Berugte polisieman ontslaan; ondersoek na vrou se dood gaan voort

Kapt. Awie Geldenhuys.

ʼn Berugte polisiebeampte van Mpumalanga is deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ontslaan en word intussen steeds ondersoek nadat sy vriendin uit sy bewegende motor gespring of geval het.

Kapt. Awie Geldenhuys was aan die polisie in eMalahleni (Witbank) verbonde en Maroela Media het van ʼn betroubare bron verneem dat hy reeds verlede week ontslaan is.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die provinsiale polisie, het gesê daar kan nie kommentaar gelewer word oor ʼn aangeleentheid tussen ʼn werkgewer en werknemer nie.

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) se ondersoek na Geldenhuys is intussen steeds aan die gang. Sontaga Seisa, woordvoerder van Opod, het gesê daar word in dié stadium steeds op die DNS- en bloedtoetsverslae gewag.

Opod het Geldenhuys begin ondersoek ná die dood van die 31-jarige Maryka Kleinhans met wie hy in ʼn verhouding was. Kleinhans is die aand van 27 Januarie dood nadat sy glo uit ʼn motor geval of gespring het naby Loskopdam. Geldenhuys het glo die motor bestuur.

Ná die voorval het verskeie vroue na vore gekom wat beweer hulle is deur Geldenhuys aangerand of seksueel gemolesteer.

“Dit is ʼn verligting om te weet daar word ten minste iets gedoen. Dit is ʼn stap in die regte rigting,” het Winny Bezuidenhout, Maryka se suster, gesê oor die nuus dat Geldenhuys uit die polisie ontslaan is.

Bezuidenhout en haar ouers, Johan en Petro Bezuidenhout, was van die begin af gekant teen Maryka se verhouding met Geldenhuys. Die twee was slegs vir ʼn paar maande in ʼn verhouding voor Maryka se dood.

“Dit is verskriklik om so te sit en wag vir antwoorde. Ons weet nog nie eens presies waar ons sussie oorlede is nie. Daar word net vir ons gesê ons kan nie meer inligting kry nie omdat dit ʼn sensitiewe saak is.”

Intussen worstel die gesin steeds met vrae oor wat daardie noodlottige aand gebeur het. Bezuidenhout het die oggend ná Maryka se dood ʼn boodskap op Facebook ontvang waarin ʼn vrou haar versoek het om haar dringend te bel. “Sy het vir my gesê my sussie is dood.

“Die vrou-hulle was die Sondagmiddag saam met my sussie-hulle by Loskop. Ek het vir haar gevra of my suster oukei gelyk het die dag en of daar iets fout was, of sy dalk depressief gelyk het. Sy het gesê Maryka was perfectly fine. Hoe is alles fine en dan pleeg sy daai aand volgens hom [Geldenhuys] selfmoord?”

Maryka Kleinhans. Foto: Facebook

Geldenhuys het vir die familie gesê hy en Maryka het stry gekry waarna sy onverwags by die motor uitgespring het. Volgens hom het sy op die agterste sitplek van die motor gesit. Daar was glo ook ʼn ander storie dat sy naar gevoel en per ongeluk uitgeval het.

Die familie kan ook nie verstaan hoekom Geldenhuys hulle nie van Maryka se dood ingelig het nie en hulle deur Facebook daarvan te wete moes kom. “Ek en my ma is eers polisiestasie toe, maar hy [Geldenhuys] was nie daar nie. Ons is toe na sy broer se huis. Daar is vir ons gesê hy lê en slaap omdat hy die vorige aand ʼn inspuiting van ʼn dokter gekry het.”

Hierna is Bezuidenhout en haar ouers na drie verskillende lykshuise voor hulle Maryka se liggaam kon opspoor.

“Ons is die Woensdagaand weer na sy huis aangesien van my sussie se persoonlik besittings, soos haar selfoon, nog by hom was. Hy het vir ons gesê hy het haar foon vir ondersoekers van Opod gegee, maar toe ons vir Opod vra, sê hulle dit is nie so nie. Hy het eers later die week die foon vir Opod gegee en ons is bekommerd dat daar dalk goed van haar foon afgevee is in daardie tyd.”

Volgens Bezuidenhout het sy al self met vyf of ses vroue gepraat wat ook ernstige bewerings teen Geldenhuys maak. Sy hoop dit sal alles deel vorm van Opod se ondersoek.

Kleinhans word ook oorleef deur ʼn broer en haar vierjarige dogtertjie.

