… ek wonder… as daar n lys was wat geen ras of geslag aandui nie, net inkomste en bevoegdheid. Dan word belasting, bemagtiging en gelykheid suiwer daarop gegrond…. waar sal ons wees?

Sean ·

Hoekom word ons nie maar net verban nie Kry dit nou agter die rug!!! Ons is nie welkom in ons land nie

Carel ·

Ek sal my kop in skaamte laat sak, as ek 30 jaar later nog steeds voorkeur behandeling moet ontvang, omdat ek nie op ’n gelyke speelveld, op MERIETE, ekonomies kan kompeteer nie.

Die Duitsers & Japanese was heeltemal plat gebom aan die einde van die Tweede Wereldoorlog.
30 jaar later was hulle onderskeidelik die ekonomiese spulpunte van hulle streeks ekonomieë??

Soos ek gesê het; ek sou myself in ‘m papie in skaam, nadat ek 30 jaar van voorkeur behandeling, van Our People se regime ontvang het & nog steeds nie my eie man kan staan nie.

Met 30% slaagsyfer in RSA, is dit ook seker te verwagte

Johann ·

Om te dink dat die absolute absurdheid actually as deurdagte logiese praktiese protocall oorweeg word?

Papsak ·

Nog n rasse wet teen ons regering wil ons nou wys wat ons moet doen en hoe ons moet lewe hulle kan hulle self nie help nie basta daarmee hoop julle stop hierdie gemors vinnig ek gaan nie gehoor gee nie klaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.