Bejaardes erg aangerand tydens De Wildt-plaasaanval

Argieffoto.

Argieffoto.

Hannes van der Merwe, ʼn bejaarde boer van De Wildt in Noordwes, moes Dinsdag ʼn kilometer ver na sy bure strompel om hulp te ontbied nadat hy tydens ʼn plaasaanval met ʼn byl aangerand en met ʼn strykyster gemartel is.

Van der Merwe se buurvrou Rina Bester, het Woensdag aan Maroela Media gesê Hannes (80) is omstreeks 09:30 buite die huis deur drie gewapende mans oorval en met die stomp kant van ʼn byl oor die kop geslaan. Hy is in die huis in gedwing waarna hy en sy vrou Annetjie (76) in die slaapkamer vasgebind is.

“Tannie Annetjie wou oor die noodradio hulp ontbied, maar is oor die kop geslaan waarna die radio uit die muur geruk en stukkend gegooi is,” het Bester gesê. “Die aanvallers het die oom met ʼn strykyster gemartel om sy kluis se sleutels in die hande te kry. Albei sy bobene is velaf gebrand.”

Die rowers het die huis geplunder en met vuurwapens, ammunisie en ander waardevolle besittings gevlug.

“Hulle het oom Hannes se ou Mercedes Benz se bande stukkend gesteek voor hulle daar weg is, sodat hulle nie met die motor kon ry nie. Oom Hannes kon daarin slaag om homself los te wikkel en het na ons plaas toe geloop,” het Bester bygevoeg.

Bester het gesê sy woon al nagenoeg 25 jaar lank langs die Van der Merwe-egpaar, en hulle is vir haar soos ouers.

Die egpaar is na die Mediclinic Brits geneem vir behandeling en hul toestand is na wat vasgestel kan word, bevredigend.

Brig. Thulani Ngubane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag die aanval aan Maroela Media bevestig. “Die polisie ondersoek ʼn saak van roof, aanranding met die doel om ernstig te beseer, en poging tot moord,” het Ngubane gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

SNEL ·

Goeiste, dit dryf mens na trane om te lees wat die oom en tannie moes deurmaak. Hoe kan hulle so wreed wees met ou mense. Hoop regtig die skok is nie te erg vir die 2 ou mensies nie. Hoop hulle vang die wetters.

anne ·

Dis so wreed en barbaars, arme twee ou mense, hoop hulle oorleef die aanval. Al ooit gehoor van blankes wat bejaarde swartmense aanval en so martel! Hulle verdien die doodstraf.

Vic ·

Die vraag is – hoekom leef 2 ou mense alleen op n plaas – waar is die common sense, mense??? Leef julle in n feeverhaal?

Ilze ·

Ai Vic, jy blameer nou die kriminele dade van boosdoeners op die arme slagoffers. Ja, dis gevaarlik om op ‘n plaas te bly, maar wie’s nou eintlik verkeerd hier? Die twee oumensies wat hul lewe wil afsluit waar hul dit waarskynlik spandeer het, of die lafaarde wat die sagte teiken kies? Die meerderheid van my familie is boere en ek vrees vir hul veiligheid en dink ook in my enigheid hul is mal en moet hul goed vat en trek, Ferreira, maar dis wie hul is, dis wat hul wil doen. Is dit verkeerd? As jou kind ‘n onderwyser se pen van sy tafel af steel, gaan jy vir die onderwyser sê dis sy eie skuld omdat hy die pen daar laat lê het?

Anton ·

Vic, Ons is VERONDERSTEL om te kan bly waar ons wil, die regering faal om die inwoners van SA te beskerm……….dis in n baie klein neutedoppie.

anne ·

Nee gladnie, maar hoekom moet oumense wat hulle lewe lank op hulle plaas gewerk en gebly het dit opgee ? dis moontlik al wat hulle het in die lewe

Charl ·

Hoekom moet hulle dit opgee, vra jy? Want hulle is nie veilig daar nie. Hulle lewens is minder werd as n poliesman s’n. Maar wie gee om – ons beledig net iemand wat die warrheid praat.

Nina ·

En waar is ENIGE een veilig? Net mooi flokken nerens! As ek stoksielalleen iewers bly, gee dit GEEN onmens gedrog die reg om toe te slaan soos hy wil nie! My magtig!

THEO ·

Dit is hartseer om te sien waarna toe die land beweeg.Kan n mens nie net een dag wakker word en dink als was net n erge nagmerie nie.Ek voel baie jammer vir die arme mense .Om te dink ons kinders moet in die eens wonderlike land grootword .Die donker wolk wat aan die bo kant van Afrika oorbeweeg het is nou amptelik hier by ons .Die ergste van als is dat ons maar net kan staan en toe kyk hoe die wolk ons pragtige volk uitwis .Ek weet ons wil graag almal iets omtrent dit doen ,maar dis tyd dat ons realiteit in die gesig staar en besef dat dinge nie gaan beter word nie .Ons kan maar net bid vir ons Almagtige God om ons te lei en by te staan in die tyd .Die wolk sal wel oorwaai.

