Besit en hanteer van vuurwapens: 50 dinge om te weet

Marnus Kamfer, regs- en risikobestuurder by AfriForum. (Foto: AfriForum)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n handleiding met wenke en antwoorde op gereelde vrae oor die besit en hantering van vuurwapens bekendgestel.

Onderwerpe wat in die handleiding bespreek word, sluit in watter voorwerpe as vuurwapens beskou word, die aansoekproses vir lisensies, die veilige en wettige stoor van vuurwapens en ammunisie, die dra en vervoer van vuurwapens, asook die gebruik van ’n vuurwapen.

“Daar was onlangs verskeie voorvalle waar lede van die polisie wettige vuurwapeneienaars by padblokkades geteister het omdat hulle in die besit van vuurwapens was wat hulle natuurlik wettiglik mag hê,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid.

“Daarom moet vuurwapeneienaars ingelig wees oor wat hul regte is sodat hulle nie deur oningeligte of kwaadwillige polisiebeamptes geviktimiseer word nie.”

Marnus Kamfer, regs- en risikobestuurder by AfriForum, en Jacques Broodryk, die organisasie se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid. (Foto: AfriForum)

Broodryk sê AfriForum ondersteun die wettige en verantwoordelike besit en hantering van vuurwapens en daarom het die organisasie die handleiding saamgestel om mense met kennis te bemagtig.

Die handleiding bevat ook inligting oor wanneer jy jouself en ander binne die raamwerk van die wet met ʼn vuurwapen mag verdedig, en onder watter omstandighede iemand anders jou vuurwapen mag gebruik.

AfriForum sê in die geval waar iemand ingevolge die wet en definisie van noodweer opgetree het, sal AfriForum so ʼn persoon bystaan, sou die staat besluit om vervolging in te stel.

Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid. (Foto: AfriForum)

Die organisasie beveel aan dat, waar moontlik, mense altyd eerder moet vlug en hulself en hul gesinne uit gevaarlike situasies wegneem. Dit is egter nie altyd moontlik nie.

“Die howe simpatiseer ook meer met mense wat eers uit die omstandighede probeer vlug het voordat hulle drastiese stappe gedoen het om hul lewe te beskerm,” lui ’n gedeelte oor dié onderwerp in die handleiding.

“Een van die uitsonderings in dié verband is egter jou huis. Daar word glad nie van jou verwag om met jou familie uit jou huis te vlug nie en dit is aanvaarbaar om in jou eie huis jou man te staan.”

Ander belangrike kwessies word ook bespreek, byvoorbeeld om die polisie in kennis te stel van enige veranderings aan jou persoonlike inligting, soos jou woonadres. Vuurwapeneienaars word ook herinner om deurlopend op hoogte te bly van veranderinge aan en interpretasies van toepaslike wetgewing.

Die handleiding waarsku ook dat ander misdrywe jou eindelik jou vuurwapenlisensie kan kos, onder meer dronkbestuur en aanranding. In só ʼn geval kan ʼn hof ʼn vuurwapeneienaar onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

  • Laai die handleiding hier af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Johan ·

Dit kan nie onwettig wees om iets te besit nie, dit kan slegs n misdryf wees indien dit gebruik word om iemand te benadeel. Kan ons net die wet wysig ASB…die doel moet tog wees om misdaad te help bekamp en een manier is om die register op te dateer, maak lisensiëring maklik dan sal meer mense dit doen..

ES ·

Ongelukkig is George reg, die besit van enigiets wat onwettig is, is teenstrydig met die wet wat daaraan onderhewig is. As jy ‘n onwettige vuurwapen in jou besit het, of jy dit gebruik of nie, is ‘n misdryf.

Cherokee ·

Natuurlik is dit onwettig om ‘n vuurwapen te besit sonder om gelisensieèrd te wees, daarvoor.

VaalDonkie ·

Die enigste ding wat die wet se is jou vuurwapen moet heeltemal bedek wees as jy dit in die openbaar dra. Niks anders nie.

Johan ·

Dankie vir jul “kritieke denke”, ek bedoel dit BEHOORT nie onwettig te wees nie, ek weet dit is en het al n baie waardevolle vuurwapen so gaan ingee omdat daar net GEEN manier was om dit te lisensieer nie. Baie hartseer, want die wet het geen positiewe uitwerking op vuurwapen geweld nie,dit het heeltemal misluk…as dit die doel was.

Danie ·

As ek maar kan praat en my storie vertel.Die SAPD het opleiding dringend nodig rakende die wet in geheel en in besonder die vuurwapen wet.Die probleem is dat hulle nie omgee oor hulle onregmatige optredes nie.Hulle gebruik onwettige hofbevele en le beslag op wapens van boere?.Hier kom die kersie op die koek en dan raak die wapens gerieflik weg.Die siviele eise sloer vir 10 jaar en die skade is onvervangbare eiendom.Hulle skitter.

