Bejaarde in huis op Cathcart vermoor

(Foto: SA Police Service/Twitter)

Een van die verdagtes in die moord op ʼn bejaarde vrou van Cathcart in die Oos-Kaap is dood ná ʼn skietery met die polisie.

Kapt. Namhla Mdleleni, polisiewoordvoerder, het gesê bure het alarm gemaak nadat hulle gesien het die vrou se huisdeur staan skeef. Onbekende mans het ook van die huis af weggehardloop.

“Die polisie is ontbied en die vrou se lewelose liggaam is in ʼn plas bloed gekry,” het Mdleleni gesê.

“Die polisie se 72-uur-plan is in werking gestel en een van die verdagtes is geïdentifiseer. Tydens sy inhegtenisneming is skote gevuur en hy is in die bolyf getref. Hy is later aan sy beserings dood.”

Die polisie is steeds op soek na die tweede verdagte.

Die vrou het klaarblyklik alleen in die huis op die plattelandse dorpie gewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

hercu ·

dit gebeur omdat onbevoegde “mense” ‘n land regeer, dan word mense se lewens niks werd nie, die geldeenheid waardeloos, die infrastruktuur en misdaad van daardie land onregeerbaar en hulle veroorsaak wanorde, want daardie “mense” het geen dissipline of etiese waardes nie!!

George ·

Wonder net of die minister van toerisme kan lees na sy aankondiging van “veilig” in die land

Ja Nee. ·

Dit is nou tipies van die lot. Sal oues van dae aanval, aangesien hulle te lafhartig is om hulle eie partuur aan te vat. Van Retief se dae al lafhartig.

Eddy ·

Ek het verlede jaar deur OosKaap gereis maar was heeltyd bewus dat mens nie die pragskoon kan vertrou nie,daar is steeds skurke.ek was deur Butterworth,Idutywa,Engobo ens.Danksy democracy is misaad nou orals.en dis n jammerte

Eddy ·

Hi.ek het die aand by Butterworth oornag.het onveilig gevoel want daar was ouens wat heeltyd op en af geloop het.mens kon die vuilheid selfs in die donker ervaar.Idutywa is net so vuil en vervalle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.