Beendere toe dié van vermiste seun

Die agtjarige Tlotso Mogomotsi Moilwe. 

Beendere wat vroeg vanjaar gevind en vir DNS-toeste gestuur is, is positief geïdentifiseer as dié van die vermiste Tlotso Mogomotsi Moilwe.

Die agtjarige Tlotso is verlede jaar op Kersdag vir die laaste leer lewend gesien waarna hy as vermis aangemeld is.

Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, sê klere en beendere wat vermoedelik aan Tlotso behoort is reeds in Januarie gevind. Tlotso se ma het toe die stel klere as dié van haar seun uitgeken. Die beendere is egter na ’n forensiese laboratorium gestuur om te bepaal of dit wel dié van Tlotso is.

Myburgh sê die beloning van R50 000 wat vroeër uitgeloof is vir inligting wat die polisie kon help in hul soektog na die vermiste Tlotso, is gevolglik teruggetrek.

Maroela Media het vroeër berig Tlotso is verlede jaar op Kersdag omstreeks 15:00 vir die laaste keer gesien toe hy saam met maats in die Segakwaneng-nedersetting naby Moruleng buite Rustenburg gespeel het.

Die 28-jarige Bridget Bojosi is kort daarna hegtenis geneem in verband met die kind se verdwyning.

Bojosi word nou van moord en ontvoering aangekla en sal na verwagting in Augustus op dié aanklagte in die rondgaande hooggeregshof in Mogwase verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

anniekiewiet ·

Baie sterkte en troos aan sy ouers en familie. Dis nie lekker nie.
Hoekom het dns-toetsuitslae so ewigheid gevat?

Karen ·

Ai, liewe kind. Jammer dat jy deur die wreedheid moes gaan. Aan sy familie, ek wens die mensdom was beter. Ons faal mekaar elke dag, en dit breek my hart

Delia ·

Karen, ek voel nes jy. Ek raak al hoe meer ontnugter deur die menslike ras. Die goed wat ons doen aan mekaar. En ons moet ook nie dink dit gebeur net in SA nie. Wereldwyd en jare al so. Ek luister baie Crime programme op You Tube. Dis interessant om te hoor hoe die moorde opgelos word.
GBV so oud soos die mense self.

Vanessa ·

Ek wil net weet waarom. Waarom doen hulle dit aan kinders!!!! Wat het die arme kinders aan hulle gedoen. Ek het nie woorde nie. Ek troos my daaraan dat God nie slaap nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.