Bernice West en Jannes Erasmus verloof

Jannes Erasmus en Bernice West is verloof. (Foto: Bernice West/Facebook)

Op ’n strand in Zanzibar is Bernice West en Jannes Erasmus nie net besig om ’n suksesvolle musiekspel en ’n splinternuwe album te vier nie, dié twee klink nou ook ’n glasie op die ring wat sedert gister (26 Junie) aan West se vinger pronk.

Terwyl die tweetjies op die strand lê en ontspan, borrel die opgewondenheid oor terwyl hulle met Maroela Media gesels.

“Ek kan nie ophou glimlag nie! Dit slaan my nog elke nou en dan weg,” het West gesê.

Erasmus, wat Sondagmiddag tydens sonsondergang op die strand die groot vraag gevra het, vertel dat hy dit so romanties moontlik wou maak.

“Hier besit die regering eintlik die strande, en ek weet mens kan in hegtenis geneem word as jy so iets op die verkeerde plek doen. Ek moes versigtig wees en het dit maar in my eie hande geneem.”

Die risiko het egter vrug afgewerp, en hy het tans ’n stralende verloofde wat langs hom sit.

(Foto: Bernice West/Facebook)

Die paar, wat al byna drie jaar uitgaan, het op die verhoog ontmoet, en dit is daar waar hul liefde voortgeblom het.

Op die planke van die AfriForum Teater in Pretoria het Erasmus en West saam aan die musiekspel, Die Gelofte, gewerk. Erasmus as regisseur en skrywer, en West as die mooie Maria.

Ná twee suksesvolle speelvakke, het die paartjie Zanzibar toe vir ’n welverdiende blaaskans vertrek.

Erasmus vertel skertsend dat West snuf in die neus gekry het toe hy tydens een van die Die Gelofte-vertonings na een van haar ringe wou kyk.

“Haar naeltegnikus het ook gespot en gesê dat sy ’n mooi kleur moet kies, sy gaan dalk foto’s van haar hand wil terugbring.”

West raak opgewonde wanneer sy vertel hoe Erasmus haar been trek oor hoe baie sy glimlag.

“Hy spot my al en sê dat dit nou werklik goed is dat ons nie meer maskers in Suid-Afrika hoef te dra nie, nou kan ek vir almal wys hoe gelukkig ek is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jannie van Niekerk ·

Of ek lees nie genoeg nuusberigte nie of ek ly aan Altzheimsers maar ek het NOG NOOIT van die tweetjies gehoor nie…

Lizel ·

Sy is ‘n Afrikaanse sangeres – Een van haar liedjies is Sonopblom, Youtube gerus :)

Ruby ·

Pragtige meisie en ring.

Die 1ste foto wys die ring aan die regterhand?

LIEZL ·

dis wanneer hul selfies neem en nie die foto’s terugkeer of omkeer nie. Ek hou niks daarvan as mense dit doen nie en sien dit elke keer raak. As jy iets geskryf het op ‘n hoed of hemp, dan is dit ook agterstevoor

JohanR ·

Het nie ‘n clue wie die twee is nie. Is hulle beroemdes?

JohanR ·

Nerens naby die twee onbkendes. Maar ek ken vir U2 en Pink Floyd!

Jannie van Niekerk ·

Nou Samuel, ek weet ook nie wie hulle is nie. Sal jy asb vir my en Johan sê wie hulle is?

Jannie van Niekerk ·

Moenie sleg voel nie Johan, ek weet ook nie wie hulle is nie.

Lizel ·

Sy is ‘n Afrikaanse sangeres… Youtube Sonopblom, dis een van haar eerste liedjies wat haar beroemd gemaak het :)

Samuel ·

Baie geluk Bernice en Jannes. Voorspoed vorentoe. Bernice, jy sing pragtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.