anet ·

Hi Vic, ek verstaan jou vraag, maar dalk het die ou mensies nie ‘n ander opsie nie. Hulle lewensbloed is in daardie plaas, en kinders wil soms nie na hulle ouers kyk as hulle oud is nie.
Die plasie is moontlik hulle enigste bron van inkomste

Ons moet simpatie, en empatie he vir hierdie brose ou mensies
Ek is baie bly dat hulle die aanval oorleef het. Sterkte oom en tannie deur hierdie moeilike tyd

Antjie ·

Dit is baie hartseer om te lees van die 2 ou mense, my hart gaan uit na hulle. Ek hoop hulle herstel vinning maar die ongelukkige deel is dat die emosionele kant van die trauma nooit vergeet sal sal word nie. Ai Vic, waaroom veroordeel ons altyd die slagoffers? Hoekom bly hul daar? Waarom nie dit of dat? So asof hulle skuldig is en dit hulle skuld is? Dit is hulle lewe, brood en botter en hulle plaas. Hulle het die reg om daar te wees, nie die barbare nie. As ons in ons huise oorval word, verkrag, vermoor en gekaap word ens. Is dit ons skuld? My vraag aan jou Vic – Is dit dalk ‘n manier hoe jy jouself laat beter voel om te dink jy skuil agter jou mure en sekuriteit in ‘n stedelike gebied? Dit kan ons almal oorkom in SA, want die barbare is oral en het geen respek vir niemand of hul eiendom nie.

Vic ·

Antjie, nee, dit last my nie beter voel nie, en ek veroordeel nie die slagoffers nie – ek se empatie en gebede gaan hulle nie beskerm nie. Daar is ook geen moontlikheid vir n ou man (of n jong een ) om homself teen n groep aanvallers te verdedig nie, tensy sy huis baie goed beskerm, hy binne in sy huis en goed gewapen is nie. Ja, dit kan en gaan, meeste van ons oorkom – dis die werklikheid, help nie om oe toe te knyp nie – Maar wat is jou plan, Antjie – of gaan jy ook net bid en hoop?

marise ·

Ai vic, jy klink darm maar baie negatief… ek het vir meer as 20 jaar in n stedelike gebied gebly waar daar sek.alarems die works was en steeds word mense om ons beroof en besteel. Ek bly op de wildt n klein entjie af van die ou oom en tannie en ek se jou nou ek voel baie veiliger op die plaas as in die dorp. Dit gebeur orals ouetehuise word beroof,winkelsentrums, die bib huise en skole dit is nerens veilig nie. Maar die oom en tannie bly al jare hier hul was net slagoffers in n baie tragiese toneel. Kom bly jy hier in die bos,langs die berg, met veld om jou en jakkalse wat praat in die aand dan sal jy dalk meer empatie he vir die ouerpaar as om in mure vas te staar en wag vd ergste om te gebeur….

Vic ·

Nou maar hoop en bid jy maar verder, ou allesweet, en se solank sterkte vir al die ooms en tantes wat in 2015 aangeval gaan word – dit gaan hulle baie help. Gn wonder die Ander lag vir ons nie – koppig, dom en moedswillig – en die sagste teikens moontlik. Doe zo voort…..

christell nel ·

Ek stem. Hulle is barbare. Verdien geen genade hoegenaamd nie. Ek was nooit in my lewe ‘n rassis nie. Maar verseker word ek elke dag meer en meer een. Dis optrede soos die wat my maak wat ek is, en Mnr/Mev as ek jou nie met respek behandel nie, vra jou indringerige onwettige broeder, hoekom nie. Lewer die goed uit as hulle gevang word. Iewers moet iemand sy/haar *&&^%%$ strip en ‘n voorbeeld maak van hierdie ruggraatlose slapgatte!!

Barry ·

Vic hulle het ‘n demokratiese reg om te bly waar hulle wil. Wat egter ‘n feit is, is dat hulle maklike teikens is en daarom uitgesonder word vir hierdie lafhartige aanvalle. In my geval het ek die nodige maatreels in plek om nie verras te word nie. En die gemeenskap waar ek bly, is voordurend op die uitkyk vir elemente wat doelloos rondhang in die omgewing. En Antjie maak ‘n uiters geldige punt – net in Glen Marais aan die oosrand alleen, was daar 5 gevalle van roof/moord die afgelope 4 weke. Dus..ons moet weet, ons is in die kruisdrade van polities opgesweepde misdadigers wat glo dis hulle reg om hulpelose (lees BLANKES) uit te roei vir hulle sinistere doelwite.

Vic ·

Barry, dis waarvan ek praat – erken die feite, wees voorberei, neem verantwoordelikheid. Maar om die holruggeryde ” hulle is barbare, lafaards ens, dit is vreeslik”oor en oor te se gaan ons nie help nie! Hulle is lafhartig, dis hoekom hulle die teikens kies wat hulle kies, en hoekom hulle nie openlik se dat daar n volskaalse uitwissing aan die gang is nie – dit word alles onder die dekmantel van die vreedsame reenboognasie gedoen – alhoewel ek sien daar is al hoe meer glipsies van die tong – maar al die kennis gasn ons nie help as ons, soos reeds gese, nie onsself help nie.

