ʼn Beloning van R10 000 is uitgeloof vir enige inligting rakende kunswerke wat verlede maand tydens ʼn kaping in die ooste van Pretoria gebuit is.
Kapt. Dave Miller, woordvoerder van die Lyttelton-polisie, sê die kaping het op 15 April omstreeks 11:30 langs die N1-snelweg naby die Solomon Mahlangu-brug in Pretoria plaasgevind.
Daar was kunswerke van bekende kunstenaars – onder wie WH Coetzer, Ignatius Marx, Helene Kapp, Margaret Gradwell en Gerhard Smit – in die gekaapte voertuig. Die motor was van ʼn kunsveiling onderweg na ʼn kunsgalery waar die werk uitgestal sou word.
Miller sê die motor is na die kaping teruggevind, maar die skilderye was spoorloos.
Die betrokke partye bied nou ’n beloning van R10 000 vir inligting om die vermeende diewe op te spoor en die kunswerke terug te vind.
- Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, kapt. Strijdom, by 082 419 9737 bel
- ‘n Kunswerk van Helene Kapp (Foto: SAPD)
- Dié kunswerk van Gerhard Smit is tydens die kaping gesteel (Foto: SAPD)
- ‘n Kunswerk van Ignatius Marx wat gesteel is (Foto: SAPD)
- Nóg ‘n kunswerk van Ignatius Marx (Foto: SAPD)
- Een van Gerhard Smit se kunswerke (Foto: SAPD)
- ‘n Kunswerk van WH Coetzer wat ook in die gekaapte motor was (Foto: SAPD)
- ‘n Kunswerk van Margaret Gradwell (Foto: SAPD)
- Die motor met die kunswerke is op 15 April in Pretoria gekaap (Foto: SAPD)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Dis onberekenbare skade.
‘n Skildery het jare gelede by Menlyn in ‘n ontvangs lokaal so verdwyn. Onvervangbaar
Seker weer op swartmark verkoop. Hoe het die kapers vd skilderye in die voertuig geweet. Wonder maar net
Die kaping het die 15de April plaas gevind, sal die skulderye gevind word, dalk al klaar in die buiteland en verkoop op die swart mark.