Bende-eenheid in Nyanga aangeval

Lede van die polisie se bende-eenheid. (Foto: SA Polisie)

Lede van die polisie se bende-eenheid in die Wes-Kaap was Woensdag onder skoot toe hulle ʼn moordverdagte in Nyanga in hegtenis wou neem.

“Ses lede van die eenheid teen bendegeweld is gewond toe hulle verdagtes in Samora Machel in Nyanga, vanoggend in die vroeë oggendure nagespoor het,” het brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, gesê.

Die polisielede het pas een persoon in die Sweet Home Farm- informele nedersetting in hegtenis geneem in verband met onlangse moorde in Samora Machel, toe daar op hulle losgebrand is.

“Terwyl die lede gesoek het na nóg ʼn verdagte wat ook met ernstige misdaad in die gebied verbind word, het skote uit een van die hutte geklap,” het Potelwa gesê.

“Twee polisielede is ernstig beseer en nog vier is gewond. Hulle word almal in ʼn hospitaal behandel.”

Toegang tot die gebied is moeilik, die buurt is swak belig en hutte is digby mekaar. Dit maak die area ʼn gewilde wegkruipplek vir gevaarlike misdadigers en die omgewing het onlangs onder ʼn rits moorde deurgeloop.

Die polisie soek steeds na die aanvallers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Al ·

Die moordenaars het lankal hul vrees vir die polisie verloor. Skrikwekkend hoe misdaad toegeneem het in SA en die regering hul greep verloor het op misdaad.
Ek bid vir die volle herstel van die polisielede alhoewel die trauma nie uitgewis kan word nie.

Lana ·

Opvallend dat daar so baie BLANKE lede is in die “bende-eenheid”.

Wielspore ·

Die Wes Kaap is tradisioneel kleurling woongebied en dit is die ligte vel kleur wat jy raaksien.

Frans C ·

Die mees ontstellende is die feit dat misdadigers nie langer skrik vir die polisie nie.
Mag die gewondes spoedig herstel en sterkte word hul en hul familielede toegewens.

Daar is onder die ANC-regering meer ‘no go areas’ as wat daar onder die ou regering was.

Sarel ·

Moet ons altyd gepla wees oor ras. Die mense is geskiet terwyl hulle diens gedoen het. Aangesien die gebied so moeilik bereik Kan word wonder ek net of beter versorg nie getref kon gewees het nie. Nou moet die Polisie en Weermag in beweeg en skoon maak. Maar ja Parlement sal so aksie seker nie goedkeur nie.

Chris Ws ·

Die Weermag moet hier en in ander bende geteisterde woongebiede in die Kaapse Vlakte ontplooi word.Die bendes moet geheel en al uitgewis word.Hulle is ‘n euwel.

Henri B ·

Ons wonderlike Polisie mag.
Dis ‘n joke.

6 van hulle gewond…say no more

Superfilly ·

En dan wil Bheki Cele die privaat sekuriteit…………………

koos ·

Die SAPS het 3 hoogs opgeleide eenhede vir die tipe operasies (STF, NIU en TRT waarvan al drie in Kaapstad eenhede het), en sover my kennis strek is die AGU nie spesiaal takties opgelei nie. Waarom dan nie die spesialiste in die operasies betrek nie? Interne politiek?
Sterkte vir die lede, en ek hoop hulle herstel gou. Ek hoop die SAPS besef nou dat kriminele vir niks skrik nie, veral nie in die Kaap nie.

piet piet ·

Niemand is opgelei vir enigiets nie ,kry eerder n ordentlike sekuriteits maatskappy ,6 per dag dit gaan nie lank wees nie dan is die hele eenheid uitgewis.

Johan ·

Lekker man!!As oud polisie man was daar Nie n no go plek in die ou SA Nie!Een week met die ou mag en daai is op n einde,verdagtes wat nog leef word vinnig voor n hof gebring met spesialis speurders wat sake ondersoek.

Bekwame senior aanklaer met ondervinding word in gebring om aan te kla voor n streekslandros wat Geen vertraagingstaktiek duld Nie.

Vir die wat agterbly word n eenheid gegee wat wet en orde Kan toe pas en Na n maand is almal so mak Soos lammetjies….

marous ·

Diegene wat daar bly weet presies wie dit is . Vat die Caspirs en ry die plek plat . Hoed kan sommer bo op sit terwyl hulle dit doen.

Andreas ·

Ek hou van die voorbladfoto waar die vrou van die polisie doelgerig nadergestap kom en die handskoene aantrek.

Morné ·

Dis tyd om die weermag te stuur…..help my reg as ek verkeerd is, maar net om aan n bende te behoort is n misdaad en kan tot 5 jaar tronstraf opgelêword? Laat die misdadigers wat so lekker op ons belasting geld lewe in die plesier-oorde hulle ruggies buig en tronke bou….dan is daar genoeg plek om al die vuilgoed op te sluit……oh ja gaan nie werk nie…..hulle het mense regte!

Jakes ·

Ek ken n paar manne van TRT wat baie graag daar sou wou wees en indien hulle was sou die opskrif baie anders gewees het.

Diefie ·

Vra die Wes Kaap se polisie, oor wie in watter gebied moet werk, sal jy gou hoor dat van die polisie manne en vroue nie in die townships wil werk nie, want hulle en hulle gesinne word gedreig.

Josua Keys ·

Die bende lede kan hul sterre dank die ou SAW bestaan nie meer bestaan nie want dit sou die laaste keer gewees het dat hulle op die polisie geskiet het, weereens onbevoegde mense aan die stuur van die weermag en polisie mag, die polisie moes onmiddellik ‘n noodtoestand uitgeroep het die weermag ingetrek het die hele gebied omsinngel het en huis vir huis deugegaan het soos ons jare terug in Bekkersdal en Mamelodie gedoen het, ons was meer as 3000 troepe meer as 250 buffels en ons het die lugmag ook betrek dit is hoe jy die gemors gaan uithaal, gatkruip en smeek help nie meer nie daadwerklike aksie is die enigste oplossing om die probleem op te los maar die regering maak geld hieruit so waarom sal daar aksie geneem word teen die bende lede, mense lewens beteken niks vir die ANC nie-nie eens hul eie mense word beskerm nie.

Christien vd Westhuizen ·

Joshua Keys jy praat die heilige waarheid dis hoe dit gedoen moet word dit werk

Enola Gay ·

Stuur die weermag in en hou op skaak speel met polisielede se lewens!

DS ·

Weermag…. Watter weermag?? Mense die weermag wat voor 1994 bestaan het bestaan NIE meer NIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.