‘Belastinggeld misbruik vir politieke elite in Mpumalanga’

Werner Weber

Belastingbetalers moet ʼn bykomende R79 miljoen opdok vir die luukse personeeldorp buite Mbombela (Nelspruit) waar hooggeplaastes van die provinsiale regering voortaan sal bly.

Volgens Werner Weber, VF Plus-LPW en die party se leier in Mpumalanga, beloop die totale konstruksiebegroting vir hierdie projek nou al meer as R600 miljoen terwyl die aanvanklike doel klaarblyklik was om koste vir die regering te bespaar.

Die spertyd vir die afhandeling van bouwerk was aanvanklik 2018, waarna dit tot 2020 aangeskuif is en toe tot 2022. Dit is nou verder tot Junie 2023 aangepas.

Dit volg ná afloop van gemeenskapsopstande wat konstruksiewerk gekniehalter het en konstruksiekoste die hoogte laat inskiet het.

Opstande van die Matsafeni Trust-gemeenskap het daartoe gelei dat die departement van openbare werke versoek het dat die konstruksieterrein 24 uur per dag deur polisielede bewaak word, sê Weber.

“Dit het bykomende druk op die polisie se hulpbronne geplaas waarvan daar reeds ’n tekort in die provinsiale polisiemag is.

“Verdere koste vir die belastingbetaler is die water- en elektrisiteitstoelaag van R5 000 wat elke lid maandeliks sal ontvang wanneer hulle die eenhede beset. Lede sal ook nie huur betaal nie.”

In geskrewe antwoorde op die VF Plus se vrae, het Mandla Ndlovu, LUR van die departement van openbare werke, geantwoord dat 31 luukse huise, ’n groot ontspanningsterrein met ’n swembad en gimnasium, kantoor- en sekuriteitsgeboue en ’n helikopterblad beplan word.

Die totale vloeroppervlakte van die premier se huis is 980 m², die speaker se huis is 913 m² en ’n gastehuis vir besoekende staatsamptenare is 882 m².

Die 12 vierslaapkamerhuise vir LUR’e sal elk om en by 596 m² groot wees, en die 16 drieslaapkamerhuise vir die lede van die provinsiale wetgewer sal elk sowat 376 m² wees.

Die goedgekeurde omvang van die personeeldorp was aanvanklik vir 15 000 m². Dit is tot 20 000 m² aangepas.

“Of hierdie nuwe omvang reeds goedgekeur is, is onduidelik uit die departement se antwoorde.

“Dit is onregverdig dat die belastingbetaler miljoene moet betaal om aan hierdie mense ʼn onnodig luukse leefstyl te gee terwyl miljoene mense werkloos en sonder kos is.”

Die VF Plus het gesê hy sal verdere vrae indien om die publiek in te lig oor die vermorsing van belastinggeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Wondermaarnet ·

Ongelukkig het ek nie ‘n keuse waarheen my belasting geld gaan nie. Ek sou defnitief nie bydra tot hierdie gekkespul nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Mzanzibabwe regime gaan ons leegsuig. Eendag sal ons vra: “Nou wat het gebeur?”

Phillip ·

Ek dink nie so nie, met die narre , kan daar nog baie uit die hoed gehaal word wat ons gaan verras

Republikein in die Wes Kaap ·

Erger as in Afrika. Hoe vinniger die Wes Kaap afstig van Mzanzibabwe, hoe beter. Lg. kan nie meer gered word nie.

gatgogga ·

Misdaad floreer slegs wanneer dit toegelaat word. Waar die kriminele invloed van die ANC beperk kan word, sal kriminaliteit ook vasgevat kan word, Delia.

Delia ·

Bende aktiwiteite kom al vir dekades aan op die Kaapse vlaktes al lank voor ANC. Maar mens moet bly hoop

Republikein in die Wes Kaap ·

Delia, die Wes Kaap is baie groter as die vlaktes. En hulle mag dalk verkies om deel te bly van die hool wat Suid Afrika genoem word.

Delia ·

Ek dink dit sal ook al beter gaan met ons blankes as ons besef ons bly almal in SA, nie in onderskeie provinsie. Daar is goed en sleg in elke provinsie. Eendrag maak mag.

Republikein in die Wes Kaap ·

In die ideale wêreld, Delia. Maar nou is ons almal oor die afgrond en moet nuwe planne maak.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Wes Kaap se polisie sal bestaan uit hoogsopgeleide beamptes, nie ‘n klomp kriminele nie. Die hoedman sal beslis nie ‘n minister wees nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Afwenteling van magte kry nou momentum. Die olifant in Pretoria se mag word stuk-stuk weggekalwe. Dan volg afstigting waar planne reeds in plek is vir kantonne of deelstate. Dinge gebeur Rocco.

Harley Davidson ·

Maar kom volgende verkiesing stem die armste mense weer in hulle hordes vir die onbevoegde regime.

Henry ·

Dit is een ding wat die regering baie goed kan doen is om geld te misbruik.

Kokerboom ·

Rerig? Hoe lank gaan nasionale Tesourie nog die onbeheersde verkwisting van belastingbetalersgeld toelaat? Infrastruktuur val uitmekaar maar sulke verspilling word toegelaat. Mnr Kieswetter en kie: word wakker!

Kokerboom ·

Ek het genoem Kieswetter en Kie..sluit Tesourie in. Hy behoort vrae te vra WAAR gaan geld heen!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

SARS vorder belasting in. Tesourie spandeer dit. Beide hoofde rapporteer aan dieselde minister.

Keelvol ·

Tony Ngenyi het dit gestel; “I didn’t struggle to be poor.” Daarom is hulle besig om ryk te raak vanuit die belasting betaler se sak.

Danie ·

Die soustrein loop ook nie meer nie.Die krane loop droog en die ligte is af.Wat wil hulle nog pasela he.?

Republikein in die Wes Kaap ·

Die heersers sal elke bate stroop en verkwansel. Tot ‘n lokomotief en Grippen.

Kensy ·

Kan julle nou vertaan waarom dring die staats apmtenare aan op n salaris vehoging na drie jaar?
Daar word gese daar is nie geld nie!
Daai memo het bleikbaar nie by die politici van die land uitgekom nie.
Dus ON- AAN -VAAR- BAAR!!!!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek hou nie van stakende amptenare nie, maar dit sal al wees wat die politici tot orde roep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.