Bek-en-klouseer: Boere gestraf terwyl onsinnige regulasies, misdadigers siekte versprei

(Foto: Maroela Media)

Die tweede groot uitbreking van bek-en-klouseer binne vier maande wys dat die regering geen werklike erns het om die siekte te bekamp nie en die verspreiding daarvan selfs met onsinnige regulasies aanhelp.

Só sê Tammy Breedt, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder oor landbou. “Die verbod van drie weke op die vervoer van beeste wat die minister van landbou, Thoko Didiza, gister deur ʼn mediaverklaring aangekondig het, sal nie net ernstige gevolge vir boere inhou nie, maar sal ʼn negatiewe impak hê op verbruikers en die rooivleisbedryf.”

Die besonderhede van die beperkings is nog nie in die Staatskoerant gepubliseer nie.

“Teen hierdie agtergrond is dit verstommend dat die minister wel toestemming gee dat vee vir ‘rituele doeleindes’ vervoer mag word. Dit is onaanvaarbaar dat beesboere totaal lamgelê word terwyl misdadigers dié sogenaamde rituele doeleindes wyd kan misbruik om hul bedrywighede voort te sit.”

Breedt sê die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling erken in ʼn oorsigverslag wat ook gister uitgereik is, dat die onwettige vervoer van diere een van die hoofoorsake is vir die verspreiding van bek- en klouseer.

“Tog word geen spesiale voorstel gemaak om dit aan bande te lê nie buite deur te sê dat die ‘bedryf’ die polisie ‘aktief’ help teen oortreders. Die VF Plus het reeds vroeër vanjaar gewaarsku dat misdaad en die veiligheidsnet wat veronderstel is om die verdere uitbreking van bek-en-klouseer te voorkom, klaarblyklik vol gate is.”

Met die vorige uitbreking in Mei het China ’n onmiddellike verbod geplaas op die invoer van gesplete hoefdiere en hul produkte, soos wol, vanuit Suid-Afrika.

“Die voortdurende voorkoms van die siekte raak die groter Suid-Afrikaanse ekonomie direk wat steeds probeer om die gevolge van die Covid-19-regulasies af te skud. Streng beheermaatreëls is ná die wye uitbreking van 2019 in plek gestel en geld is bewillig vir veilige sones om toe te sien dat besmetting nie versprei nie. Dit is duidelik dat die uitvoering hiervan veel te wense oorlaat.”

Suid-Afrika het in 2019 reeds sy internasionale status by die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid verloor wat ’n swaar slag vir landbou en die veebedryf in besonder was.

“Die VF Plus sal opnuut in gesprek tree met die nasionale departement van landbou om wetstoepassing te laat opskerp en toe te sien dat uitvoering gegee word aan biosekuriteitsmaatreëls wat eerder die bedryf gaan help as straf soos met hierdie verbod.”

Atholl Trollip, voorsitter van ActionSA in die Oos-Kaap, meen ook minister Didiza moet dringend die “onlogiese verordening” op die verbod van die vervoer van beeste hersien en herroep. “Daar moet eers ʼn verskeidenheid van ingrypings oorweeg word wat nie die lewensbestaan van die veebedryf sal verwoes nie.”

Trollip sê sy organisasie versoek dat Didiza ʼn vergadering sal belê met alle belanghebbendes om ʼn verstandelike en volhoubare aksieplan te beraam wat op ʼn wetenskaplike wyse sal help om van dié verwoestende siekte ontslae te raak.

“ActionSA word oorval deur klagtes en woede oor die jongste impulsiewe optrede deur die minister omdat dit dreig om die lewensbestaan van duisende boere en plaasarbeiders te verwoes. Daar is daagliks veeveilings en verkope van vee wat noodsaaklik is vir die welstand van die rooivleisbedryf en net so belangrik is vir die veiligheid van die voedselketting van miljoene Suid-Afrikaners in die land.”

Trollip sê hy het begrip vir die minister se geldige behoefte om die uitbreking te beheer. “Maar ons glo dat daar meer sinvolle alternatiewe is. Volgens ons is die vrystelling dat vee vir ‘rituele slaging’ vervoer mag word arbitrêr en dus irrasioneel. As die minister glo dat daar ʼn verbod geplaas moet word op die vervoer van beeste, dan moet alle bewegings verbied word.”

Trollip voeg by dit is duidelik uit hierdie onverstandige besluit dat die minister en die ANC-regering geen ander idee het hoe om bek-en-klouseer te beheer nie.

ActionSA stel voor dat die departement van landbou ʼn rampbestuurspan sal aanstel in samewerking met landbou-organisasies, vakbonde, rooivleisvervaardigers en privaat veeartse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Elizabeth ·

Dis baie eenvoudig. Die ‘regering’ het geen benul hoe om die siekte te bekamp. Verder is hul koppe te groot om goeie advies te aanvaar van die wat weet en ons weet almal wie is die wat weet.

Theuns ·

Boere het ook “rituele” sos bv veeveilings en omm diere te vervoer om wedding te verander. Dis tyd dat Boere hul ritual volg soos toegelaat. Daar word te maklik aanvaar net merderheid het regte en rituele. Daar us nie ‘n ras gekoppel aan eeue use rituele/ tradisies nie. Net nog ‘n manier om wetsgehoorsames te onderdruk deur onbevoegde cadre.

Jack ·

Dit sluit baie mooi aan by die covid 19 regulasies wat ingestel is. Net sekeres word toegelaat en ander nie. Die toordokterstaat is besig om homself te vernietig.

Gerrie ·

Die ANC het geen idee hoe om ‘n land konstruktief te lei nie. Al wat hulle ken is freeDOM.

Christine ·

Hulle is opgelei in terrorisme. Moet dit nooit vergeet nie.

007 ·

Waar kom die siekte vandaan? By die beeste wat so rondloop en nie behoorlik op kamp staan nie. Die diere eet menslike uitstorting wat in die strate afloop. Dan gaan hulle slagpale toe en beland op die 5% afdwing bare plaaslike vleis wat gekoop moet word by Spar. Ek en jy eet dit.

Kokerboom ·

Die ANC se landboubeleid(?) asook beleide op ander gebiede toon die volgende gebreke:
1) Dit bestaan nie —geen sinvolle idees en oplossings
2) Hul sukkel met oorgang tussen derde en eerste wereld
3) Hul verwronge idee dat rituele slagtings ekonomise aktiwiteit bevorder
4) Hul absolute gebrek aan begrip van hoe ‘n ekonomie werk
5) Hul verwarde begrip van verskil tussen demokrasie en monargie/outokrasie
6) Hul gevoellose misbruik van armes om hul gierige politieke doelwitte te bereik

Buks ·

Watvan die rondloper vee wat onbeheerd verby plase loop in die paaie lê en help die siektes versprei?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.