Beamptes vasgebind, wapens gebuit tydens polisiestasie-rooftog

(Argieffoto: SA Polisie/Facebook)

Twee gewapende verdagtes het polisiebeamptes by die Grootvlei-polisiestasie in Mpumalanga met kabelbinders vasgebind en hulle in die aanhoudingselle gedwing voor hulle vuurwapens en ammunisie uit die kluis gesteel het.

Drie 9 mm-pistole, ʼn R5-aanvalsgeweer, ʼn haelgeweer en ammunisie is tydens die voorval, wat tussen Vrydagaand en Saterdag in die vroeë oggendure plaasgevind het, gesteel. Een van die polisiebeamptes se vuurwapen is ook gebuit.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het die twee verdagtes omstreeks 18:00 Vrydag by die stasie opgedaag en beweer hulle is van Soshanguve af en dat hulle ʼn voorval van huishoudelike geweld wil aanmeld. Die gemeenskapsdienssentrum se veiligheidsdeur was volgens Mohlala in daardie stadium gesluit. Die verdagtes het omstreeks 22:00 teruggekeer en versoek dat die deur vir hulle oopgemaak word.

“Beamptes het die deur oopgemaak om meer inligting te kry. Die verdagtes het vuurwapens uitgeruk en die twee polisiebeamptes ontwapen.” Die verdagtes het die sleutels van die kluis in die hande gekry en die vuurwapens en ammunisie gesteel.

ʼn Lid van die publiek het tydens die rooftog by die polisiestasie aangekom. Die verdagtes het ʼn vuurwapen op hom gerig waarna hy met kabelbinders vasgebind en na die kombuis geneem is. Die verdagtes het hierna van die toneel gevlug en die lid van die publiek kon daarin slaag om homself te bevry. Hy het die beamptes in die aanhoudingselle aangetref en hulp ontbied.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Die polisie het sy 72-uur-mobiliseringsplan in werking gestel in die soektog na die verdagtes.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel en gesê daar sal nie gerus word tot die verdagtes vasgetrek word en die gesteelde vuurwapens en ammunisie teruggevind is nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Eugene ·

En cele reken ons sal veilig wees as ons nie vuurwapens besit nie?

Hannes ·

Daar is geen respek meer vir SAP lede nie.
Sal mens waag om te wonder hoekom??

George ·

Hulle is veronderstel, VERONDERSTEL om opgelei te wees…rob n polisiestasie, wil jy nou meer.

Nie Verbaas ·

Skokkend om te sien hoe blatant misdadigers is maar weereens moet ons regering bedank word vir die situasie.

Flip ·

Hierdie goed gebeur waar die regstelsel meer regte vir die kriminele het as vir die burgers wat belasting betaal…..

Piet ·

Cele en sy hele vloot van X5 BMW’s het seker weer soos gewoonlik na die toneel gehaas om te wys hoe goed hy sy job doen.

ronel ·

Nou wie bel jy as die polisie die slagoffers is ?
Hierdie is verby ironies en ‘n teken van hoe min alle regerings instansies werd geword het

mattk ·

Sit mos deesdae na-ure en TV kyk, geen paraatheid nie, of het reeds gesit en slaap. Lagwekkend, wat anders kan mens sê van Bekkie (Shut up) Cele se pionne.

douglas ·

Gewoontlik moes jy n buite wag by die SAP se kantore he wat buite patroleer dan n stasie wag en dan ander lede om stasie te beveilig.maar soos n mens hier lees kan jy net wonder ? weet net dat meeste le en slaap binne of buite in die voertuie…pateties nee dit is die norme vandag…raak dit gewoont sal nie verander nie glo my

quartus ·

Dit is waarskynlik n wereld eerste : beroof n polisiestasie

Frank ·

Nee het al voorheen gebeur in ons piesang republiek, laas jaar dink ek

Hennie ·

Ja is daar nie polisie stasies wat “gewapende reaksie” ook het nie…?

SjN ·

Slegs in Suid Afrika, lagwekkend, Hoedeman se trots is duidelik onbevoeg en die kriminele weet dit, pateties. Kry hul nie skaam nie?

Michael ·

Wanneer ‘n land se polisiekantore sonder vrees beroof word dan weet ons dat ons in ‘n staat woon wat totaal gefaal het. Die regime sal dit waarskynlik nooit verstaan of besef nie. Die polisie is totaal nutteloos en hierdie rowers besef dit net soos die res van ons

ES ·

Hierdie land is blatant wetteloos. Kriminele raak al hoe meer arrogant. Skiet sekuriteitswagte dood vir hul vuurwapens, vat polisie se vuurwapens van hulle af, roof polisiestasies… en dit gaan nie verander nie.

Wonder wat het Gun Free SA en hul tjommie Beki Cele hiervan te se?

Papsak ·

Die hele spul is korrup regtig ja ek stem hoe dink Cele moet ons ons self verdedig mmmmm hulle is vrot man pateties die hole spul

marius ·

Bwhahhaa ! Ruil jou hoed vir ‘n Sambrero met klokkies ou grote .

Marelize ·

30 jaar terug sou die opskrif gelees het. 2 gewapende oortreders dood geskiet by Grootvlei Polisie stasie.

Swanie ·

Moet nie so gou oordeel nie ,hulle is baie besig , hulle moet tv kyk , foon speel , eet , slaap en nog die deur ook dophou.

Niklaas ·

Ek skaam my vir my provinsie. Ons is een van die mooistes , maar gaan erg gebukkend onder ‘n liederlike plaaslike misdaad syfer , onbeheerbare korrupsie , erg vervalle paaie , baie vaak en moeë SAP lede , skrikwekkende hoê tolhek fooie , gevegte en stakings in Middelburg en nou word die toegangs paaie na die Wildtuin (Orpen en Krugerkop ingang ) geblokkeer deur protesteerders wat verskeie kastige griewe het. Maar dis lekker om nie te werk vir 12-16 dae. Heerlik , hoor. Dis nie meer lekker om nuus te lees nie.

Herman L ·

Hulle kan nie eers hulleself beskerm nie, maar die nikswerd minister wil ons laat glo dat hulle ons sal beskerm. Dit terwyl CR erken dat hulle nie kan nie!

Swerwer ·

Glo nie maklik hierdie storie nie, moet beslis ‘n “inside job” wees.

Danie ·

Hulle reken niemand sal polisiebeamtes by n polisiestasie aanval nie.Seker ook nie paraad en so bietjie in gesluimer.Polisie stasies ook nie beveilig deure en hekke staan oop te moeg of lui om toe te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.