Middelburg Observer berig hy kon ondanks verskeie pogings steeds nie vir Geldenhuys vir kommentaar bereik nie. Maroela Media kon ook nie onmiddellik vir Johan van Staden, Geldenhuys se regsverteenwoordiger, vir kommentaar bereik nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Se maar net ·

Hoop vir die familie se part waarheid kom uit en dat iewers in ons siek land geregtigheid sal seevier

HOBBO ·

Waar daar n rookie trek is daar gewoonlik n vuur. Sy aksies spreek boekdele.

wonder ·

Sommiges wat in polisie diens is dink hulle is verhewe bo die wet. En so kry elke hond sy dag! Hoop familie kan rus vind.

Heidi ·

Wat gaan aan met polisiemanne se verhoudings?? Aarde, kort kort n skietery, aanrandings ens. Nee dankie, bly eerder weg!

bambi ·

Die geweld teen vroue en kinders ploeg net voort!! As ander vrouens na vore kom is hy is bullebak, soveel vrouens kan nie lieg nie.

Nicola ·

Ek hoop van harte dat hierdie saak nie in die niet gaan verdwyn nie. Dit sloer al reeds te lank. Daar is vele klagtes teenoor die aaklige mannetjie en steeds is hy op vrye voet. In my opinie moes hy al lankal agter tralies gesit het! Ek hoop sy dag kom goed en hard.

hoekom, hoekom, hoekom ·

Hoekom is daar so baie gevalle van geweld en erger misdade onder die kleinste deel van die bevolking, dit wil sê die wit landsburgers!? Liewe hemel daar word gemoor, vermoor, gebaklei dat die hare en tande waai in kroeë en oor jou gery totdat jy morsdood is en so gaan die gerumoer net aan! Nee wat ek begin alle hoop verloor. Kyk net daai Krugersdorp spul wat links en regs almal vermoor het! Nee wat, almal in SA is siek, en die siekte is onder alle bevolkingsgroepe. Dit is geen wonder nie dat niemand in SA meer mekaar respekteer nie, almal kapperjol net voort om mekaar sleg te sê, goed te mo(k)er of te vermoor. Almal in SA is maar soos vinkel en koljander, die een so sleg soos die ander.

Potjie ·

# hoekom…hoekom…hoekom…
JY is net so sleg. Nie almal in SA het jou seergemaak iewers iewers in jou lewe nie. Hoekom is almal nou sleg?

lh ·

hoekom, hoekom hoekom, spesifiseer asb wie jy tel jy onder jou ‘almal’
Jy ken my nie, en ook beslis nie die hele SA nie! so asb, moenie beledigend wees nie.

Griet ·

Mag die WAARHEID,reg en geregtigheid seëvier…
Enige saak het 3 kante…

Kobus ·

Hy is intussen ontslaan ongeag die sg beleid van ” onskuldig tot skuld bewys is” . Hoeveel van persone dit nog steeds in die Polisie, wat na regte ” ontslaan” moet word. Sterkte en vertrou dat ‘n ondersoek minstens afsluiting sal bring vir die familie maar heling neem langer

Lindtjies ·

Hy was baie berug in die Secunda / Trichardt omgewing gewees. Kan nie dink dat hy so lank daarmee weg gekom het nie. Iewers moet jou sondes jou tog inhaal wat nou die geval is.

Oujongvrou ·

Hierdie man het nie n greintjie simpatie of sagtheid in hom nie. Hoe laat weet jy nie haar naastes van haar afsterwe nie. Dit spreek boekdele. Ek bid net beskerming oor my dogters toe dat hulle nooit in die web van so wrede man sal beland nie.

PJC ·

Volgens koerantberigte het hierdie ou nie ń mooi geskiedenis nie. Hoekom die dames hulle altyd met sulke mense bemoei sal ek nooit verstaan nie. Dit val vir my in dieselfde kategorie as die dames wat so gereeld deur hul tuiniers vermoor word. Die koerante is vol daarvan maar niemand steur hulle daaraan nie. Dit is om van te huil.

Annelize ·

Ek kan nie verstaan nie, daar hang hoeveel onwelriekende vrae rondom hier ou se kop, en hy kry nou eers die “boot” onder die bas? Die Polisie vat ook maar hulle tyd, soos gewoonlik…

Kallie ·

Hy is ‘n gevaar vir die gemeenskap. Hou hom in die polisie, dan is hy ten minste onder toesig.

