Bekende beeldhouer van Knysna sterf

(Foto: Facebook/Knysna Fine Art)

Theo Megaw, ʼn bekende beeldhouer van Knysna, is verlede Donderdag in die ouderdom van 95 jaar dood.

Luidens ʼn plasing op Knysna Fine Art se Facebook-blad is Megaw vreedsaam in sy huis op ʼn afgeleë plaas in die Outeniekwaberge dood, waar hy vir baie jare gewoon het.

“Dit is met ʼn swaar hart dat ons die dood van een van Suid-Afrika se grootste beeldhouers aankondig.

Megaw was veral bekend vir sy bronsbeelde en dié werk is gesog by versamelaars op vyf vastelande. Sy seun Toby, ook ʼn beeldhouer, sit sy nalatenskap voort.

Megaw was ʼn kluisenaar en het talle beelde in brons, klip, hout en staal in sy ateljee op sy afgeleë plaas gemaak. Die meeste van sy beeldhouwerk word in die Knysna Fine Art-galery uitgestal.

“Die son kom vandag weer getrou in die ooste op, maar nie almal sal dit sien nie,” skryf Christien Neser, gewilde jeugverhaalskrywer, in ʼn plasing op Facebook. “Ons het met hartseer verneem van Theo Megaw se afsterwe. Hy was nederig, skaam, selfspottend en eenkant.

“Die kluisenaar van avontuur, alleen op sy plasie, met sy kuns en sy diere. Maar sy sonderlinge talent het hy in brons gegiet,” skryf Neser.

“Jy leef vir altyd, Theo. Saluut vir ʼn skugter man wat fyn momente verewig het. Ons ag onsself bevoorreg om jou en jou werk te kon ken.”

We are sad to announce the passing of one of South Africa's great sculptors. Mr. Megaw, who was 95 died peacefully at…

Posted by Knysna Fine Art on Thursday, March 28, 2024

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.