Beamptes kom per toeval op ontvoeringslagoffer af

(Foto: Verskaf)

Wetstoepassingsbeamptes verbonde aan die Kaapstad-metro se reaksie-eenheid het Dinsdag per toeval op ʼn ontvoeringslagoffer afgekom.

Wayne Dyason, woordvoerder vir Kaapstad se wetstoepassingsafdeling, sê die beamptes was in die omgewing van Blueberry Hill in Forest Village toe hulle twee voertuie aan die kant van die pad aangetref het.

Die beamptes het vyf mans in een van die voertuie opgemerk en hulle ondervra.

“Terwyl die beamptes met die ondervraging besig was, het hulle ʼn tou en ʼn mes opgemerk,” sê Dyason.

“Ná verdere ondervraging het dit aan die lig gekom dat een van die mans in die voertuig pas ontvoer is.”

Die vier verdagtes is dadelik deur die beamptes in hegtenis geneem en die slagoffer is veilig aan sy geliefdes terugbesorg.

Dit het later aan die lig gekom dat die slagoffer se broer nog voordat hy gevind is ʼn saak van ontvoering aanhangig gemaak het.

Dit is onduidelik wat die motief vir die ontvoering was, maar Dyason sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ondersoek die saak verder.

Dié ontvoering volg kort nadat Bheki Cele, minister van polisie, die jongste misdaadstatistieke bekendgemaak het.

Die misdaadstatistieke wys daarop dat 272 meer ontvoerings tussen Julie en September plaasgevind het vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Altesaam 4 300 gevalle van ontvoering is by die polisie aangemeld, waarvan 223 in die Wes-Kaap plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Amelia ·

Sjoe, dis nou ‘n gelukkige toeval. Dankbaar vir die slagoffer en famille!

Papsak ·

Ja bly vir dit maar net so jammer alles is altyd per toeval by die polisie ne !!!!!!

Christelle ·

Kyk, ek se nie die Wes-Kaap het nie sy misdade en onveilighein nie, maar om WP nou te maak as die hoogste misdaad syfer laat my wonder……….Net so voor ons stem volgende jaar. Want ons weet hoekom die Kaap nog nie soos GP lyk nie. Net iets wat vir my se, ek vat daardie syfers met n knippie sout. Want hul wil mag oor WP he………Se maar net….

Delia ·

Die moordsyfers in plakkerskampe soos Phillippi haal nie die koerante. Praat met die SAPD. Dan hoor jy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.