Nee regtig!! ·

Nogal ‘n kaptein… dis seker hoekom hy vir so lank kon wegkom met alles!! Mens kan sommer aan sy gesig sien hy is hard!! Hoop hy word vir lank weg gebêre!!

vandag ·

Dames net weer ‘n bewys – as vriende en/of familie jou teen ‘n man waarsku, neem dit ter harte -daar is altyd ‘n goeie rede!!!!!

lh ·

lh, ek stem saam met jou; onaansienlik en nogal wreedaardig. Waarheid sal elk geval uitkom

GM ·

@ Hoekom (x3) – Almal het goed EN sleg in hul. Niemand is NET sleg nie – alhoewel dit nie altyd so voorkom nie.

Doppie ·

Daar is 5 of 6 ander vroue wat ook kan getuig oor hierdie man se swak gedrag. Jammer dat nog een dame moes lei. Ek dink sy doppie is geklink.

RB ·

Indien daar enige bevoegdheid, respek en trots was, sou polisie lankal hierdie ‘kollega’ toegesluit het vir betrokkenheid by ongeruimdhede. Sy het dinge geweet en hy wou haar mond snoer. Lees maar weer ou berigte van Februarie.

RB ·

Indien daar nog enige bevoegdheid, respek en trots in die polisie was, sou hulle lankal hulle ‘kollega’ toegesluit het vir sy betrokkenheid by ongeruimdhede. Sy het dinge geweet en hy wou haar mond snoer. Lees maar ou berigte van Februarie.

Kas ·

Ek verstaan julle frustrasies,maar is daar bewys dat by haar vermoor het of het sy selfmoord gepleeg.Haar pa hulle was teen die verhouding gekant.Wat het hulle in hom. gesien wat sy nie gesien het nie.Hoekom kom die ander slagoffers nou eers na vore

Moppy ·

Ja dit kastage Polisieman weet ni dis di gevaar soort kan sommer in sy houding sien daars fout met di man en soos baie se hou ni van sy houding ni en meer as een vrou of meisie wat gekla het en ook di mooi meisie net sommer van niks dood nee wie dink hy glo daardie snert hoop hy word gevang en dat hy aanspreeklik gehou word vir sy dade

SjN ·

Van die kommentaar blyk dit daar is n klomp regskenners op die paneel, moenie oordeel alvorens al die inligting bekend is nie.

Oordeel? ·

Sjn, as jy nie die berig reg gelees het OF verstaan het nie, bly stil. As jy nie tussen die lyne kan lees nie, is jy ook maar vlak.

Leilani ·

Kapt Awie!!!! Stadig maar seker kom jou dade uit aan die wereld, dis nie meer beperk tot net Middelburg Observer nie…. dis net ñ kwessie van tyd!

Elke hond kry sy dag ·

Awie, jy kom bietjie tè ongeerg voor; Maryka was ‘n pragtige jong vrou? jy het haar van ‘n dogtertjie van 4 weggevat! hoe gaan jy met jouself saamleef maar as ek lees dat daar baie ander dames was teenoor wie jy jou soos ‘n vark gedra het, dan is ek nie verbaas dat jy moord gepleeg het nie. Wat doen iemand met jou karakter elk geval in die polisie en dan is jy nogal ‘n Kaptein? wonder maar net wat het Maryka in jou gesien want jy is maar bra onaantreklik en met so vuil karakter moes jy haar seker getoor het of iets. Ek sal graag ‘n dubbelloop haelgeweer in jou neusgate wil opdruk en die sneller trek.

AA ·

Voor almal veroordeel, ‘n vrou kom nie sommer net weg van so man af nie. My geskiedenis as kind is ‘n goeie voorbeeld. My ma het ook uit ‘n kar gespring en gelukkig nog geleef net met baie letsels en so kan ek julle meer stories vertel. Die mans vriend van my ma het met baie weg gekom en hulle is gewoonlik baie oortuigend, ek is ook erenstig deur die man aangerand as kind en tot die polisie het hom eerder geglo as vir my. Hulle is baie goed met lieg en stories. Hoop die ou het sy laaste dae gehad met ‘n vrou. ‘n Mens val nie sommer uit ‘n kar uit nie. Sterkte vir die familie

Hoekom nou eers? ·

As daar so baie vroue is wat deur die “man” mishandel is, hoekom het hul nie lankal sake gemaak nie. Dan kon die tragedie dalk verhoed gewees het. Hoekom wag tot iemand dood is en dan wil hul eers hul eiertjie lê. ??
Dan was daar nie nou ‘n klein mensie wat sonder ‘n Mamma moet grootword nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.