Madelein ·

En weereens is die kans 99,99% dat dit nie Suid-Afrikaanse burgers is wat die misdaad gepleeg het nie. Sterkte vir die oom en tannie.

pop ·

Vic jys heeltemal reg. Die oumense is heeltemal te gerus. Om alleen te woon in die bloedbad van n land is moeilikheid soek. En as hulle kinders het stel en voor hulle rig veiligheidsheinings en alarms in vir hulle ouers. Hulle wil dikwels nie n las wees vir die kinders nie en sukkel maar so alleen. Die gemors het tot binne die huis gekom, dan help daai radio niks.

Rina Kruger ·

Baie sterkte vir die Oom en Tannie.

Mense is so baie vinnig om te kritiseer. Het julle al gedink in wat se dilema sommige boere kan wees? Sy plaas is vir hom meer werd, hy kan bly en hy kan ‘n inkomstetjie genereer. In meeste van die gevalle met die plaasaanvalle as rede kan die boer nie sy prys vir die grond kry wat dit moontlik werd is nie. Die geldjie is dalk net genoeg om ‘n ander blyplek te bekostig. Wat van oorlewingskoste ens.

Ek se nie dit is die geval by die oom en tannie nie, maar soms is daar redes agter.

Ons kan net vir hulle bid en sterkte toewens! xxx

Theresa ·

Nog elke dag sovêr hierdie jaar is daar sulke aanvalle. As jy die koerant oopmaak is dit die 1ste wat jy lees. Nog mensies aangeval, nog vermoor, nog gemartel. Liewe hemel – waar gaan dit eindig. Hoop die goed word nie gevang nie maar wel vrek geskiet. Hulle verdien niks minder nie.

CJ ·

Vic, jy is baie baie slim. Dink bietjie verder as wat jou neus lank is. Net dalk het die oom en tannie nie voorsoening gemaak vir hulle oudag aftrede nie. Daarom bly hulle aan op die plaas/plot. Wat wel belangrik is, is dat die mense op plotte en plase meer bedag moet wees. Ek self is in die De Wildt omgewing, hier is ‘n buurtwag/radio beheer groep. Duidelik het die aanvallers daarvan geweet. Los maar eerder jou beterweterige houding ad jy nie mense se omstandighede ken nie

Lillian ·

Ek sal ook nie gee pad van my plaas af net omdat misdadigers my probeer verwilder nie!

Ieder geval, ek hoop die gemors word gou gevind en dan moet die plaasboere maar sommer self met hul afreken want hulle gaan net borg kry as hul toegesluit word, om voort te sit waarmee hul besig is.

Marie de Klerk ·

Om in ‘n ordentlike aftreeoord te bly kos tot R18500pm. My ma is 81 en dis wat familie moet betaal. Waar kry al die oumensies sulke geld? Ons ou mense is geteiken en ek voel so magteloos want my hare is ook al wi se kant toe!

Elize ·

Marie nee duidelik weet jy nie wat ‘n aftree oord kos nie. Daardie bedrag is per maand, sonder enige byvoordele nie, alleenlik net vir verblyf. Jy moet ‘n bietjie jou huiswerk gaan doen poppie

Vic ·

Goeie more Suster, duidelik verstaan jy nie die woord kommentaar nie – jy het geoordeel, nie gekommentaar nie ” duidelik ken jy nie die God wat ek ken nie” – nie n kommentaar nie, maar n oordeel. ” duidelik lees jy nie jou Bybel nie” – n oordeel, baseer op geen feite nie. “omdat jy so naief is” – n oordeel, gebaseer op geen feite nie”, ” jou hoe mure en stad en veiligheidshekke, en alarm en wapens” – n waarneming gebaseer op n oordeel wat totaal verkeerd is – ek het geen mure om my huis nie, het geen alarmstelsel nie, het geen hek nie en besit nie n wapen nie – maar baie geluk, ek bly wel in n stad – soortvan.”wees versigtig, baie versigtig. God laat nie met hom mors nie” – n dreigement, nie n vermaning nie.
Maar jy is reg, die tong is n gevaarlike wapen. Die Woord se ook, kyk eers na die balk in jou eie oog……so voordat jy jou medemens vermaan, miskien so bietjie meer fokus op jouself? Miskien die eie raad volg en die mond uitspoel? ( ai, klink tog so na my ouma). Daarna, na al die lawaai, gaan kyk tog gerus weer na wat ek gese het – en laat my weet wat presies so vreeslik was daarin dat jy dit nodig vind om my namens God te dreig. En daarna, kom tog met iets anders vorendag as dreigemente van jou medemens om die oumense op plase te beskerm? Kom ons doen n eksperiment – verdeel die mense in 2 groepe, beveilig die een groep, en bid vir die ander – watter groep plaas jy jou ouers in?

Elize ·

Vic. jou aanmerking in die begin was skokkend, en nou wil jy ‘n algemene argument op sosiale media veroorsaak. Staan jou man en bly liewers stil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.