Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 14:40 na die huis in Sury Aville, Newcastle in KwaZulu-Natal ontbied. “Met ons aankoms was daar geen teken van ʼn brand nie, maar omstanders het ons in die huis in geneem.”
Die brand het binne die huis plaasgevind en dit wou voorkom of dit al ʼn hele ruk geblus was. “’n Bejaarde man is op die kombuisvloer aangetref. Hy het geen tekens van lewe getoon nie en dit het geblyk hy is al ʼn wyle lank dood.”
ʼn Bejaarde vrou is in die slaapkamer gevind. Sy het ernstige brandwonde aan haar bene opgedoen. “Sy was in ʼn toestand van skok en erge pyn. Volgens die vrou het die brand reeds Saterdag plaasgevind, maar is die nooddienste eers ontbied toe vriende by die huis opgedaag het.”
Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.
Dit is tragies.
Soos jy sê Lida, met sò min inligting kan jy niks meer as slegs jou skok daaroor uitspreek.
Foeitog dit is tragies
Iets maak nie sin nie.