Bendegeweld lei glo tot ses se dood

(Foto: Facebook/ Russel Human)

Misdaadtoneelkenners is besig om ʼn toneel in Ocean View, Kaapstad, te fynkam waar ses mans Woensdagoggend doodgeskiet is.

Brig. Novela Potelwa, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê voorlopige inligting dui daarop dat ’n voertuig omstreeks 10:50 voor ’n huis in Neptunelaan in Ocean View stilgehou het.

Die insittendes van die voertuig het glo daarna die perseel binnegegaan en op individue in die huis losgebrand.

“Vyf mans, tussen 20 en 50 jaar oud, is in die skietery dood terwyl ’n sesde persoon kort ná sy aankoms by die hospitaal aan sy skietwonde beswyk het,” sê Potelwa.

Die motief vir die skietery is vermoedelik bendeverwant en geen inhegtenisnemings is al gemaak nie.

Speurders van die provinsiale teenbende-eenheid ondersoek ses aanklagte van moord.

Die publiek word gevra om die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te skakel met inligting oor die voorval. Lede van die publiek kan ook inligting via die MYSAPS-app stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Casper ·

Hoor my lied,binnekort gaan moord statistieke in SA hoër wees as enige ander oorsaak.Wie moetons bedank,julle weet wie.

Shakespeare ·

Hoeveel SAP lede is betrokke en hoeveel ANC Ministers deel in die buit ???

Danie ·

Kom ons maak n voorspelling moordsyfer gaan 90 moorde per dag in SA verby die hoogste ter wereld.Kry sommer 3 sekeriteits dienste want hulle reageer ook nie.

Elméne ·

Sou graag wil weet – die DA wat weereens so “vry” na stemme vir die volgende verkiesing, hand en mond belowe hoe “goed” hulle die land sal “herstel en bestuur” – hoe wonderlik dit gaan in die dele waar hulle die meerdeerheid het en in “beheer” is van daardie gebiede????? Waarom kry hulle nie die bende geweld onder beheer nie, of het hulle ook nodig om “minster van geweld” aan te stel?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.