Bellville-prokureur vas vir ‘bedrog’ van miljoene

(Argieffoto)

ʼn Prokureur van Bellville in die Wes-Kaap verskyn na verwagting Dinsdag weer in die landdroshof nadat hy vroeër op aanklagte van bedrog en diefstal in hegtenis geneem is.

Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, het gesê Brian Albertus Baumann (53) is Donderdag in hegtenis geneem nadat ʼn ondersoek bevind het hy het sy kliënte glo uit meer as R27 miljoen bedrieg. Baumann het na bewering vals eise namens slagoffers by die Padongelukkefonds ingedien.

“Baumann is in aanhouding en sal na verwagting aansoek doen om borgtog,” het Hani gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wondermaarnet ·

Gooi weg die sleutel en hou hom agter tralies. Ek kon nie eis na my ongeluk nie, want daar was nie geld nie en die saak sou jare sloer. Ek het opgegee en dit is deur mense soos hierdie skelm vraatsugtige prokureur dat daar nie geld is nie.

Moedeloos ·

Ek hoop die Valke se vinnige optrede treen die Staatsleiers wat bedrog en korrupsie pleeg is net so vinnig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.