Beloning nóg groter vir inligting oor DA-moord

Raadslid Nhlalayenza Ndlovu. (Foto: Facebook)

Die DA het Donderdag nóg R100 000 uitgeloof vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming én eindelike skuldigbevinding van raadslid Nhlalayenza Ndlovu se moordenaars.

Die opposisieparty bied nou ’n reusebeloning van R200 000 aan vir betroubare inligting wat sal verseker dat Ndlovu se moordenaars boet vir sy moord.

Die DA het ook nou ʼn private aanklaer-geleide ondersoekspan aangestel om die moordenaars op te spoor, het Francois Rodgers, DA-leier in KwaZulu-Natal, Donderdag tydens ʼn besoek aan Ndlovu se bedroefde familie gesê.

Rodgers het onder meer Ndlovu se vrou verseker dat geen steen onaangeroer gelaat sal word en geen koste gespaar sal word om te verseker dat geregtigheid geskied nie.

Rodgers het egter teenoor die familie én lede van media erken dat daar tans meer vrae as antwoorde oor die moord op Ndlovu is.

Maroela Media het vroeër berig Ndlovu, die DA se hoofsweep in die uMngeni-munisipaliteit, is Dinsdagaand koelbloedig in sy huis doodgeskiet terwyl sy vrou, kinders en hul oppasser teenwoordig was.

Nie minder nie as tien skote is na bewering afgevuur voordat Ndlovu se moordenaars op die vlug geslaan het.

Rodgers meen Ndlovu se koelbloedige moord is die gevolg van die ANC en Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se mislukking om in te gryp by politieke moorde in KwaZulu-Natal.

Rodgers beweer die ANC is deel van die probleem en nie die oplossing nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theuns ·

Verbaas? Meer van dieselfde ou bewese en werkswyse.
Hul sal GEEN SAPS hulp kry.
Moordenaar se kans on skotvry weg te kom is 95%..
DA kan hulle kry dan kom hul.uitnop R50 borg en verdwyn.
Die REGTE RSA na majority rule in 1994.

Samuel ·

SA is seker een van die gevaarlikste lande ter wêreld om in te woon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.