ES ·

Baie goeie wenke hier, veral vir die ou braaivleis pelle wat dit eens kwytraak dat jy nie ‘n patroon in die loop van jou pistool mag dra nie en dat jy nie “hollow-points” mag dra nie. ‘n Rewolwer het altyd ‘n patroon in die loop – so hoe kan dit onwettig wees as jou pistool ook ‘n patroon in die loop het? Altwee vuurwapens is onderhewig aan dieselfde wet.

Te veel mense se die “wet het verander” – maar hulle kan nie se watse artikel in die wet of waar hulle dit gehoor het nie.

Manie ·

‘n Rewolwer se silinder waarin die rondtes gedra word, vorm nie deel van die loop nie, maar jy kan wel die silinder vol laai wat ‘n rondte in lyn met die loop plaas. Ek glo hulle verwys hier na ‘n rondte in ‘n pistool se loop. (one up, half cock)

ES ·

Jy is reg manie, die patroon is in lyn met die loop, en nie in die loop nie. Die sneller kan wel getrek word op enige tydstip. Die wet maak nie voorsiening vir die kondisie waarin die patroon in jou vuurwapen se loop is nie, en dit is wat party manne nie verstaan nie.

VaalDonkie ·

Die enigste ding wat die wet se is jou vuurwapen moet heeltemal bedek wees as jy dit in die openbaar dra. Niks anders nie. Ek weet want ek moes toets skryf voordat ek my lisensie kon kry.

Waarom ·

Baie dankie vir die artikel. Dit het baie feite en is kort en tot die punt. Waardeer Afriforum se moeite.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hoe kry ‘n organisasie dit reg om net wittes aan te stel? Wat doen hulle reg? In my wêreld lyk dinge anders.

Casper ·

Ag daar kom die rassekaart alweer.Ons het hier te doen met vuurwapens nie arbeidsaangeleenthede nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ag, alles het met ras te doen. Vra die goewerment.

Marius ·

Dit is goed om hierdie te lees en oom om jou regte en verpligtinge te weet. Wens die sapd wil hierdie lees, hulle ken nie wette wat hulle self moet polisieer nie.

Aai ·

Baie dankie kan ons hom in Engels ook kry dan kan ons dit by ons hou en vir SAPD wys want hulle ken nie ons regte.

Eugene ·

Die blad maak nie oop nie. My opinie is die regering wil wit mense ontwapen. My vuurwapens sal ek gebruik indien my gesin se lewens in gevaar is. Daar is duisende onwettige vuurwapens wat in alle aanvalle gebruik word. Die regering beskerm die misdadigers. Eks jammer, om my gesin te beskerm, sal ek dood skiet.

Casper ·

Johan,duidelik ken jy nie die vuurwapenwet nie.Dit sal onwettig wees as jy ‘n vuurwapen besit waarvoor daar nie ‘n lisensie uitgereik is nie

Johan ·

Net vir jou sal ek dit wat ek bedoel beter stel “dit BEHOORT nie onwettig te wees nie”. Indien n vuurwapen skadeloos in jou kluis staan BEHOORT dit nie onwettig te wees nie ongeag of dit gelisensieer is. Soos n versamelstuk bv., selfs om jouself daarmee te verdedig BEHOORT nie onwettig te wees nie, slegs as jy iemand daarmee dreig of n plek beroof daarmee BEHOORT dit n misdryf te wees…maar nou ja ons weet wat die werklike doel van die wet was, en ek het daardie stukkie kommunisme al gelees.

Delia ·

Baie dankie Afriforum. Vir alles wat julle doen vir ons land. Voel goed om te weet my bietjie ledegeld word goed aangewend.

Fontein Tannie ·

Baie dankie vir hierdie baie insiggewende handleiding! Ek wonder of daar dalk ook sulke inligting beskikbaar is vir die CO2 hand wapens en handwapens wat mens deesdae koop wat blanko rontes gebruik? Kan iemand dalk inligting daaroor deel?

Fontein Tannie ·

Dankie vir die antwoord Renier, my vraag is egter nie OF hierdie soort wapen as vuurwapens gesien word nie. My vraag was watter REELS met hierdie spesifieke soort wapens geld indien enige. Die dra van hierdie wapens, ens ens. Ek het n ongelooflike stryd met n SAPD lid gehad wat my blanko handwapen wou konfiskeer omdat ek nie n lisensie kon toon nie…..

SjN ·

Goeie stuk inligting, dankie, die groot probleem is nog steeds die onwettige wapens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.